Sewentig mense is Donderdag met helikopters van ʼn heuwel in Lephalale (Ellisras) in Limpopo na veiligheid gebring.
“ER24, die brandweer, provinsiale nooddienste en die polisie se reddingspan is tans met ʼn reddingspoging besig om die mense te verwyder wat in die dorp gestrand geraak het,” het Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê.
Die persone moes na die heuwel vlug toe watervlakke van die Magolrivier regdeur die aand bly styg het.
Reddingswerkers is Donderdagmiddag na ʼn oorstroomde plaas waar sewe mense gestrand is.
Geen beserings is aangemeld nie.
Intussen het ‘n tweede vloed die ATKV-Klein-Kariba-vakansieoord Donderdag getref. Persone moet met helikopters na veiligheid gebring word. Klik hier om meer te lees.
Paaie in BelaBela (Warmbad) het ook oorstroom en die R101-pad tussen BelaBela en Modimolle is gesluit. Klik hier om meer te lees en ‘n video te sien van die vloede.