Twee dag lank hoog bo grond verstrengel

’n Reddingswerker gly met die glykabel tot by die vliegtuigie waar dit 300 m bo die grond in die kabel verstrengel geraak het. Foto: ERT24

ʼn Man en vrou is Vrydagmiddag uit hul ligte vliegtuig gered nadat dit verstrengel geraak het in ʼn glykabel sowat 300 m bo die grond in ʼn oord by Rustenburg.

Russel Meuring, ER24-woordvoerder, sê lede van verskeie nooddienste is die middag na die toneel ontbied nadat die ongeluk reeds omstreeks 08:30 gebeur het. Hulle moes ingewikkelde reddingstegnieke inspan om so hoog bo die grond by die vasgevangde paar uit te kom.

“Geruime tyd nadat die poging begin het, het hulle by die vliegtuigie uitgekom en die man en vrou daarin aangetref,” sê Meiring. “Reddingsbeamptes het hulle albei met harnasse toegerus en begin om hulle te laat afsak na die wagtende paramedici, 300 m benede.”

Op die grond gekom, het paramedici vasgestel dat albei ongedeerd was, sê Meiring. Hulle is na ʼn nabygeleë hospitaal gebring vir verdere ondersoek.

“Hulle het aan die paramedici gesê al wat hulle kon doen, was om nie te beweeg nie omdat hulle bang was die vliegtuigie sou loskom en val.”

Hy sê dis nie duidelik waarom die twee nie vroegdag reeds hulp ontbied het nie. “Blykbaar het iemand die vliegtuigie vanmiddag gesien en toe die nooddienste gebel.”

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Genoeg ·

Oe genadetjie, mens noem dit nou hoog en droog en met nog ‘n genadetjie, heeltemal ongedeerd.

D V ·

Hoekom het die owerheid nie al lankal gekleure balle op die kabel aan gebring nie?????
Wil hulle kyk hoeveel vliegtuie hulle nog kan vang????
Mooi man!!!!

WitBlits ·

‘n Glykabel word ook ‘n foefieslide of ziplyn genoem en nou wonder ek ook hoe gaan iemand daar afgly as die kabel vol gekleurde balle is? O dan moet almal seker met die kabel afrol in pleks van gly.
Die vraag is eerder waarvoor sal iemand in ‘n vlieg so laag oor Sun City vlieg sonder om seker te maak dat die vlieënier die gebied ken?!

Knapie ·

DV is nie so onnosel as wat julle hom uitkryt nie. Dit is onverskillig om n kabel 300m bo die grond te span sonder om dit sigbaar te maak. Span dan n tweede kabel met balle as dit moet.

Anoniem ·

Hulle moes van die begin af ‘n ander roete gebruik het ! Vergewis Jou vooraf van wat is gevaarlik of nie in die omgewing waarin Jy gaan vlieg !!!!!! Vra ‘n VRIEND ????

Morné van Rooyen ·

Dagsê Yankee! Dankie vir jou kommentaar. As jy mooi lees, sal jy sien die kop lui: “Twee dag lank hoog bo grond verstrengel.” Vanweë die bondige formaat van opskrifte, moet ’n mens sekere woorde weglaat, in dié geval “Twee (mense ’n) dag lank …” Ons hoop dit maak nou vir jou sin. Groetnis, Morné nms Maroela Media.

Henk du Toit ·

Vatso jou ou glykabel met balle! Ag lawe my tog net met ‘n brandblusser. dis al weer daai d@##&r$e van Riebeeck!

Judge Dredd ·

Maar dit is op ‘n heuwel/berg- so as die kabel tussen 2 heuwels is en die vliegtuig in middel deur vlieg – dan moontlik kon hul 300m bo grond wees.

Karolis ·

Morne,

Net ‘n komma na die twee sou die ding gedoen het.

Leer lees ·

Nee Karolis. Mense moet leer om reg te lees. Daar moet gn n komma na die twee wees nie.
Mense moet leer LEES voor hulle wil voorskryf hoe Maroela Media moet SKRYF

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.