Vliegtuig waarin drie van BLO sterf, was ‘onlugwaardig’

Een van die wrakstukke van die Cessna wat na die ongeluk gevind is. (Foto: Facebook)

Die vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (BLO) wat in Januarie 2020 by die George-lughawe opgestyg en kort daarna met drie bemanningslede aan boord neergestort het, was onlugwaardig.

Dít volgens ʼn verslag van Ethiopië se Vliegongelukondersoekburo wat die ondersoek na die voorval namens die BLO gedoen het. Die ongeluk het op 23 Januarie 2020 plaasgevind.

Kapt. Thabiso Collins Tolo (49), eerste offisier Tebogo Caroline Lekalakala (33) en vluginspekteur Gugu Comfort Mnguni (36) was besig met kalibrasiewerk vir die lughawe toe die vliegtuig neergestort het. Al drie het omgekom.

Luidens die verslag is die Cessna Citation S550 nie ingevolge die gepubliseerde onderhoudskedule van die reguleerder – die BLO – in stand gehou nie.

Die ondersoekspan het ook bevind sekere aspekte van die hoofvlieënier se instrumentvlugopleiding was nie op standaard nie. Die verslag lui dat die vlieënier in beheer se posisies nie in sy graderingsdokument gevind is nie.

Die vliegtuig, met registrasienommer ZS-CAR, was boonop in die jaar voor die dodelike ongeluk in drie ander voorvalle betrokke. Luidens die verslag het enjin nommer 1 se versneller op 2 Maart 2019 weens ʼn beskadigde kabel nie gewerk nie. In November 2019 was daar twee voorvalle waar ʼn oliereuk en rook in die kajuit opgemerk is en daar is besluit om enjin nommer 1 te vervang.

Ná die voorval in November het die vliegtuig tot op 17 Januarie 2020 op die grond gestaan. Daar was luidens die verslag geen rekord daaroor of ʼn inspeksie op die vliegtuig gedoen is voordat dit weer in diens gestel is nie – ʼn oortreding van burgerlugvaartregulasies.

Die ondersoekspan het voorts bevind die moontlike oorsaak van die ongeluk was omdat die bemanning beheer oor die vliegtuig verloor het en dit beduidend hoogte verloor het. Terwyl hulle hiervan probeer herstel het, het die vliegtuig teen ʼn berg vasgevlieg.

Volgens ʼn weerverslag was daar heelwat wolkbedekking tydens die ongeluk en die bokant van die berg was onduidelik.

Die vliegtuig het na die voorval aan die brand geslaan. (Foto: BLO)

Die ondersoekspan beveel in die verslag aan dat die BLO ʼn indiepte-hersiening van vlieginspeksie-eenheid-bedrywighede doen om te verseker dat die operateur aan regulatoriese vereistes voldoen, asook dat die bemanning ingevolge regulasies vaardig in die herstel van ongewone vlugposisies is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Jaco ·

Wel Etiopië is tans een van die top lugrederye in die wereld, jy hoef net met hulle te vlieg om dit te besef, moet nie die land en regering met hulle lugredery verwar nie

piper ·

dan het blo altyd n bek vol om ander instansies of persone of vliegtuie aan te val. ek het 40 jaar lank gevlieg en het my eie vliegtuie gehad. gelukkig nou klaar daarmee en hoef nie BLO se gat te lek of na hulle pype te dans nie. ek gril as ek net dink wat daar aangaan

Ben ·

Hierdie is skokkend. Die BLO is veronderstel om te verseker dat alle vliegtuie onderhou word om te verseker hulle is lugvaardig en veilig, maar dan onderhou hulle nie eers hulle eie vliegtuie nie. Jy kan nie n vliegtuig met n tang en bloudraad onderhou soos wat met taxis gedoen word nie.

Shakespeare ·

Die BLO is ook gekaap. Afrikane het GEEN idee van instandhouding nie. Die name vd insittendes sê alles. Hulle het NIKS nagegaan nie.

Boon ·

Die BLO is die waghond oor lugvaart, maar sy eie vliegtiiexen prersoneel voldoen nie,aan die standaarde wat vereis word nie. Het owerhede dan GEEN sin van verantwoordelikheid en trots nie?

Sandra ·

Dit laat mens maar weer dink aan standard van op leiding nou in SA. Jammer, maar alles gaan agter uit met swaar gevolge.

Ben ·

As BLO vliegtuig onderhoud in so toestand is, wat sê dit van die res van die bedryf? Is hierdie mense in staat om kalibrasie van lughawe toerusting voldoende uit te voer? Is hulle in staat om lug verkeer beheer voldoende uit te voer? Ek dink nie so nie. Enige vliegtuig wat in SA lugruim vlieg is onveilig.

Jaco ·

So doen BLO nie meer sy eie ondersoeke nie of was dit agv dat 3 van sy werkers op die vlug was om onafhanklik te bly, in daardie geval maak dit sin.

Baie vrae nog steeds dat die vliegtuig toegelaat was om op te styg

Nick ·

Wag maar tot SAA weer vlieg. Die meeste van die bekwame vlieniers en tegniesie is nie daar om leiding en opleiding te gee aan die wat nou gaan vlieg nie. Fly at your peril. Dankie ANC. Dankie dat julle die diamant van Afrika lugrederye gekaap het en vernietig het. Soos alles in ons land.

Boer ·

Ek is instrukteur in die lugvaart tegniese kant. Die slaagsyfer is 75%

Boer ·

Ek wil nie hier wees as ‘n vliegtuig tydens opstyg of landing in die Eastrand mall neerstort as gevolg van onopgeleide, onervare en ongeleerde mense wat die vliegtuig vlieg of inspekteer nie. Dit begin bo by die BLO.

Jakes ·

Die kaptein se kwalifikasies in sekere aspekte word bevraagteken. Hoe veilig is dit om deesdae in Afrika n vlug te onderneem?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.