Vlugte van SA Express (SAX) bly opgeskort

Argieffoto. (Foto: Facebook)

SA Express, die staat se streekslugdiens, het Woensdag “operasionele probleme” voorgehou as rede vir sy vlugte wat gekanselleer is, maar het nie die presiese aard van die probleme bekend gemaak nie.

SAX is in ʼn dispuut met die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) gewikkel en het gister gesê Acsa het ʼn ooreenkoms – wat met die hulp van die departement van vervoer en openbare ondernemings aangegaan is – gekanselleer.

Vlugte moes gister al hervat word, maar dit het teen vanmiddag steeds nie gebeur nie.

“In ʼn teleurstellende wending het Acsa die ooreenkoms wat aangegaan is, gekanselleer, wat verdere ongerief vir ons passasiers op alle roetes veroorsaak het,” het SAX in ʼn verklaring gesê.

Acsa het die kwessie intussen na sy raad verwys wat dit moet bespreek en met ʼn oplossing vir die geskil vorendag moet kom.

Acsa het onderneem om later kommentaar te lewer.

EWN het berig die probleem hou glo verband met wanbetaling, maar SA Express ontken dié bewering.

SAX gaan wél al geruime tyd gebuk onder groot finansiële druk. Hy het die regering onlangs gevra vir ʼn reddingsboei van R200 miljoen, maar die minister van finansies, Tito Mboweni, het dit afgekeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Boy van die Suburbs

Bankrotskap! Punt!

Joe

Uiteindelik draai Tito die kraan toe!!!!!

Mudguard

Alles met ” staats” is bankrot. Viva !!!!!

marous

Wie se skuld is dit ? Hou op om almal te blameer behalwe julself . Die storie van “dont aska me , aska tha odda wan” is pateties verby . Sink soos klippe gaan almal , en die verorberaars ook …..binnekort.

HC

Baie geluk, Tito dat jy dit afgekeur het…
Suid-Afrika is ‘n bankrot land!!!!
VIVA, Bankrot SA!