Vloede: Reddingspogings duur voort

Vloede in Ellisras Foto: Polla Vos

Vloede in Ellisras Foto: Polla Vos

Soek- en reddingspogings duur voort in dele van die land wat onlangs deur swaar reën getref is.

Angie Motshekga, waarnemende minister van prestasiemonitering en evaluasie, het haar medelye betoon met die families van meer as 30 mense wat weens vloede in Noordwes, Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en KwaZulu-Natal gesterf het.

“Die kabinet wil Suid-Afrikaners verseker dat die nasionale rampbestuursentrum, deur die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensiesentrum (Natjoint), met die soek- en reddingspogings sal voortgaan,” het Motshekga gesê. “Die kabinet prys die ingrype deur sekuriteitsmagte om die reddingspanne by te staan.”

Persone wat in gebiede bly waar vloede gereeld voorkom word gemaan om voorsorgmaatreëls te tref tydens uiterste weertoestande. “Ouers en voogde moet voorsorgmaatreëls tref om die veiligheid van kinders te verseker. Motoriste en voetgangers moet ook bedag wees wanneer hulle in nat toestande van paaie gebruik maak,” het sy gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.