Vlugtelinge van VN-kantoor in Pretoria verwyder

Vlugtelinge is deur polisiebeamptes verwyder wat onwettig voor die VN se kantoor in Brooklyn, Pretoria, uitgekamp het (Foto: Brenda Masilela/ANA)

Polisiebeamptes het Vrydag, ná talle waarskuwings, vlugtelinge verwyder wat onwettig die perseel van die Verenigde Nasies se hoëkommissariaat vir vlugtelinge (VNHKV) in Brooklyn, Pretoria, beset het.

Die vlugtelinge kamp al sedert 7 Oktober uit voor die gebou, maar het Donderdag die gebou bestorm deur oor mure en hekke te spring en hulself tuisgemaak in die gange en die parkeerterrein.

Dit volg ná die Pretoriase hooggeregshof Woensdag die uitlanders beveel het om die gebied binne drie dae te verlaat.

Die vlugtelinge het, in afwagting op die verwydering, op die perseel self geskuif en aangevoer hulle is nie meer op die sypaadjie nie, en die hofbevel is dus nie op hulle van toepassing nie. Hulle eis om na hul eie lande teruggestuur te word, uit vrees vir xenofobiese geweld in Suid-Afrika.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die Gautengse polisie, het gesê ʼn saak van betreding is by die Brooklyn-polisiestasie aanhangig gemaak. “Ons vermoed daar is meer as 500 vlugtelinge, maar ons sal die getal later bevestig. Daar was mans, vroue en kinders en ons moes planne maak om hulle van mekaar te skei toe ons die inhegtenisnemings gedoen het, weens die weerstand wat gebied is,” het Peters verduidelik.

Sy het gesê die polisie sal diegene wat onwettig in die land is, na hul land van oorsprong deporteer. “Diegene wat wettig in die land is, sal vervolg word.”

Die kinders en vroue is na ʼn afsonderlike plek geneem waar die departement van maatskaplike ontwikkeling hulle sal bystaan.

Muna Mireille van die Demokratiese Republiek van die Kongo, wat al 27 jaar lank in Suid-Afrika is, het gesê sy en haar kinders is tydens die klopjag van mekaar geskei. “Die beamptes het gekom en my en my kinders van mekaar geskei. Ek weet nie waar hulle is nie. Hulle het my net gegryp en gesê ek moet in die bus na my baba kyk, maar ek weet nie op watter bus om te kyk nie. Ek is nou baie verward. Ek weet nie of hierdie beamptes ons beskerm en of dit ʼn xenofobiese aanval is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Iemand ·

Kyk. Daar is mense wat regtig asiel moet soek en hopelik kan kry. Maar iemand wat al vor 27jaar in SA bly (wettig of onwettig) en nou verwag om n trip Kanada toe te kry op ons regering se onkostes…asseblief. Dis belaglik.

Niemand ·

Wel sy het sekerlik ten minste 10 wonderlike landsburgers bygedra in die 27 jaar.

Derek ·

sooo Jammer, vir jou tydelike ontsteldtenis, oor jou kinders wat nou nie, op dieselfde bus as jy is nie, Muna, maar julle was gewaarsku, om te ontruim…dis jammer dat julle as volwassenes, julle arme onskuldige kinders hierdeur gesit het…jy behoort na 27 jaar, nou regtig te weet, dis nie xenofobiese aanval, as die polisie julle begelei, in voertuie, (op ons belasting betalers se geld) na n ander plek, van veiligheid, waar jy weldra weer herenig, sal word met al jou kinders en baba’s..

John ·

Vlugtelinge? Hoekom word hulle so genoem of vlug hulle van die verantwoordelikheid weg om hul lande te help regruk en teen swak regerings te stem? Wat eintlik die feit is, is dat burgers bo in Afrika fanatiek werk aan die idee hulle elders skatryk sal word. Ouers dwing selfs hul kinders na die buiteland (of na SA) om geld te maak en huistoe te stuur. En as dit nie realiseer nie is die ‘droomland’ die boef in die verhaal.

Potjie ·

Ek wonder hoe lank gaan hulle nou bederf word met n dak oor hulle kop en n bord kos. Lekker alles verniet. Wie de joos sorg vir hulle…niemand anders as ons wat hard moet werk vir ons dak en bord kos. Lekker hier in SA.

HPV ·

Nou waarom op dees aarde laat die ANC hul eregaste so hardhandig verwyder?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.