Vloedwater sleur kar mee; vier vermis

Foto: SAPD/Twitter

Foto: SAPD/Twitter

Vier mense word vermis nadat hulle voertuig naby Weenen in KwaZulu-Natal deur ʼn sterk stroom op ʼn laagwaterbrug meegesleur is.

Maj. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, het gesê die voorval het vermoedelik Dinsdagaand laat plaasgevind.

Die voertuig is later deur inwoners van die omgewing gevind, maar daar was geen teken van die insittendes nie. Na verneem word was die insittendes drie vroue en ʼn man.

Zwane het aan Maroela Media gesê daar was teen Woensdagoggend steeds geen teken van die insittendes nie. “Reddingswerkers is onverpoosd besig om die rivier te fynkam. Ons hoop om die insittendes ongeskonde te vind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

alletta Strydom ·

naby Hermannsburg is n motor ook van brug afgepoel…..kan dit dieselfde een wees…..

Elinette ·

Wat het van “common sense” geraak? Laagwater brug + vloedwaters = besluit om NIE voort te ry nie. Of wat vra ek dan nou, huh?

Peet Schabort ·

“Dinsdagaand laat” beteken dat hulle heel moontlik té laat die water gesien het, veral as dit ‘n grondpad is en met ‘n draai kom jy op die water af.
So was ek ‘n kannetjie van seker so sewe toe my ma aan my pa vra waarom stop hy die nag op ‘n grondpad. Hy antwoord: “Sien jy nie die water”? Toe is daardie spruit in volle vloed !! Daarom tot vandag toe is ek uiters versigtig in reëntyd selfs op ‘n teerpad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.