Die private streekslugdiens Airlink het Donderdag aangekondig dat hy sy vlugte van en na die Skukuza-lughawe in die Krugerwildtuin gaan opskort.
Dit volg na ’n plaaslike uitbreking van Covid-19-infeksies in die Skukuza-omgewing en by ander nabygeleë kampe.
“Ten einde ons kliënte en personeel te beskerm, het ons besluit om alle bedrywighede by die Skukuza-lughawe tot 28 Januarie op te skort. Ons vra om verskoning vir die ongerief wat dit kan veroorsaak,” het Rodger Foster, uitvoerende hoof en besturende direkteur van Airlink, gesê.
Vlug 4Z 865 van Johannesburg na Skukuza asook vlug 4Z 866 van Skukuza na Johannesburg is opgeskort.
Vlugte na die Hoedspruit- en Nelspruit KMI-lughawe gaan steeds voort. Dit is die twee naaste lughawens vir reisigers wat beplan om die Krugerwildtuin of ander oorde en kampe in die omgewing te besoek.
Airlink se vlugskedule is beskikbaar by: www.flyairlink.com/flightschedule
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
MM daar was slegs Covid gevalle by 1 kamp nl Laer Sabie en die is gesluit, dus nie kampe soos julle berig nie
Wyse besluit van die lugredery! Julle is tops.