Vlug meer as uur vertraag oor onhebbelike passasier

Shamiso Mosaka, CemAir, vlug,

Shamiso Mosaka, ʼn aanbieder van MTV Base, kan gesien word in ‘n video waar sy glo weier om ‘n CemAir-vlug te verlaat. (Foto: X)

ʼn Passasier wat laat aan boord van ʼn vlug by die King Shaka-lughawe in Durban gegaan het, moes kort daarna boonop deur die polisie van die vliegtuig verwyder word nadat sy glo heeltemal weerbarstig geraak het.

Volgens CemAir het die vrou vlug 5Z0329 na Johannesburg heeltemal ontwrig.

Shamiso Mosaka, ʼn aanbieder van MTV Base, beweer egter sy het nié die vlug ontwrig nie en dat daar diskriminerend teenoor haar opgetree is.

In ʼn video van die voorval wat op sosiale media versprei is, kan daar gesien word hoe polisiebeamptes probeer om Mosaka van die vliegtuig te verwyder.

In die video kan Mosaka se woordewisseling met die polisie gehoor word. Sy weier om die vliegtuig te verlaat en sê sy is nie ontwrigtend nie. “Julle is rassisties,” sê sy vir die polisie waarna sy daarop aandring dat ʼn ander vlug vir haar bespreek word.

Volgens Koena Lerotholi, CemAir-woordvoerder, het die passasier – wat sy nie geïdentifiseer het nie – laat op die vliegtuig geklim en “ontwrigtend en beledigend” opgetree.

“Die passasier het ook geweier om wettige opdragte van ʼn kajuitbemanningslid na te kom. Die vlugkaptein is ontbied, maar kon ook nie die situasie beredder nie. Hierna is die polisie ontbied om die passasier van die vliegtuig te verwyder,” sê Lerotholi.

Terwyl die polisie die vrou van die vliegtuig beglei het, het die passasier volgens CemAir losgeruk en dié keer glo probeer om tot in die kajuit te kom. Dit is ʼn “ernstige oortreding” en die polisie sal die voorval verder ondersoek.

Die lugredery het ander passasiers vir die vertraging van sowat 90 minute om verskoning gevra.

Statement of incident on 5Z0329 on 17 March 202418 March 2024, JOHANNESBURGIncident on CemAir Aircraft on 17 March…

Posted by FlyCemAir on Monday, March 18, 2024

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

George ·

Ek sukkel om die rasisme te sien, behalwe dat sy, velkleur blameer vir haar optrede. Ek sou se ons moet saam trek en haar van MTV af kry, maar MTV Base sal sonder enige feite net saam haar stem.

Casper ·

En daar kom die rassekaart.Wat wou sy in die kajuit gaan maak het.Sy het laat opgedaag en weier om opdragte van ‘n kajuitbemanningslid uit te voer en dring boonop aan dat ‘n ander vlug vir haar bespreek word.Ek hoop haar werkgewer treë op teen haar want ek glo sy was aandiens gewees.

Leonora ·

Ja wat, dink omdat sy n tv persoonlikheid is, sy het al die mag. Respekteer die lugredery se maatreels sussie. Lekker verkleineer sy haarself

J. J. ·

Omdat mense wat by radio of tv werksaam is, net soos die politisie, aanbid word en hulle dink hulle is al mense in die wêreld wat saakmaak.

Andre ·

…ek vertrou haar werkgewer tree teen haar op, want niks sal haar maniere leer nie.

Jeanette ·

Sy het gedink omdat sy op tv is sy kan maar doen net wat sy wil toe slaan sy haar naam met ‘n plank arme ding

Michael ·

Die ou holrug rasse kaart hoe pateties onopgevoedheid sal ek die skuld gee.

piet ·

@Sandra. ‘n Regte “Karen”. Ek kyk daai goed op youtube, ongelooflik.

Bolandse Nooi ·

Tipiese “entitlement”. Gebore 10 jaar ná Apartheid tot ‘n einde gekom het en sg. “demokrasie” begin het, maar haak steeds vas by “ongeregtighede-van-die-verlede” en gooi altyd die rasse-kaart as hulle nie hul sin kan kry nie.

Truthful ·

Ek persoonlik dink die mense het helemal oor reageer….tiepies die polisie in suid afrika.. ag toggie

Keelvol ·

Truthful @ jy mag nie a stuurkajuut van n vliegtuig bestorm nie. Sy was gevaar vir die hele vliegtuig. ….. klink vir my meer of jy issues met die polisie het. Hulle optrede was reg gewees.

RS ·

Arrogansie, “I’m a celeb” houding… Seker gedink die rooi tapyt gaan uit gerol word.

Di ·

Die “kroonwild” dink mos hulle is ontasbaar. Dis ‘n spesie op hulle eie wat ek nooit sal verstaan nie, al probeer ek.

John ·

Laat haar Uber gebruik in die vervolg……..Sy is maar net n TV persoonlikheid vir n handvol mense.

trotsNAMSA ·

Truthful, ek vermoed jy maak nie gebruik van lugvervoer nie ! Die “dame” het niemand in ag geneem in ‘n ingehokte ruimte nie. DIT IS NIE DIE SAPD se skuld nie ! Indien die vlug personeel voel ‘n passasier is buite beheer moet hulle hulself en die passasiers veilig hou.
Die “dame” kort maniere en selfrespek.

Theresa ·

In hierdie land is daar nie celebs nie, dis maar net kennisse…

Cassie Carstens ·

Sy verdien swaar tronkstraf, want jy mag na 911 glad nie die vlugkajuit binnegaan nie. Wat wou sy daar gaan maak – die vliegtuig bestuur? Helemat verspot en te veel gedrink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.