Vloedslagoffer se liggaam dalk gekry

Reddingspanne op soek na die driejarige Everlate Chauke in die Jukskeirivier (10 November 2016) Foto: City of Joburg EMS, Twitter

Reddingspanne op soek na die driejarige Everite Chauke in die Jukskeirivier (10 November 2016) Foto: City of Joburg EMS, Twitter

Die liggaam van ʼn kind, vermoedelik dié van die driejarige Everite Chauke wat byna twee weke gelede deur vloedwater in die Jukskeirivier in Alexandra meegesleur is, is Dinsdag opgespoor.

Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn liggaam van ʼn kind gevind is, maar sy kon egter nie bevestig of dit wel dié van Everite is nie.

“Die polisie is tans op die toneel waar die liggaam gevind is en hulle sal verder kommentaar moet lewer,” het sy gesê.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat die liggaam van ʼn kleuter dogtertjie Dinsdagmiddag gevind is. “Ons kan nog nie bevestig of dit Everite is nie. Die kind moet nog uitgeken word. Die liggaam is in die Jukskeirivier in die Buccleuch-area gevind,” het hy gesê.

Hy het gesê werkers wat besig was om ʼn huis te herstel wat in die gebied deur vloedwater beskadig is, het op die kind se liggaam afgekom en die polisie ontbied.

Everite is op 9 November deur vloedwater meegesleur nadat haar pa haar in ʼn boom getel het om van die stormwater weg te kom. Die tak het gebreek en sy is deur die water meegesleur. Reddingwerkers, waaronder die Johannesburgse nooddienste, die polisie se honde-eenheid, nooddienswerkers asook soek-en-reddingswerkers soek sedertdien onverpoosd in en langs die rivier van Alexandra tot by die Hartbeespoortdam na Everite.

Die polisie is besig met ʼn geregtelike ondersoek. Die liggaam word na die staatslykshuis geneem waar die kind uitgeken sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

LS ·

Ag siestog, hoop dit is sy sodat die failie haar kan begrawe en berusting vind.
Sterkte aan die familie.

moeks ·

As dit sy is, kan haar ouers berusting vind. Dit bly tragies. RIV en Sterkte aan haar ouers en familie. Ons kan net hoop dat die familie in Pretoria hul geliefde sal vind. Dit kan nie maklik wees nie.

Sommernet ·

My hart gaan uit na die gesin. Dit maak mens sommer weëmoedig van voor af as jy net jouself indink hoe dit moes gevoel het, vir haar en haar pa op daardie tragies dag :(

liza ·

Rus in vrede kleine dogtertjie…….. sterkte aan die ouers en familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.