‘n Man is Dinsdag dood toe sy ligte vliegtuig op ‘n plaas naby die M19 in Melkbosstrand in die Wes-Kaap neergestort het.
“Die vliegtuig was gehul in vlamme toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Die omliggende veld het ook vinnig begin brand.”
Volgens Meiring is die vlieënier op slag dood toe die vliegtuig neergestort en aan die brand geslaan het.
Resq Medix-ambulansdiens, Melkbosstrand-brandweer, Melkbosstrand-polisie en die provinsiale nooddienste was op die toneel.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie.
Afryslik om so aan mens se einde te kom ~ baie sterkte aan die familie. Dit bly maar hartseer om sulke berigte te lees.
Het hom persoonlik geken. Hy was n pragtige mens en n groot Christen gewees wat geleef het vir sy vlieg. Rus in vrede