Vlootsoldaat glo by vier gevegte betrokke voor dood

Blayne en Kyle Shepard, Andries van der Merwe en Dustin van Wyk tydens 'n vorige hofverskyning Foto: enca.com

Blayne en Kyle Shepard, Andries van der Merwe en Dustin van Wyk tydens ‘n vorige hofverskyning Foto: enca.com

Een van die vier mans wat beskuldig word van die moord op ʼn voormalige vlootsoldaat in die Royal Marines, het glo aan twee mense vasgehou sodat hy hard op Brett Williams kon trap, het die Durban-streekhof gehoor.

Blayne Shepard (23), sy broer Kyle (25), Andries van der Merwe (23) en Dustin van Wyk (23) word daarvan beskuldig dat hulle Williams op 23 Maart verlede jaar ná ʼn Superrugby-wedstryd tussen die Haaie en die Melbourne Rebels op Kings Park in Durban vermoor het.

“Ek het nie gesien hoe die oorledene geval het nie, maar ek het gesien hoe die beskuldigde hom geskop het terwyl hy gelê het,” het Timothy Crichton Maandag getuig. Crichton het glo vroeër die aand ʼn woordewisseling met Williams gehad. Williams het Crichton glo gevloek toe hy nie vir hom ʼn sigaret wou gee nie.

Volgens Crichton was Williams kort hierna met ʼn ander man, Grant Cramer, in ʼn geveg betrokke. Cramer, ʼn vriend van Blayne Shepard, is aanvanklik van aanranding aangekla maar die aanklagte is later teruggetrek en Cramer het ʼn staatsgetuie geword.

Crichton sê Cramer het Williams om die nek gegryp en dat Williams geval het. “Ek kan onthou dat die oorledene eerste geslaan het.”

Hy sê ‘n paramedikus het Williams behandel. “Ek kan onthou dat die oorledene opgestaan het.” Hy het glo hierna gesien dat Williams en Blayne in ʼn woordewisseling betrokke was.

“Ek het gesien Williams se lippe beweeg en hulle het begin baklei. Ek het gesien hoe beskuldigde nommer twee aan beskuldigde nommer een en nog ʼn persoon vasgehou het en hard geskop het.”

Crichton het aan die hof gewys hoe Blayne op Williams getrap het. “Ek het beskuldigde nommer vier gesien. Hy het ʼn stuk sementblok opgetel. Ek het nie gesien wat hy met dit gedoen het nie. Ek het weggekyk.”

Die hof het vroeër gehoor dat Williams moontlik die aand by tot soveel as vier gevegte betrokke was. Die verhoor duur voort.

Lees ook:
‘High five’ na aanranding van voormalige vlootsoldaat
Rugby-moord: Vier weer in die hof
Rugby-moord: Verhoordatum bekend
Rugby-moord: Seesoldaat het glo vroeër ook baklei
Rugby-moord: Verdagtes se name bekend gemaak
Rugby-moord: Vier hoop vir borg
Rugby-moord: Mense vir uitkenningsparade gesoek
Rugby-moord: Verdagte kry borg; name weerhou
Rugby-moord: Vier gee hulself oor
Rugby-moord: Vyf sal hulself glo oorgee
Rugby-moord: Slagoffer se naam bekendgemaak
Brit sterf in geveg ná Super15-stryd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

Julle lewe is weggegooi omdat julle arrogant en verwaand was. En kyk nou. Soveel lewens verwoes.

lorayne ·

“Blayne Shepard het ʼn voormalige vlootsoldaat in die Royal Marines glo geskop voor hy ʼn vriend ʼn ‘high five’ gegee het op 23 Maart verlede jaar na ʼn Superrugby-wedstryd tussen die Haaie en die Melbourne Rebels op Kings Park in Durban”

HOE verwaand! Ek hoop julle kry wat julle toekom . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.