Vloedwaarskuwings met reën wat voortduur

‘n Oorstroomde pad in Centurion. Foto: Twitter

Moontlike oorstromings word Maandag in Gauteng, asook dele van Noordwes, die Vrystaat en Mpumalanga verwag.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens word oorstromings oor die hele Gauteng, die oostelike dele van Noordwes, die noordooste van die Vrystaat en die westelike hoëveld van Mpumalanga verwag. Oorstromings van laagwaterbrûe kom reeds op plekke in Pretoria en Johannesburg voor.

Erge donderstorms word ook oor die ekstreme oostelike dele van die Noord-Kaap en westelike dele van die Vrystaat verwag.

Die owerhede het motoriste intussen gemaan om waaksaam te wees. Talle slaggate het reeds op paaie gevorm en kan moeilik wees om te identifiseer indien dit vol reënwater is. Motoriste word ook gemaan om ʼn veilige volgafstand te hou en spoedgrense na te kom.

Gemeenskappe wat in laagliggende gebiede woon, word ook aangeraai om waaksaam te wees. Motoriste en mense word verder gewaarsku om nie oorstroomde paaie of brûe te probeer oorsteek nie.

In Pretoria word ʼn minimum van 17 ˚C en ʼn maksimum temperatuur van 19 ˚C vandag voorspel met wydverspreide reën wat sal voorkom. Vir Johannesburg word ʼn maksimum temperatuur van 18 ˚C voorspel.

In Kaapstad word ʼn sonnige dag met ʼn maksimum temperatuur van 29 ˚C verwag. In Bloemfontein word verspreide donderbuie voorspel met ʼn maksimum temperatuur van 30 ˚C.

In Richardsbaai sal dit bewolk wees met reën wat voorspel word. Die maksimum temperatuur is 23 ˚C.

In Oos-Londen word ʼn maksimum temperatuur van 21 ˚C voorspel met reën wat verwag word.

In Kimberley sal dit gedeeltelik bewolk wees met die moontlikheid van reën en ʼn maksimum temperatuur van 31 ˚C.

In Polokwane word reën voorspel met ʼn maksimum temperatuur van 18 ˚C. In Rustenburg sal die kwik tot 22 ˚C styg met reën wat voorspel word. In Nelspruit word daar ook reën en ʼn maksimum temperatuur van 17 ˚C voorspel.

In Durban is daar ook die moontlikheid van reën met ʼn maksimum temperatuur van 22 ˚C wat voorspel word. In Port Elizabeth sal dit gedeeltelik bewolk wees met die moontlikheid van reën. ʼn Maksimum temperatuur van 23 ˚C word voorspel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

charmaine ·

Die Here is goed, ons het gevra en hy het gegee. Ons waardeer elke druppel bid vir netso baie reen in die Noor-Kaap en plekke waar ons boere baie swaar kry.

Pietie ·

Kan Maroela Media daagliks reënvalsyfers en ‘n weerkaart publiseer? Wil graag my oog hou op die land se weer en indien die arme boere wat deur droogte geteister word geseën met reën word. Hierdie is seker baie belangrike nuus.

Ceward Thornhill ·

Ek sal graag wil weet hoe het dit in Ermelo, Standerton,Chrissiesmeer omgewing gereen, dit is die opvang gebied van die Vaal dam. Sal iemand n skrywe plaas asb?

Gogga ·

Ons is in Ermelo en het AL baie reën gehad van laasweek Woensdag, van Saterdag af reën dit aan een.

tinker ·

Standerton advertiser koerand google dit, pad tussen standerton en ermelo is toe oor die reen. Dis wonderlik dat dit so goed reen, maar baie plekke is nog droog. Bid vir hulle vir reen.

Die regte Grassie. ·

Oorstromings en vloede is ‘n baie noodsaaklike deel van die natuur se werking. Dit is ‘n natuurlike reinigingsproses. Ons land is oorbevolk en onderversorg. Om rioolsuiweringsaanlegte behoorlik in stand te hou is iets wat in die “nuwe” Suid-Afrika baie laag op stadsrade en munisipaliteite se prioriteitslyste is. Die meerderheid van ons land se inwoners is ook nie baie gesteld op higiëne nie en bemors hul omgewing. Dit bring mee dat spruite en riviere so besmet is met menslike afval dat dit groot gesondheidsrisikos inhou. Dit is wanneer die natuur ingryp en groot vloede stuur om al die gemors weg te spoel, die see in. Ek glo dit is so beplan deur die Skepper. Dit is jammer dat sommige mense skade ly en dat daar ook lewensverlies is maar dit is onvermydelik.

ANE ·

Ons hier ini Noorde van Pretoria… het sedert n week gelede, sagte sifreen gehad, wat vanoggend op 106mm gemeet het… en VANDAG van vanoggend af, viri afg 2 uur… stortreen van 80mm!!!!!

Ceward Thornhill ·

Baie dankie vir die goeie terugvoer, Vaaldam se vlak styg seker al, ons bly bid vir die noord kaap, karoo, en ander doogte geteisterde gebiede, ons glo God sal daarook uitkoms stuur spoedig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.