Suid-Afrikaners kan van Maandagaand reën verwag oor die sentrale en oostelike dele van die land.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het in ʼn verklaring gesê swaar buie (50 mm oor ʼn tydperk van 24 uur) kan van môre tot Woensdag verwag word. Dit kan moontlik tot kitsvloede lei. Die gebiede wat hierdeur geraak word, is die sentrale en oostelike dele van Noordwes, noord en noord-oostelike dele van die Vrystaat, Gauteng, suidelike dele in Mpumalanga, en die noord-westelike dele van KwaZulu-Natal.
Die Vrystaat en Noordwes kan ʼn daling in die temperatuur verwag.
Volgens die weerdiens kan sommige dele tot 100 mm oor ʼn tydperk van 36 – 48 uur verwag. Erge storms word Dinsdag in die noord-oostelike dele van die Noord-Kaap verwag met wind, hael en moontlik swaar reën.
KwaZulu-Natal sal waarskynlik Woensdag onder die storms deurloop.
Die weerdiens waarsku die publiek oor:
– moontlike vloede en oorstroming van paaie en informele nedersettings
– swak sigbaarheid op paaie
– rivierstrome wat vinnig kan begin vloei
– gemeenskappe wat moontlik haweloos gelaat kan word weens die vloede
– skade aan eiendom en infrastruktuur
Die weerdiens maan persone om nie enige riviere of strome oor te steek wanneer dit reën nie; nooit op ʼn pad te ry wat oorstroom is nie en dadelik ʼn voertuig te verlaat indien jy in die water vasgekeer word; na spesiale waarskuwings op die radio en televisie te luister; en veral snags versigtig te wees wanneer dit moeilik is om vloedgevare raak te sien.
Besoek die webwerf of volg die weerdiens op Twitter vir enige verdere besonderhede.
Veral die 4×4 mense moet dink en nie deur die vloedwater jaag nie. julle versuip die mense in kleiner karretjies.
Mense drink mos “stupid” pilletjes wanneer die weer so lyk, en klim dan agter ‘n voertuig se stuurwiel in!!! Doen dinge wat hulle nooit sal doen wanneer dit glad nie reën!
Stem saam ……. dis die tyd wanneer hul wens hul is op Mahem …. dis dice weer
So dankbaar vir die reen !!!!
Ek is so so moeg van reen. Wil nie kla nie maar ons word al sieklik. Vir n jaar nou reen dit aaneen. Elke aand mistig. Darem nou en dan n dag sonskyn en dan weer reen in aand. ??
Waar reen dit so?
Pop jy’s ondankbaar.
Jitte Pop, jy is omtrent ondankbaar!! Die reën is heerlik. Wens wel egter van die oorvloedige reën kan bietjie daar oor die Kaap gaan val!