Vlugtelinge: Polisie moet hulself beteuel, sê Amnestie Internasionaal

Geweld het Woensdag in Kaapstad uitgebreek. (Foto: Phando/Jikelo, ANA)

Die Menseregtegroep Amnestie Internasionaal Suid-Afrika doen ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) om selfbeheersing uit te oefen wanneer hulle met betogers omgaan.

Dit volg nadat geweld Woensdag in Kaapstad uitgebreek het toe polisie vlugtelinge voor die Verenigde Nasies se Hoëkommissariaat vir Vlugtelinge (VNHKV) in die Kaapse middestad verjaag het. Minstens 100 mense is in hegtenis geneem en intussen op waarskuwing vrygelaat.

“Die gebruik van rubberkoeëls en skokgranate was onnodig en het die situasie duidelik vererger. Daarbenewens is ons bekommerd dat hierdie metodes gebruik is terwyl daar kinders teenwoordig was en dat dit moontlik trauma en beserings onder hulle kon veroorsaak het.

“Die owerhede is die pligdraers en moet dringend alternatiewe en veiliger maniere vind om mense te hanteer,” het Shenilla Mohamed, uitvoerende direkteur van Amnestie Internasionaal Suid-Afrika, gesê.

Geweld het Woensdag in Kaapstad uitgebreek. (Foto: Phando/Jikelo, ANA)

Maroela Media het vroeër berig honderde buitelandse burgers kamp al byna drie weke lank buite die kantore van die VNHKV in Brooklyn in die ooste van Pretoria en die Waldorf-arkade in die middestad van Kaapstad.

Dié mense wil hê die VN moet hulle hervestig omdat hulle onveilig voel in Suid-Afrika weens toenemende xenofobiese aanvalle teen hulle en ook ontevrede is oor onlangse xenofobiese aanvalle. Die meeste van dié groep buitelandse burgers is asielsoekers wat nie daarin kon slaag om vlugtelingstatus te verkry nie.

Volgens Mienke-Mari Steytler, mediabeampte van Amnestie Internasionaal Suid-Afrika, het die Kaapstadse metropolisie Woensdagmiddag vlugtelinge begin verjaag en in hegtenis geneem, nadat die vlugtelinge na bewering oproerig geraak het. Die polisie in die Wes-Kaap het gesê hulle het Woensdag 100 mense in hegtenis geneem omdat hulle geweier het om die kantore te verlaat. ʼn Hofbevel is reeds op 18 Oktober verkry om die 300 vlugtelinge uit die kantore te verwyder.

Geweld het Woensdag in Kaapstad uitgebreek. (Foto: Phando/Jikelo, ANA)

Mohamed het gesê dit is baie belangrik dat die Suid-Afrikaanse owerhede en die VNHKV dringend werk maak van die situasie in Kaapstad én Pretoria om mense veilig te hou en hul menseregte te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Heksie ·

vlugtelinge? hulle is onwettig in my land, ek’t nie simpatie met hulle nie, want daar geld reels en regulasies vir ons in ander lande maar hier kom en gaan almal soos hul wil en maak wat hul wil, meeste kom buitendien hier aan om onwettige bedrywighede te bevorder!

Beatrix ·

Ek verstaan die Polisie moet hul werk doen,maar ek was erg onsteld om te sien hoe hul aan n Ma ruk en haar kind pluk of sy n stuk lap is?? daai kind het so gehuil””dit lyk soos mishandeling…. ek is seker hul kan dit op n beter manier hanteer?? waar kinders teenwoordig is.

Kallie ·

Hierdie videos en fotos skep ‘n swak beeld van die land. Buitelanders begin ook n6ou om korrupte polisielede aan te rand. Toeriste en beleggers raak skepties. Wag vir die dag wanneer Afrikalande hul weermagte instuur om hul mense te beskerm. Ons oorgewig soldate en polisielede sal dan aan die ontvangkant wees en Ramaphosa sal vlug.

Jiem ·

Die polisie het die betogers probeer verwyder ooreenkomstig n hofbevel wat verkry is en het net hul werk probeer doen. Hoe moet hulle dit anders doen as om hardhandig op te tree indien die betogers nie wil saamwerk nie. Net staan en kyk sodat ons weer kan kla dat hulle nie hul werk doen nie? Dis hoog tyd dat die polisie al die gemors wat in die land aangaan begin vasvat, al moet dit dan nou op n drastiese wyse wees.

koos ·

HOE???????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????

vita ·

Die mense bring hulle kinders saam met die diel dat hulle kan doen wat hulle wil, goed breek en uitgooi en dan skuil hulle agter die kinders, dit word al jare gedoen, dan kry sap die skuld, Hulle misbruik hulle kinders, hoekom los hul nie die kinders by iemand nie, en as jy nie iemand kry nie bly by jou huis

Hannah ·

In ons land wat alreeds gebukkend gaan met oorbevolking het feitlik almal op die foto ,n baba op die rug. Hoe het hierdie mense in die “lLand van melk en heuning” hier gekom? Hulle moet op dieselfde manier terukeer na hulle oorspronklike lande toe. Ek is seker hulle het nie so voor enige geboue in hulle herkoms lande “gekamp” nie. S.A. kan nie al hierdie onnodige kostes ook nog dra nie.

Spook ·

Dit is ontstellend maar hoe moet hulle dit anders doen, mooi vra? Ek kyk eerder nie die videos nie, ek is ook bietjie sensitief as dit by kinders kom, maar hel my simpatie is saam met die polisie ook. Ek is oortuig die wereld is die klits kwyt

Pop ·

Polisie kan ook nie wen nie, een oomblik skreeu almal die polisie doen niks, die volgende moet hulle niks doen, die volgende moet hulle mense se agterstelle lek om iets te doen. Ag nee. Ek gee op!!!!

Sikloon ·

Beatrix, gaan wys jy ons hoe word dit gedoen, gaan kampeer saam met hulle en staan in die voorste linie! Sal graag jou moves wil sien, anders gaan klim terug in jou katel en dream on!!!

Dolf ·

Met vars kos en ‘n warm bed lok jy mense baie vinning na kampe vêr weg van die middestad.

Claudia ·

Martin, hoekom Beatrix vra?! Dit is nie nodig om aan kinders, of vroue, te pluk nie!!!! Dit is mishandeling. Daar kan wragtig beskaafd opgetree word. Kry polisie by grensposte!!

Stormrider ·

Dit kos ‘n klomp geld en baie verduidelikings as ek as toeris ‘ n visa van korte duur vir oorsese bestemmings probeer bekom. Hierdie mense loop doodeenvoudig oor ons landsgrense in. Die regering is die oorsaak van die probleem in die eerste plek! Hulle word miskien nou gedeporteer, maar die oomblik wat toestande verbeter kom hulle weer terug, want hulle eie lande is in ‘n gemors.

colleen ·

Roei dit uit. Hoekom moet ons SAP lede selfbeheersd wees as mense afbreek, plunder en betoog? Dit is van selfbeheersing toepas dat die land in die gemors is.

Baardbek ·

Ek was gister toevallig daar gewees vir werk tydens die hele storie,polisie het gestaan om situasie dop te hou terwyl mense betoog,sing en dans en plastiek bottels en potte teen mekaar slaan,eers toe betogers polisie met oop 2liter bottels vol water begin gooi het die skok granate getrek,so 10m agter my,my onderbroek was gelukkig skoon na die twee harde plofgeluide,maar miskien moet die mense nie sulke goed aanvang voor hul kinders,na die granate geklap het en mense hardloop het een man vasgesteek en geskree F*** the police,dont run,dis juis oor hierdie houding dat hulle tuis land in die toestand is en hulle hier plek soek,stuur hulle terug,geen genade,my belasting voer al klaar kriminele terwyl armes honger ly,hoekom moet ek vir hulle ook sorg?

HESTER ·

Ek stem 100 % saam jou .Ons polisie moet terugstaan totdat hulle eers begin goed na ons polisie. Dan hulle kinders as buffers gebruik. Dan word net sekere gedeeltes gewys. Die mense wat so vinnig sê ;Polisie is geweldadig dis dalk nodig gewees! “Hierdie mense in onwettig hier en ons betaal soos swape vir dit Hkm? Laat hulle terug gaan die way wat hulle onwettig ingekom het!!!!Op eie stoom

siener ·

Met al die vlugtelinge wat miljoen beloop in SA word Eskom se krag net nog onder groter druk geplaas. Elke vlugteling wil ook ‘n liggie aansit en iets maak om te eet.

John ·

Waarom gehoorsaam die ma met haar baba nie die polisie se opdrag nie, maar sy gebruik juis die situasie om simpatie te wek. Die vrou kom al die pad met haar baba. Dit is onverantwoordelik. Mohammed? Interessant watter mense in beheer staan regoor die wèreld waar besetting ter sprake is. Ons polisie word lamgelé. Wat presies mag hulle nog doen? Is hands off, nou die reèl, tuis, in die strate en in die howe?

Spook ·

Dit is so John, ek sal as n ma nooit my kind aan dit blootstel nie

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek hoop nie dag as julle moet vlug word julle so behandel in die lande waarheen julle vlug nie? Dan wil ek die bekke hoor…..

Judge Dredd ·

Hoekom het hul gevlug?
Wat doen die VN om sake in hierdie mense se land van oorsprong te verbeter?
Hoekom word die lande wat hierdie mense huisves/nie wil huisves altyd blameer? – Maar nie die lande van oorsprong……

Christa ·

Hulle is toegelaat hier, die ANC mense Wil hul nie hier he. So die ANC Moet hulle wegstuur. Moet polisie Nou optree of nie. As polisie met handskoentjies Moet werk Kan hulle maar los. Die ANC soek die mense as dit stemtyd is maar Andersins word hulle verwilder.

Ansie ·

Dit ontstel my om te sien want mense skryf. Sies, hulle mense.

Hannah ·

Laat hulle dan maar voor jou werk en woonplek kom kamp. Elke aksie het ‘n reaksie.

koos ·

Het jy al gesien hoe daai tannies ekstra hard skreeu as hulle sien daar is n fotograaf wat fotos neem. So moenie dat dit jou teveel ontstel nie.

Grassie ·

Daar was niks verkeerd met die polisieoptrede nie. Die sg “vlugtelinge” moet liewers hulself beteuel en ophou om op ons land te parasiteer. Hulle kan teruggaan op dieselfde wyse wat hulle hier aangekom het.
Ek was onlangs in Australië. Heelwat Aussies het ‘n plakkaat op hul motors se agterruit gehad – ‘n kaart van Australië waarop geskryf staan “F..k off, wer’e full.” Ek voel dieselfde oor ons land,

koos ·

O magtag nee hier is te veel ‘MENSE REGTE’ jy sal in groot moeilikheid kom.

Koos de Meyer. ·

In die eerste plek wat soek hulle hier en hoe het hulle hier gekom. Elke keer hou hulle die kleintjies voor. Wat van die wat
Hier gebore is . Kyk hoeveel klein kinders is daar. Dis nie ons skuld dat hulle hier is nie. Geen simpatie.

JosiF ·

Ja nee hier steek die tipiese Saffa houding uit, blameer die buitelanders vir al SA se probleme. LOL

Frik ·

Skerp Josi, skerp. Selfs Afrikaners speel nou die “blame game”. Hoe laag kan ons nog daal?

KrokodilBotha ·

Polisie darem die keer hulle werk gedoen. Ons MRK is waar ?

Saartjie ·

Solank Suid Afrika oop grense het sal die mense instroom. Dis ‘n ope uitnodiging.

Kallie ·

Die stukkende grensdrade is inderdaad ‘n ope uitnodiging.

Blommie ·

Ek stem heeltemal saam met Grassie en Koos de Meyer se kommentaar!! Die arme SAPD mag ook niks meer doen nie, maar dit word van hulle verwag om wet en orde te handhaaf!!!!!

SjN ·

Outoppie, hul werksbeskrywing bestaan uit Monitor slegs die situasie.

Asmain ·

Kan ons as belasting betalende burgers ook n beroep op die “vlugtelinge” doen om hulle self te beteul, om my land se wette & omgewing te respekteer, om nie so n gemors te maak van die area waar hulle plak? Ek glo mie, so waarom moet die polisie hulle dan beteul. Bitter min van hierdie plakkers is werklike “vlugtelinge”.

tanya ·

Suid-Afrika is vol op van hulle. Gooi hulle uit SA. Geen nie om wie dit is of mag wees nie. Met mense wat nie in ons land gsbore is nie maak van ons land net n stuk stof

Snowflake ·

Pos hulle terug…. hiers genoeg drama met ons eie….. hoort inelke geval nie hier nie!!!

Hanna Hoekom ·

Die “vlugtelinge” wil blykbaar na Kanada of die UK geneem word. Wat n arrogante houding!? Sover my kennis strek, moet hulle in die naaste land sonder oorlog gehuisves word. Dit is mos soos asiel werk, dan nie? Wel, Mosambiek, Botswana, Namibie en Zimbabwe is jul opsies. Kry koers asb!

Kobus ·

In die era voor 1994 het onlusstokers kinders in die voorste linies geplaas sodat polisie nie kon optree nie en hier is dit dieselfde geval. Is dit ouerliefde of lafhartigheid? Kla die ouers aan vir molestering .

Lee ·

Uhmmmm….. mishandeling is meer in die kol as molestering in die geval.

CHAPPIES ·

Laat jy en ek, DIT durf waag, as wettige getroue belastingbetalers, om te gaan gratis “UITKAMP” voor die ambassades, dan KYK julle, WAT gebeur met ons…MENSEREGTE!! Dis omdat buurlande se mense meestal droogmaak, dat hulle op dun ys is… gaan terug, nes jul gekom het ONwettig, dis jul probleem

Anoniem ·

Stem saam gemaskerde Sopbeen ons weet almal hoe die polisie hulle mag ge bruik.

gerrie ·

Die polisie het net hul werk gedoen,as jy nie hoor nie moet ju voel,ek het geen simpatie vir hierdie gemors nie

Michael ·

As jy mooi kyk sien jy hul steur nie aan die polisie se opdragte nie hul doen dit doel bewis om aandag te trek van die pers om die lanfd in n swak lig te stel asook ons polisie. Wat soek hul hier en hoe kom hul hier of is hul met n doel gestuur om die land ook op te mors soos hul eie. Kry hul nie jammer as gebly het van waar hul gekom het dan het hul nie probleme gehad.

Regs! ·

Almal kla die polisie doen nie hulle werk nie maar wanneer hulle optree skree almal weer! Hierdie ‘mense’ hoort nie hier nie, so ook baie ander onwettige immigrante! Die polisie kan maar gerus nog meer hardhandig optree en van die parasiete ontslae raak!

HPV ·

Amnestie Internasionaal was baie weg tydens ons oorlog teen terroriste, nou raas hulle luidkeels. Ek stel voor stuur vliegtuie en kom haal al die onwettige sogenaamde asielsoekers. Ons sal julle help oplaai.

Johann cb ·

Hoekom moet buitelanders beskerm word? Ons eie mense het nie werk, kos of blyplek nie!

Sirkus ·

Hulle soek eintlik net kaartjies na ‘neerste wereld land, US of Europa. Dus gebruik hulle xenophobia wat al weer gekom en gegaan het as verskoning om uit hierdie land wat afdraende loop te ontsnap nes hulle gemaak het met hulle land van herkoms…

Hanna Hoekom ·

Die “vlugtelinge” wil blykbaar na Kanada of die UK geneem word. Wat n arrogante houding!? Sover my kennis strek, moet hulle in die naaste land sonder oorlog gehuisves word. Dit is mos soos asiel werk, dan nie? Wel, Mosambiek, Botswana, Namibie en Zimbabwe is jul opsies. Kry koers asb!

Piet ·

Gaan probeer jou gewig rondgooi in die Ooste en kyk wat gebeur.
Dié is, met enkele uitsonderings internasionale parasiete. Die wat besighede het vlieg onder SARS radar.

Kas ·

Botswana,Zambia en Nigerie se ekonomie is baie sterker as SA sin.Daar is nie vlugtelinge nie en daar het hulle respek vir die reg Hulle presidente is nie korrup nie en korrupte ministers word vervolg en vervang en word nie golden handshakes gegee nie.As jy moor in Botswana dan is dit goodnight goodbeye and God bless en weg is jy stilfontein toe en geen haan raak verder daaroor nie.Daar was miljoene blankes in Afrika en toe het dit goed gegaan.Hulle is uitgemoorr.Hoekom vlug hulle nou Europa en Suid Africa toe Die regerings kan nie regeer nie hulle kan nie somme maak nie maar kleintjies is daar miljoene want hulle het nie TV’s nie

Marius ·

Die S A mense blameer die buitelanders vir al die misdaad dit is asof die misdaad opgetel het vandat baie van hulle die land verlaat het(elkeen soek stuk van koek en wil dit nie met die res deel)

Fanie Meintjes ·

Hulle kos die belastingbetalers net geld, wil maak en breek soos hulle wil in ONS land en as hulle nie hulle sin kry nie wil hulle weer maak en breek soos hulle wil en ONS moet dit maar net aanvaar. Misdaad is ‘n probleem, juis weens die instroming van immigrante, wettig en onwettig. Hulle gebruik ons infrastruktuur gratis sonder om by te dra tot die staatskas waaruit hulle so mildelik ontvang. Dan kom ons by organisasies soos Amnestie Internasionaal en die menseregte organisasies. Hulle is deels die probleem want ALMAL het mos regte, in ons land het die krimineel se “regte” mos meer waarde as die slagoffers of selfs ons SAPS lede. Hulle skitter in hulle afwesigheid as onskuldige slagoffers benadeel word maar o weë, laat SAPS hulle werk doen om hierdie landsverraaiers aan te vat, dan word die hoofnuus. Dit was hierdie goed se keuse om uit hulle lande te vlug en op ons nekke te kom lê. Noudat hulle agterkom hierdie is nie die Utopia nie, nou wil hulle weer op iemand anders se nekke gaan lê. Laat Amnestie Internasionaal hulle dan nou maar op hulle koste stuur waar hulle graag wil wees. Ons land en belastingbetalers is al leeggetap weens korrupsie, wanbestuur en miljoene immigrante.

Kraaibakke ·

Partykeer moet mens maar hard wees ,you must be cruel to be kind ,of hoe ?

Nadine ·

Ek was n rukkie terug vasgevang ongelukkig terwyl mense so amok gemaak het, by die werk, dis verskriklik, die polisie doen hulle werk en ek wens meer mense wil dit respekteer, as jy onskuldige mense moet beskerm hoe stel jy voor moet hul dit doen? Mooi praat? Die kwaad doers kom nie om te praat, hul kom om te plunder, en ek stem met almal hier bo hul lande is so agv die gedrag en nou wil hul net he he he in ons land? Wat van ons mense? Ons land?

Stormrider ·

Almal in Afrika het gevlug na die Suide van Afrika. Ek sal saam vlug tot by Kaapstad. Ek weet ook nie waarheen ons daarna kan vlug nie.

Judge Dredd ·

Die polisie moet die betogers voor Amnestie Internasionaal se voordeur aflaai – dan sal ons sien hoe lank voordat hulle vra dat die polisie hulle weer moet “verwyder”…..

Onnie ·

Dan moet hulle nie betoog met ‘n kind onder die arm nie. Hulle stel hulle eie kinders se lewens in gevaar, maar die polisie moet hulself beteuel as hulle gekonfronteer word met geweldadige betogings. Tipies SA, die persoon wat “verkeerd” is her die meeste regte en word die vuurigste beskerm. Siek storie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.