Vloede: Families keer terug; versoek om rampgebied te verklaar

Vloede in Bela-Bela, Maart 2014

Vloede in Bela-Bela, Maart 2014

Vloedslagoffers van Limpopo het begin terugkeer na hul huise nadat hulle verlede week ontruim moes word, berig EWN.

Maroela Media het vroeër berig ongeveer 1 300 mense moes met helikopters ontruim word nadat hulle deur vloedwater vasgekeer is. Klik hier om meer te lees.

ʼn Tweede vloed het die ATKV-Klein-Kariba-vakansieoord Donderdag getref. Lephalale (Ellisras) was afgesny weens paaie wat verspoel het en die R101 tussen Bela-Bela (Warmbad) en Modimolle (Nylstroom) is gesluit.

“Sommige gesinne in die stadsaal het intussen na hul families teruggekeer en hulle is besig met die skoonmaakproses,” het Phuthi Seloba, woordvoerder van die provinsiale regering, aan EWN gesê.

EWN berig verder plaaslike owerhede het versoek dat Bela-Bela as ʼn rampgebied verklaar moet word. Maroela Media het Vrydag berig die minister van samewerkende regering het bevestig geen gebied is nog as ‘n rampgebied verklaar nie. Klik hier om meer te lees.

Lees ook:
Vloede: Geen rampgebiede nog verklaar nie
Vloede: 1 300 mense in Limpopo gered
Tweede damwal het nié gebreek by Thaba Monate
Noodfonds vir Limpopo-vloedslagoffers
Foto’s en video: BelaBela (Warmbad) onder water
Vloede: 70 met helikopter gered
Video: Limpopo-pad gesluit
Tweede vloed tref Klein-Kariba-oord
Klein-Kariba: Vrou steeds vermis; oord gesluit met miljoene rand se skade
Klein-Kariba-vloed: Bejaarde vrou word steeds vermis
Video: Vloedwater by Klein-Kariba-oord
Klein-Kariba-vloed: Bejaarde se liggaam gevind
Foto’s: Twee bejaardes vermis ná vloed by Klein-Kariba

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.