Vlootbasis-inbraak: Man gevonnis

Foto: SA vloot

Foto: SA vloot

Duncan Gouvias (22), een van drie jong mans wat in hegtenis geneem is ná ʼn inbraak by die vlootbasis in Simonstad verlede jaar, is tot 43 jaar tronkstraf gevonnis.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke in die Wes-Kaap, het Donderdag gesê Gouvias is verlede week in die Wynberg-streekhof gevonnis nadat hy skuldig gepleit het op aanklagte van inbraak en verskeie oortredings van die Vuurwapenbeheerwet.

“Gouvias is altesaam tot 43 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op vyf verskillende aanklagte. Die vonnisse, wat strek van vyf tot 13 jaar (wat vir vyf jaar opgeskort is) per aanklag, sal gelyktydig uitgedien word en die beskuldigde sal effektiewelik ses en ʼn half jaar tronkstraf moet uitdien,” het Ramovha gesê.

Maroela Media het vroeër berig Gouvias is einde Julie deur die Valke in hegtenis geneem saam met twee medepligtiges, Dilian Sewkumar (18) en Karabo Ramokgopa (19). Die inbraak was op 23 Julie waartydens onder meer handgranate, ʼn verskeidenheid vuurwapens, ammunisie en weermagtoerusting gesteel is.

Al drie het op 1 Augustus vir die eerste keer in die Simonstad-landdroshof verskyn.

Die saak is tot 23 Februarie uitgestel wanneer Sewkumar en Ramokgopa na verwagting gaan pleit. Sewkumar is steeds in aanhouding en Ramokgopa is in huisarres.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ben Esterhuizen ·

Feit bly staan, indien die SA Vloot (en die res van die Weermag!) paraat was en die nodige bekermingsmaatreels en kontroles in plek gehad het, sou hierdie tipe voorval nooit kon plaasvind nie….

Nou?? ·

Ek verstaan niks meer van die SA regstelsel nie. Hierdie ou kry vir 5 aanklagte van diefstal van vuurwapens 43jaar en gaan vir ten minste 6.5 jaar sit. Die dokter wat weens nalatigheid ‘n kind se dood beteken het, ek beskou dit as moord, kry 4jaar opgeskort vir 5jaar, hy sien nie eers die binnekant van die tronk nie. Is ‘n lewe minder werd as vuurwapens volgens die wet/regstelsel???

Ada ·

Ek staan met jou NOU. Dit maak geen sin nie. Hierdie diewe leef nog maar die kindjie is dood. Dit kan nooit reggemaak word nie.

Jakes ·

Wat help selfs 1000jr tronkstaf? Dis geen afskrikmiddel as jy uitwerk effektief 6jaar tronksit op 43jaar vonnis? Ons betaal sudies en die gevonnisde sal uit tronk kom met graad geborg deur die belastingbetaler.

Jito ·

Ek neem aan die ander twee beskuldiges is poste aangebied in die Vloot? Grapgatland.!!

Schalk van der Merwe ·

Hy is seker spyt hy kon nie voor regter Masipa verskyn nie

Jakalas ·

Kan hulle nie asseblief alle diefstal dieselfde straf gee nie? Ek sal net wens dat iemand 43 jaar gevonnis is wat inbreek en veral op geweer punt die gesin dreig.

Scalla ·

Moet die straf nie eerder gaan aan die persone en wagte wat verantwoordelik was vir die bewaking van die goedere nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.