Vlootoffisier van seksuele aanranding beskuldig

(Argieffoto)

ʼn Senior vlootoffisier is formeel aangekla nadat hy die afgelope week van seksuele aanranding beskuldig is.

Luidens ʼn verklaring deur die weermag het die beweerde aanranding Sondag by ʼn vlootbasis in Durban plaasgevind.

“Die Suid-Afrikaanse vloot het intussen met die administratiewe proses begin om die vermeende oortreder te skors sodat die ondersoek sonder enige inmenging of beïnvloeding kan plaasvind.”

Die weermag sê hy steun alle nasionale pogings om die vlaag geslagsgeweld in die land te stuit ten volle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

marius ·

Waarom is hy nie summier toegesluit omdat hy sosiale distansiering verbreek het nie ? Het hy ‘n masker opgehad? Die minister Lamhola het mos duidelik gestel wat die gevolge gaan wees .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.