Vlugte by King Shaka-lughawe vertraag

King Shaka-lughawe. Foto: Facebook

King Shaka-lughawe. Foto: Facebook

Vlugte by die King Shaka-lughawe in Durban, KwaZulu-Natal is Dinsdag vertraag weens ʼn probleem met die lughawe se brandstofstelsel.

Colin Naidoo, woordvoerder van die lughawe, het gesê die oorsaak van die probleem is nog nie bekend nie. Hy het gesê die probleem behoort egter later vandag uitgesorteer te wees.

Volgens Naidoo is daar tenkwaens gebruik om minstens vyf vliegtuie te hervul. “Inkomende vlugte is nie geraak nie aangesien dié vliegtuie genoeg brandstof het om na hulle volgende bestemmings te vlieg.”

Naidoo het gesê die lughawe het sy diensverskaffers gevra om ondersoek in te stel na die probleem en dat dit hopelik binnekort uitgesorteer sal wees.

Die lughawe het intussen op sy Facebook-blad aangekondig dat hy ook waterprobleme ondervind. “Passasiers en lughawepersoneel sal van gebottelde water voorsien word om te drink indien nodig en ons brandweer sal water voorsien om te verseker dat restaurante met hul sake kan voortgaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

Die probleem is onbevoegde persone wat nie verantwoordelik hul werk reg kan doen nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.