Vlugte na New York gekanselleer weens slegte weer

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Maandag vlugte na en van New York in Amerika gekanselleer weens slegte weerstoestande.

“As gevolg van ongunstige weerstoestande weens ʼn sneeustorm in New York, is vlugte na en van John F Kennedy Internasionale Lughawe in New York gekanselleer,” het Tlali Tlali, SAL se woordvoerder, in ʼn verklaring gesê.

“Ons sal voortgaan om die toestande te monitor en sal terugvoer gee as daar veranderinge in die huidige weerstoestande is.”

Hy het gesê passasiers wat hierdeur geraak word, sal deur die lugredery se inbelsentrum bygestaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.