Vliegtuig verloor wiel tydens opstyging by OR Tambo

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

ʼn Vliegtuig van FlySafair moes Sondag kort nadat dit van die OR Tambo-lughawe na Kaapstad vertrek het omdraai weens skade aan een van die wiele. Die vliegtuig het die wiel glo tydens die opstyging verloor.

Niemand is tydens die voorval beseer nie en vlug FA212 van Johannesburg na Kaapstad kon ná sowat twee en ʼn halfuur eindelik veilig land.

Kirby Gordon, bemarkingshoof van FlySafair, sê alles het normaal verloop toe die vliegtuig Sondag om 11:32 by die OR Tambo-lughawe in Kempton Park opgestyg het.

Bemanningslede het egter kort daarna skade aan een van die vliegtuig se agterwiele opgemerk en daar is besluit om eerder na Johannesburg terug te keer.

Die Boeing 737 het van koers verander en die bemanning het vir ʼn wyle na Parys in die Vrystaat uitgewyk om brandstof te verbrand en die vliegtuig ligter te maak vir landing.

“Dit is standaard prosedure wanneer daar geen dringendheid is om te land nie, aangesien dit veiliger is om met ʼn ligter brandstoflading te land, en moderne Boeing 737-vliegtuie het nie die fasiliteit om brandstof te stort nie,” verduidelik Gordon.

Die vliegtuig het by sy terugkeer na OR Tambo laag oor die lughawe gevlieg sodat veiligheid- en tegniese spanne voor die finale landing die skade van nader kon bekyk. Daar is toe bevestig dat een van die vier agterwiele tydens die opstyging verloor het.

Die wiel was een van twee wat aan die linker agterste landingstut vasgemaak is.

Die vliegtuig het vandaar na Centurion uitgewyk om die oorblywende brandstof te verbrand voordat die vliegtuig eindelik om 14:06 op OR Tambo geland het.

Gordon sê moderne vliegtuie is tot ʼn mate toegerus om ondanks ʼn ontbrekende wiel te kan land.

Reaksievoertuie het egter as ʼn voorsorgmaatreël die vliegtuig ingewag en die vliegtuig is ná die landing deur veiligheids- en ingenieurspanne op die aanloopbaan geïnspekteer voordat die vliegtuig na die terminaal teruggebring is.

Passasiers is vandaar na ʼn ander vliegtuig oorgeplaas wat later na Kaapstad vertrek het.

Gordon sê die omvang en oorsaak van die skade aan die vliegtuig sal ondersoek word.

“Ons bedank ons kliënte vir hul geduld en begrip tydens die vlug, en so ook ons spanne op die grond sowel as in die lug vir die hantering van hierdie kwessie met die grootste beheer en sorg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Ettienne ·

O gaats… syne ons net in nog ‘n Afrikaland woon, en die gehalte van tegniese dienste op ‘n ongekendec laagtepunt is, is dit nog hoegenaamd veilig om te vlieg?

Koen ·

@Ettiene…Jy het vergeet van die 4 SAL vliegtuie wat voor ’94 geval het. Met groot lewensverlies.

Wondermaarnet ·

Wie was verantwoordelik om die inspeksie te doen en af te teken voordat die vliegtuig opstyg?

Danie ·

En die persone wat vaardig genoeg is om die taak ordentlik af te hand, is val buite die kleurskema kaart se riglyne.

George ·

@Ettienne, die gebeur gereeld, wereld wyd. Inteendeel het SA se binnelandse vlugte van die beste rekords van alle tye. Die grootste lugrampe van SA lugdienste was almal pre-94.

Atta ·

@Ettienne:
Vra jouself eerder díe volgende af: Kom ons sê tussen Johannesburg en Kaapstad… hoeveel mense sterf elke jaar op die pad en hoeveel mense sterf elke jaar in ʼn vliegtuigongeluk?

Ek vlieg ʼn duisend maal eerder as om te ry.

Benn ·

Ons het van die wereld se beste Meganiesie en Tegniese personeel gehad. Ongelukkig is meeste laat gaan om plek te maak vir ander.

Ore ·

“Bemanningslede het egter kort daarna skade aan een van die vliegtuig se agterwiele opgemerk”…..help my asb. Hoe kon die bemanningslede sien wat aan die gang is? Hulle is dan binne die vliegtuig wat reeds ind die lug is. Stem saam met Atta, veiliger om te vlieg en insidente soos die gebeur wêreldwyd.

Mel84 ·

Ons is baie negatief, dis duidelik in die kommentaar seksie. Hierdie gebeur nie weekliks, maandliks of jaarliks nie. Inteendeel dit gebeur wereldwyd. Ten minste is hier ‘n goeie einde en almal is okay.
Ek wonder net of ek direk op ‘n volgende vliegtuig sou klim met ‘n gemaklike gewete na so iets?

Marinda ·

Moet dit gee vir die vlieenieer, hy mag maar vlieg, daardie landing was foutloos.

Bolandse Nooi ·

@Koen, ja – gewoonlik het die SAKP, MK, ANC of kommunisties-gesindes iets daarmee te doen gehad, wanneer ‘n ou SAL-vlug voor 1994 geval het, soos SAL Vlug 295 (Helderberg) en PanAM 103 (waarop Pik Botha, gewese Min. van Buitelandse Sake móés wees, maar toe verpas het). Lees: SABOTASIE ‘ter wille’ van die “struggle”.

Marietjie ·

Ek vlieg liewer die 1400km as om die N1 Noord of
Suid per motor te vat!

JohanR ·

Ouens ek het al lankal vir julle gese om Continental’s aan te sit!

Stofdonkie ·

Dis darem nie so ernstig nie, die vliegtuig gebruik die wiele darem net om rond te ry na hy geland het, en die vlug self is dus veilig sonder wiele

Jakes ·

Niks anders as swak versiening van die vliegtuig voor dit moet opstyg. Safair moet verduidelik watter maatreels hulle nou met al hulle vliegtuie gaan tref om soortgelyke situasies te verhoed.

Henker ·

Ek like daai “aan een van die wiele wat vir opstyg en landings gebruik word”. Nou wat se ander wiel is daar wat nie vir opstyg en land gebruik word. En moenie sê die stuurwiel nie asb. Vliegtuie het n yoke, nie stuurwiel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.