Vliegverbod kan tot groot afleggings by CemAir lei

CemAir (Foto: CemAir, Facebook)

Die vakbond Solidariteit het in ʼn skrywe aan Poppy Khoza, direkteur van die Burgerlugvaartowerheid, sy kommer uitgespreek oor die huidige vliegverbod op CemAir, asook afleggings wat moontlik gaan volg.

Volgens Johan Botha, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, het die vakbond ʼn kennisgewing ontvang dat die lugredery moontlik sy werksmag met ongeveer 200 werknemers gaan verminder. “Die vliegverbod het nie net ʼn enorme impak op die ekonomie en die volhoubaarheid van CemAir as lugredery nie, maar het ook ʼn verwoestende effek op elke werknemer en hul gesinne.”

Hy het bygevoeg Solidariteit is tans in gesprek met CemAir om meer duidelikheid oor die vliegverbod en moontlike afleggings te kry. Solidariteit het ook die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) genader om tot die saak toe te tree. Die KVBA het reeds die partye laat weet dat hy daarvoor beskikbaar is. “Dit is kommerwekkend wanneer stellings gemaak word wat kan lei tot werksverliese of selfs die moontlikheid dat ʼn besigheid sy deure permanent moet sluit, veral in ons onstuimige ekonomie.”

Volgens Botha wil Solidariteit saam met die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid en CemAir werk om oplossings te vind sodat afleggings voorkom kan word. Die volgende konsultasie met CemAir is voorlopig vir 26 Februarie belê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Hennie ·

Hierdie is duidelik deel van die ANC mags misbruik. Hoe kry jy meer mense op SAA? Deur kleiner lugrederye te boelie deur die Burger lugvaart overheid. Te hel met werksgeleenthede, solank hulle hul vrot vlieg in die salf probeer red!

Jurie ·

Hennie, SAA vlieg nie eers op meeste van dieselfde roetes as wat Cemair doen nie. Ook Lee’s bietjie op oor die eienaar Miles van den Moolen en lewer dan weer kommentaar.

jennefer ·

Hennie, ek stem saam, raak ontslae van ander rolspelers dan kan SAA oorneem.

Skroef ·

Teen die tempo waarteen blankes in elk geval afgelê word, wat maak nog 200 saak. Hartseer een is, op 55 is hulle te oud om ander werk te kry, te jonk om pensioen te kry. Hou egter goeie moed anc, wat julle saai, gaan julle maai.

Realis ·

Gelukkig is daar nog instansies wat nie omkoopbaar is nie. Hoop dis nie net oor internasionale druk nie. Met vliegtuie kan jy nie aftrek as iets fout gaan nie. Jy kan ook nie die AA bel om gou te kom help nie. Instandhouding is kardinaal.

Dawid ·

Ek het n bespreking gehad vir Desember. Ek het nog steeds nie my geld terug gekry nie. Hoe lank nog

HPV ·

My vrou het haar geld spoedig terug gekry, sy het slegs bewys gelewer dat sy by ‘n ander redery weer ‘n kaartjie moes koop waarna sy dadelik terugbetaal is.

Dawid ·

Cherokee, as jy geld betaal het vir n diens, en die diens nie kry nie. Dan moet jy jou geld terugkry. Hou jou koeie vir jouself

Hennie ·

Dawid skop maar die hond terwyl hy lê maak jou probleem jou eie daar is 200 mense se toekoms op die spel nie n paar rand nie man

At Dippenaar ·

MAROELA kan gerus meer vertel waarom daar ‘n vlugverbod op die redery is!

HPV ·

My vrou het haar geld spoedig terug gekry, sy het slegs bewys gelewer dat sy by ‘n ander redery weer ‘n kaartjie moes koop waarna sy dadelik terugbetaal is.

Andre Pretorius ·

In 2003 het toe SAA/ Transnet SA express oorgekoop het, het SA express 10 keer meer en groter problem gehad maar dit is deur CAA geberuik om SAA te help om hulle goedkoper kon oorvat n bepalibg was dat SAA management control oorvat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.