Vlug QZ8501: Nog geen teken van vermiste AirAsia-vliegtuig

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Na ʼn soek- en reddingspoging van bykans 40 ure, is daar nog steeds geen teken van die AirAsia-vliegtuig wat Sondag tussen Surabaya en Singapoer verdwyn het nie.

Jusuf Kalla, adjunkpresident van Indonesië, het aan Andrew Stevens, verslaggewer van CNN, gesê daar is tans 30 skepe en 15 vliegtuie wat aan die soektog deelneem. Sien die volledige onderhoud in die video onderaan die berig.

CNN het vroeër berig daar is tydens ʼn perskonferensie in Jakarte voorgestel dat die skip moontlik op die bodem van die oseaan kan lê indien die laaste koördinate en weerstoestande in ag geneem word. Daar is egter nog geen amptelike verklaring hieroor uitgereik nie.

Die soektog duur voort.

Die vliegtuig, ʼn Airbus A320-200 met 162 persone aan boord het verdwyn nadat die kaptein, met 20 537 vlugure ervaring, versoek het om die vlugroete aan te pas weens slegte weersomstandighede.

Lees alle vorige berigte oor Vlug QZ8501 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.