ʼn Vliegtuig wat Woensdag op pad was om by die OR Tambo Internasionale Lughawe op te styg, moes op die nippertjie omdraai en na sy parkeerplek terugkeer sodat ʼn man wat aan boord was in hegtenis geneem kon word.
Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê twee speurders van die SAPD het lugvaartveiligheidspersoneel omstreeks 15:00 ingelig dat ʼn man wat van voertuigdiefstal verdink word aan boord die vliegtuig op pad na Harare was. Die verdagte word al sedert 2014 deur die polisie gesoek nadat hy na bewering ʼn voertuig gehuur en dit nooit terugbesorg het nie.
“Die lugvaartveiligheidspersoneel het die lugredery deur die lughawebestuursentrum gekontak en in kennis gestel. Die vliegtuig het daarna teruggekeer na sy parkeerplek nadat die betrokke protokol gevolg is,” het Naidoo gesê.
Polisiebeamptes en lugvaartveiligheidspersoneel het aan boord die vlug gegaan en die man in hegtenis geneem.
Naidoo het gesê die inhegtenisneming vorm deel van die polisie se nuwe hersiene ingrypingstrategie rondom veiligheid by die lughawe. Die SAPD, Ekurhuleni-metropolisie, ander wetstoepassingsagentskappe, die lughawebestuur van OR Tambo en regeringsdepartemente het kragte saamgespan om die hoë aantal misdaadvoorvalle in en rondom die lughawe hok te slaan.
“Om seker te maak daar is geen hindernisse met betrekking tot die samewerking tussen ons nie, is ʼn belangrike element van die strategie, en hierdie voorval is ʼn bewys daarvan dat ons nou beter op kriminele bedreigings kan reageer,” het Naidoo gesê.
Dit sou ‘n lekker storie gewees het as die polisie op die aanloopbaan opgejaag het en die vliegtuig voorgekeer het soos in die moewies.
Hahaha ja Lou, ek hou baie meer van jou weergawe. Nou dat ek daaraan dink is dit eintlik wat gebeur het en iemand het ń vuurpyl afgevuur en toe het daar ń trok amper in die vliegtuig vas gejaag! Dude jy moes daar gewees het! Dit was onbeskryflik!
gesteel in 2014 en dit vat meer as 3 jaar om op te spoor. is daar nie tracker op alle gehuurde motors nie?
Jaco, die dief is opgespoor, nie die voertuig nie en daar was nie ‘n tracker op die dief nie.
Haha Cherokee
Jaco, die man het nie 3 jaar lank in die voertuig gebly nie.
Daai voertuig is 3 jaar terug dieselfde dag al oor die grens! Lyk my die ou pendel tussen SA en Harare.
Hy kon al by die check in point gearristeer gewees het, ons sisteem is nog steeds te wankelrig en onbetroubaar. Daai ou het al intussen honderde voertuie oor die grens en vlieg heen en weer van 2014…
Volgens jou is die ou ‘n level1 BB-EEE Voertuigdief.
Moet sê, hy’t puik ratings.
Mooi man, mooi!!
Wag tot hy ‘n vliegtuig huur … Begin seker al die gevoel van vlieg kry
HAHAHAHAHAHAHAHAHA hoekom het hulle hom nie by check in gevang nie nou wag hulle tot hy op die vliegtuig is seker ‘n skoot uit ‘n nuwe Bond prent hehehehehehe