Vloede bo-op koue, sneeu verwag

Argieffoto bloot ter illustrasie van vloede. (Foto: Unsplash)

Reënerige toestande (en waarskynlik oorstromings) kan van Vrydag af oor die sentrale en suidoostelike dele van die land verwag word.

Só waarsku die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) op die vooraand van ’n koue naweek.

Die weervoorspeller Luthando Masimini sê gelokaliseerde oorstromings sal waarskynlik Vrydag in Noordwes, die noordelike dele van die Vrystaat en Gauteng voorkom.

Die oostelike dele van die Noord-Kaap, die noordelike en oostelike dele van die Oos-Kaap, die westelike dele van KwaZulu-Natal en die Hoëveld van Mpumalanga sal na verwagting Saterdag deurloop.

Masimini sê die nat toestande sal van Vrydag af gepaardgaan met koue tot baie koue toestande oor die suidelike en suidoostelike dele van die binneland, voordat die koue teen Saterdag na die sentrale en oostelike binneland sal versprei.

Maroela Media het Woensdag berig ligte sneeuval kan Saterdag -en Sondagaand oor die oostelike en suidelike dele van Lesotho en die omliggende Drakensberg verwag word.

Die reën sal na verwagting teen Sondag in die Noord-Kaap, die westelike dele van Noordwes, die westelike dele van die Vrystaat en die noordwestelike dele van die Oos-Kaap opklaar.

Die oostelike dele van Noordwes, die Vrystaat en die Oos-Kaap sal hom egter dan nog moet staal vir nog reën.

Die weerdiens doen ’n beroep op die publiek om nie die naweek riviere en strome oor te steek nie, veral in gevalle waar die water meer as enkeldiep is. Die SAWD beveel ook aan dat mense na hoër grond beweeg in die geval van stygende vloedwater.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Marius

Pannekoek !!! Vetkoek !!!! en Sopweer…. :-)

Voilet

Lekker

Lillian

ai … ek geniet nie die winter nie …

Casper

Die Oos-Kaap kort baie reën.HERE voorsien asseblief aan hierdie mense die nodige lewensvog soos watU in die Noordkaap voorsien het.