Vlugte op koers ná brandstoftekort by Kaapstad-lughawe

(Foto: Maroela Media)

Vlugte na en vanaf die Kaapstad Internasionale-lughawe gaan weer voort soos geskeduleer.

Dit volg ná brandstoftekorte weens faktore wat een van die groot verskaffers van brandstof aan die lugdienste raak.

Volgens die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) is die situasie nou stabiel en word die situasie fyn dopgehou.

“Bykomende invoere is bevestig om plaaslike produksie aan te vul en brandstofverskaffers prioritiseer tenkwa-aflewerings aan die lughawe om aan die daaglikse vraag te voldoen,” het Acsa gesê.

Die bestuur van Acsa sal in samewerking met lugrederye en brandstofverskaffers voortgaan om die betroubaarheid van produksie en die leweringstempo aan die lughawe te monitor om kansellasies te voorkom en ontwrigting te minimaliseer.

Alle reisigers word steeds versoek om hul vlugskedules te monitor en ingelig te bly via die relevante lugrederye se webwerwe.

Die Kaapstad-lughawe het verlede jaar ook ʼn brandstoftekort ondervind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eugene ·

Voor 1994 het jy nooit gehoor van vliegtuig petrol tekort nie. Nou is dit alledaags. Vra Boeing om vliegtuig te maak wat met sonpanele vlieg.

Hennie Biebouw ·

Wat ‘n skande. Alles waaraan die ANC raak, verander na kraalmis.
Mens wonder of fie tekorte steeds sou gebeur as die ANC die Wes Kaap regeer het…Dit lyk darem al te veel na moedswil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.