Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê die derde verdagte, glo 18 jaar oud, is Vrydag by die barakke in hegtenis geneem nadat een van die gesteelde vuurwapens gevind is toe die perseel deursoek is.
Die verdagte sal Maandag saam met die ander twee verdagtes in die Simonstad-landdroshof verskyn. Die ander twee verdagtes, onderskeidelik 18 en 26 jaar oud, is vroeg Donderdagoggend in die Steenberg-omgewing in hegtenis geneem. Verskeie items weermagtoerusting is in die verdagtes se besit gevind.
Maroela Media het vroeër berig oor die inbraak op 23 Julie waartydens onder meer handgranate, vuurwapens en ammunisie gesteel is.
Dan Plato, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, het intussen gesê daar was reeds in Mei vanjaar berigte dat “vertroulike inligting” oor die Simonstad-vlootbasis, spesifiek oor waar vuurwapens en ammunisie gestoor word, aan bendelede in die Wes-Kaap verkoop word.
“Ek het ook in Maart 2016 inligting ontvang oor ʼn inbraak by die vlootbasis en dit onmiddellik onder die aandag van die Wes-Kaapse polisiekommissaris gebring.” Volgens Plato is hy egter verlede maand meegedeel dat die polisie geen kennis hiervan dra nie.
“Die bewerings oor moontlike veiligheidsoortredings by die Simonstad-vlootbasis moes hanteer word met streng veiligheidsbeheermaatreëls, protokolle en standaarde wat nagekom word,” het Plato gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Lyk my die Wes-Kaapse polisiekommissaris is ook maar hopeloos. Dan Plato behoort dit by die nasionale polisiekommissaris te rapporteer.
Geen trots of veranrwoording meer nie verkrag en besteel jou eie land solank jy ‘n paar rand maak …….sowaar treurig.
Ek wens hulle is so fliks met huis inbrake. Dit kan gedoen word.
Dit sal n slim gr ii kind omtrent n uur neem om informasie daar te steel
Met terreur aanvalle aan die orde van die dag…waarh sou die amunisie (genoeg vir n kleinskaalse.oorlog) gebruik word? Uit n VLOOTBASIS!!!!!!! Ons is in ggggrrrroooooot gwano