Vlugte vertraag by OR Tambo

Foto: @steve_hofmeyr, Twitter

Foto: @steve_hofmeyr, Twitter

Talle vlugte is Dinsdagmiddag weens gure weer by OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg vertraag.

ʼn Woordvoerder vir die lughawe het op die amptelike Twitter-rekening bekend gemaak dat die vlugte slegs vertraag word, maar dat die aktiwiteit by die lughawe nie opgeskort is nie. “Aangesien dit slegs weens swak sig veroorsaak word, word ʼn amptelike verklaring nie uitgereik nie,” het die woordvoerder gesê.

Steve Hofmeyr het op sy Twitter-rekening geskryf: “Heerlike chaos by OR Tambo. Vlugte gekanselleer. Hekke verander. En wie wil nou op ‘n ‘vertraagde’ vliegtuig klim?”

Alle vlugte is tans weer op skedule.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.