Vloot bly langer in Indiese Oseaan

somalië-seerowers-mei-2009

Foto ter illustrasie. (Foto: Commons.wikimedia.org)

Pres. Cyril Ramaphosa het ʼn skrywe aan die parlement gerig waarin hy die speaker in kennis stel dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se ontplooiing in die Indiese Oseaan verleng word.

Die vloot is ontplooi as deel van die internasionale verpligting wat die land teenoor die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se marinesekuriteit het.

Luidens ʼn verklaring deur die parlement behels dié verpligting dat die vloot help om die bedreiging van seerowery en ander onwettige aktiwiteite in die Indiese Oseaan teen te werk.

Ramaphosa skryf 200 soldate sal van 1 April tot 31 Maart 2023 teen ʼn totale koste van R154 miljoen ontplooi word.

Sy brief sal nou aan die parlement voorgelê word.

Danksy grootskaalse operasies deur die Verenigde Nasies die afgelope jare is seerowery aan die Somaliese kus grotendeels uitgewis, met geen gevalle wat die afgelope vier jaar aangeteken is nie. Die VN is nietemin huiwerig om nou al alle internasionale seemagte aan dié gebied te onttrek.

In 2021 is 132 voorvalle van seerowery en gewapende roof wêreldwyd aangeteken. Dit is die laagste syfer sedert 1994 en is grotendeels gedryf deur ʼn afname in gevalle langs die kus van Wes-Afrika, wat gebiede in die Atlantiese Oseaan van Angola tot Senegal insluit.

Bykomende inligting deur AFPz.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hennie ·

Wat ‘n grap! Beskerm ander maar kan nie eens sy eie burgers beskerm nie. Iewers vloei die bribes weer lekker!

Hector ·

O, hulle moet “onwettighede en seerowery” help bekamp. My wêreld! Praat nou van vir wolf skaapwagter maak!! Die Suid-Afrikaanse staat is ‘n spesialis as dit kom by die pleeg van onwettighede, landrowery, staatskasrowery, en om boonop na alles ewe skynheilig te maak of alles doodnormaal is. Ek wonder of die SA-vloot nie dalk juis optree as spesialis-konsultant vir die seerowers om hulle (die seerowers) die fynere kunsies van rowery te leer nie.

En so word nogeens sekerlik miljoene rande belastingbetalersgeld gemors! Ek kan net dink aan al die tenderbedrog wat met die ou operasietjie nou ook weer aan die orde van die dag sal wees!

Behoede ons tog!

Pampoen ·

Ek hoop nie die seerowers vat nog ons laaste skippie ook nie.

Swerwer ·

Kommunisme! Hul gaan seker die seerowers en bendes “beskerm” teen die passasiers en goedere bote.

Heinrich ·

Sal nogal wil weet hoe 200 soldate (dog dis matrose as hulle op see is?) ‘n volle R154 miljoen kos…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.