Vloede: PTA-kinders vandag begrawe

Argieffoto

Argieffoto

Die drie kinders van Pretoria wie se liggame oor die naweek gevind is nadat hulle vroeër die week tydens swaar reënval verdrink het, word Woensdag begrawe.

“Bonolo Malemela (9), Gomolemo Mangena (10) en Neo Sehlabane (10) word Woensdag uit die St Peters Claver Rooms Katolieke kerk in Mamelodi begrawe,” het Blessing Manale, ʼn woordvoerder van die Tshwane-metro, gesê.

Manale het namens die stad sy medelye met die families betoon en sy bystand aangebied.

Die kinders is Maandag vir die laaste keer ná skool gesien. Hulle het van die skool af by die huis gekom, ander klere aangetrek en naby ʼn stormwatersloot gaan speel.

Ná ʼn weeklange soektog is die kinders se liggame onder bome aangetref wat tydens die vloede ontwortel is en in die Pienaarsrivier beland het. – SAPA

Lees ook:
Vermiste PTA-kinders dood aangetref
Liggaam van vermiste kind gevind
Polisie soek drie vermiste PTA-kinders

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.