Vlugte by O.R. Tambo vertraag

Argieffoto

Argieffoto

Vlugte vanaf die O.R. Tambo Internasionale-lughawe is Woensdag vertraag.

Volgens die Suid-Afrikaanse Lughawensmaatskappy (Acsa), het tegniese probleme met die lugverkeernavigasiestelsel kommunikasie-uitdagings veroorsaak en het dit tot gevolg gehad dat vlugte vertraag is.

Acsa het gesê die probleme is intussen opgelos en bedrywighede gaan normaal voort by die lughawe. Volgens Acsa was daar teen laatmiddag nie meer vertragings van vlugte nie.

“Ons bestuurspan sal voortgaan om die situasie fyn dop te hou. Passasiers word aangeraai om die onderskeie lugrederye te kontak vir hul vlugbesonderhede.”

Die O.R. Tambo-lughawe is een van die besigste lughawens in Afrika, met 18 miljoen passasiers per jaar. Dit is meer as Egipte se internasionale lughawe in Kairo en die Kaapstad Internasionale-lughawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jan ·

Ja die Jan Van Riebeeck lugverkeernavigasiestelsel raak nou ‘n bietjie oud nê?

Alida ·

Kan dit ‘n gebrek aan instandhouding wees? Sal nie verbaas wees nie.

Debbie ·

Munisipaliteite betaal nie die verbruikers se rekening gelde oor aan Eskom nie, dit is die rede hoekom hul die krag wil sny.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.