Inwoners van die Vrystaat word aangemoedig om voorsorgmaatreëls te tref, aangesien die Vaalrivier moontlik binnekort sy walle kan oorstroom, het die SAUK Dinsdag berig.
“Die oorstroming word verwag aangesien die Vaaldam meer water in die rivier pomp,” het Steve Nale, woordvoerder van die Ngwathe-munisipaliteit, gesê.
Die Vaaldam is reeds 105% vol en sewe sluise is reeds oopgemaak, het die departement van waterwese in ʼn verklaring gesê. -SAPA
Is waterwese al weer te laat, hoekom wag tot die dam 105% vol is en dan die sluise oopmaak en verspoelings veroorsaak as gevolg daarvan. Dis n herhaling van n paar jaar terug to dieselfde gebeur het met die oranje rivier. Leer diie mense nooit
Sê ek ook mos. Hoop daar is meer negatiewe ooms en tannies wat dit sien.