Vloede: R60 miljoen om JHB-paaie te herstel

Colerainerylaan in Sandton. Foto: Facebook

Colerainerylaan in Sandton. Foto: Facebook

Die Johannesburgse padagentskap (JRA) het R60 miljoen opsy gesit vir padherstelwerk ná vloede in die stad.

“Ten minste R23 miljoen van die fondse sal gebruik word om slaggate en stormwaterpype te herstel,” het Skhumbuzo Macozoma, besturende direkteur van die JRA, gesê. “Die oorblywende R37 miljoen sal aangewend word om brûe en duikslote te herstel.”

Volgens Macozoma is nege brûe geïdentifiseer vir herstelwerk en opgraderings om die veiligheid van voertuie en voetgangers te verseker.

Hy sê Soweto, Lenasia, Roodepoort, Midrand en Florida het veral onder die vloede deurgeloop.

Die JRA werk glo sewe dae per week om slaggate en verkeersligte te herstel en stormwaterslote skoon te maak. Hy het die publiek om verskoning gevra vir enige ongerief wat tydens die opgraderings veroorsaak word. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Piet ·

Hoekom moet JRA vir die opknappings en herstel van die paaie betaal ? Want dan kom dit mos uit die belastingbetalers, die Jhb. inwoners, se sakke ? Dis nou Sanral se plig om te betaal. Hulle het nou-net bekendgemaak dat hulle vanaf 3 Desember ruim R250 miljoen gemaak het. Daarvan gaan 15% volgens ‘n vroeëre verklaring vir admin. en koste, wat ruim R212.5 miljoen oorlaat vir nuwe en onderhoud van paaie. “Die gebruiker betaal”, ja, maar dan moet die betaalde ook sy deel doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.