Vlugtelinge voor VN-kantoor in Pta se dae getel

(Foto: Kimberly Mutandiro/ GroundUP)

Deur Kimberly Mutandiro, GroundUp

Spanning buite die kantoor van die Verenigde Nasies (VN) se hoëkommissariaat vir vlugtelinge (UNHRC) in Pretoria het vandeesweek hoog geloop toe polisiebeamptes vlugtelinge Woensdag van die perseel probeer verwyder het.

Die gesinne wil nie in Suid-Afrika óf die land van hul herkoms bly nie en kampeer al maande lank op die VN se perseel in Brooklyn in die hoop dat hulle na ʼn derde land gestuur sal word.

Die UNHRC sê egter dit gaan nie gebeur nie.

Die Pretoriase hooggeregshof het in Augustus verlede jaar al ʼn uitsettingsbevel toegestaan en dit sou aanvanklik Woensdag afgedwing word. Die uitsetting van die vlugtelinge is egter uitgestel.

Laura Padoan, woordvoerder van UNHRC in Pretoria, sê dit is nie in dié stadium duidelik wanneer die uitsetting gaan plaasvind nie, maar sy maak dit duidelik dat die proses “onvermydelik” gaan gebeur.

Sowat 33 gesinne het ongeveer ʼn jaar gelede na die VN se kantoor in die spogbuurt teruggekeer nadat hulle in 2019 maande lank op die perseel geplak en eindelik verwyder is. Die vroue is destyds na die Lindela-repatriasiesentrum geneem en die mans na die Kgosi Mampuru-korrektiewe sentrum.

Polisiebeamptes het Woensdag probeer om die vlugtelinge te oorreed om in voertuie te klim om hulle weer na Lindela te neem, maar hulle het volstrek geweier.

Die gesinne woon sedert hul terugkeer na die perseel in tydelike skuilings van plastiek en hout. Sommige bedel soms by verkeersligte in die omgewing.

Padoan sê die toestande buite die kantoor is onhigiënies en gevaarlik, veral vir die kinders wat daar moet woon. Volgens Padoan sal die vlugtelinge nou die opsie gegee word om óf vrywillig op te pak óf deur polisiebeamptes van die perseel verwyder te word.

Die vlugtelinge word aangemoedig om terug te keer na die plekke waar hulle voorheen in Suid-Afrika gewoon het. Hulle sal wel van tydelike verblyf by die Lindela-repatriasiesentrum voorsien word.

“Ons is in deurlopende gesprek met die betrokke owerhede, waaronder die Stad Tshwane, die departement van binnelandse sake, die departement van maatskaplike ontwikkeling, die polisie en prokureurs vir menseregte om ons kommer uit te spreek dat enige uitsettingsoptrede vreedsaam uitgevoer en gesinne menslik, met waardigheid en respek behandel word,” sê Padoan.

Therisa Walu, ʼn ma van vyf, oorspronklik van die Kongo, sê egter die lewe in Suid-Afrika word al hoe moeiliker vir haar gesin. Walu en haar gesin het in 2007 na Suid-Afrika verhuis met die hoop op ’n beter lewe. Haar man is egter in 2019 tydens xenofobiese aanvalle in Johannesburg vermoor en Walu het later daardie jaar besluit om haar by die groep vlugtelinge voor die VN se kantoor aan te sluit.

Die gesin se asieldokumente het lankal verval en binnelandse sake het dit nie hernu nie. Volgens Walu word hulle boonop deur amptenare van die UNHRC geïgnoreer.

“Om na die gemeenskap terug te keer is nie ter sprake nie. Hier is geen toekoms vir ons en ons kinders nie, want die land aanvaar ons nie. As dit nie binnelandse sake is nie, is dit xenofobie.”

Hoewel die toestande in die plastiek skuilings buite die VN-kantoor onaangenaam is, sê Walu, voel sy tog veilig daar.

“Wat ons vra is eenvoudig. Ons wil uit hierdie land geneem word omdat dinge nie werk nie.”

Maliya Mungu, vlugtelingwoordvoerder, sê byna geen van die vlugtelinge voor die VN se kantoor het geldige dokumente nie en hulle sukkel om toegang tot gesondheidsorg te kry.

“Die laaste keer toe ons in die hof was, het die regter ons gevra wat ons wil hê. Ons het vir hom gesê ons wil veilig wees en in vrede lewe, wat nie is wat ons in hierdie land kry nie,” verduidelik Mungu.

  • Hierdie berig is oorspronklik op GroundUp gepubliseer en word met vergunning hier gebruik.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

TruthDealer ·

Liewe elegante eland..net wanneer jy dink jy het alles gehoor. Mense, die lewe werk nie so nie! Julle wil nie hier wees nie, julle wil nie in julle eie land wees nie – en julle verwag ander mense moet sorg dat jul by n bestemming kom wat in julle smaak val. My oë rol nou so, ek kan skaars tik. Die vermetelheid!! My goodness maar julle leef in n droomwêreld!

Gertdup ·

Beste is gaan terug na julle land van herkoms.ons wil julle ook nie hier hê nie.

Windhond ·

Die publiek word met sagte handskoene hanteer – bring terug die ou wet en orde in die wereld, nie net in SA nie

George ·

Oja want om mense, kinders en vrouens hardhandig te hanteer het so goed gewerk. Dis juis daai generasie wat in stuur is van goed. Pathetic.

miche ·

As die Sharia wet in hierdie land gegeld het, sou daar waarskynlik baie minder misdadigheid gewees het.

Nici ·

Dis hartseer om te se maar baie mense in SA voel nie veilig hier en wil nie hier woon nie. Kan hul nie teruggestuur word waar hul vandaan kom nie?

Sandra ·

My liewe mensdom, as jy dan so ongelukkig is, pak jou tasse en vort, jy kan nie verwag dat jou vlugteling land jou moet vervoer na beter weivelde nie. Gee jou die pinkie en jy gryp die hele land (ag ek bedoel hand)

Pieter J ·

Hulle moes in die eerste plek nie toegelaat gewees het om oor die grens te kom nie. Gaan kyk hoe doen n land soos Pole dit. ń Goeie manier wat goeie resultate oplewer.

Cherokee ·

Die saak het twee kante.

Hulle is onwettig in ‘n land wat oorvloei is van mense uit Afrika, met klein persentasie belastingbetalers.

Die ander kant van die saak is dat ons ook miskien vlugtelinge kan word, soos hulle wat uit hul lande gevlug het. As dit gebeur dat ons oorsee in vlugtelinkampe gehuisves moet word, sal ons ook die hoon van die lokale belastingbetalers moet verduur.

george ·

Cherokee, ek weet darem nie. Dis eintlik n helse gemors. Wat ek kan aflei van die ander lande oorsee se benadering tot vlugeteling krisis… Ek dink nie ons gaan oorsese vlugtelinkampe haal nie. Die Europese Unie sowel as Engeland sal nie n kwota van 10 families uit Afrika aanvaar nie. Dis heeltemal duidelik. En dit maak my bang my maat. Waarnatoe vlug ons as die papaja die fan strike? Dit lyk my deesdae in Europa gee hulle nie meer n duiwel om of ons voorouers van daar af is nie. Dit lyk sleg..

Cherokee ·

George, wat jy sê is so reg. Absoluut soos jy sê. Daar is enkelinge wat ons goedgunstig is, selfs ‘n politieke party in Kalifornië wat voorgestel het dat blankes toegelaat moet word om uit Suid Afrika na Kalifornië te emigreer. Maar dit is enkelinge sonder werklike seggenskap. Ek skud ook my kop en wonder net soos jy George, wie vir ons gaan doen soos toe ons die Beitbrug oopgemaak het vir vlugtelinge uit Rhodesië.

Casper ·

Ongelukkig kan jy nie ‘n politieke asielaansoeker na sy land terug stuur nie weens,weens etniese botsing,politieke geweld,menseregte vergryp,vervolging van gelowe en baie ander redes,maar wat soek Sjienese,Pakistanies Nigeriers Bangladeshies en vele burgers van ander lande waar daar geen moeilikheid is nie hier.Ons het hulle nie gaan haal nie so hulle kan self teruggaan.

Casper ·

Meeste blankes is uit Afrika lande weggejaag en nou vlug dieselfde mense Europa toe.Kyk waar blankes in Afriks lande hertoegelaat is hoe voorspoedig gaan dit daar.Boere van Zimbabwe en Suid Afrika het ‘n heenkome gevind in Kongo,Mosambiek.Botswane en Malawi en dit gaan baie goed want hulle gee vir die mense daar werk en kos.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wie weet, dalk gaan ons wittes ook eendag êrens in die buiteland in dieselfde penarie wees. Is julle gereed?

george ·

As ons die buiteland sal haal. Ek le wakker party nagte. Ons is op die suid punt. Bitter ver van alles af. Waar gaan ons geholpe raak. Die oorsese eerstewereld lande aanvaar nie meer rerig vlugtelinge nie. Maak nie saak of jou familiestam daar begin het nie. Ek weet van baie mense wat al so die deur op n beter lewe geweier is, want Suid Afrikaners word eenvoudig geignoreer. . Die mense wat die wette maak hier loop hand om die blaas met Europa vir goud en diamante. en ons lewe solank in die hel.

Amelia ·

meeste van hulle gestem vir dit nou kom le hul hier op belastingbetaler se nekke

Cherokee ·

Amelia, selfde in Suid Afrika. Hulle stem vir wat hulle wil hê, en wanneer dit verkry word, dan wil hulle emigreer. Onverbeterlike voorbeeld is die kiesers wat ja gestem het in die referendum tydens die 90’s, en nou laaang trane huil. Nou word FW blammeer terwyl hulle hom aangehang het. Geen verskil.

Daizee ·

Kan ‘n mens op dié manier na énige land toe aange”pass” word?!!!! Waar kry ‘n mens inligting, want ek het self ‘n paar bestemmings in gedagte!!!!

Gert ·

Maliya Mungu, daar is sowat 50 miljoen ander Suid Afrikaners wat ook in vrede gelaat wil word en veilig lewe…………. Jy/ julle is nie spesiaal nie!

Marina ·

Kom ons raai: julle wil seker na n eerste wereld land geneem word? Soos daardie “vlugtelinge” wat die kerk in Kaapstad so verniel het ook gevra het om UK of Kanada toe te gaan. Ai, daardie moeder-van-vele verstaan nie so lekker hoe die stelsel werk nie!

Janice ·

Wees maar bietjie versigtig wat julle hierdie vlugtelinge toewens. Ons witmense sit self op die rand van die afgrond in SA en geen ander land wil ons ook he nie.

Lillian ·

Skoert! Gaan terug na waar julle vandaan kom, ons het genoeg probleme in ons land om nog met jul drama ook te moet deel.

Dandeleen ·

Hoeveel keer het ons daardie einste woorde gehoor? net iets om aan te dink.

PersHeks ·

Ek wonder of ek ook kan emigreer na ‘n ander land…miskien moet ek ook daar gaan sit en daarop aandring dat ek na ‘n land van my keuse wil verhuis…op ander se onkostes…met ‘n ou werkie en plekkie om in te bly…ooo jaaaa en ‘n paar rand “pocket money”!!!!
So van vermetelheid het ek lanklaas gesien!!! Hulle moes nie eers kans gekry het om voor die VN te plak nie…moes sommer dadelik uit die land uit gesmyt word!!

Amelia ·

Ek voel okok nie meer veilig hier nie en hiers te veel beurtkrag en te veel kriminele so ek wil ook als he
vliegkaartjie paspoort ens na n land van my keurse Hul wil net he en he en he laat hul nterug na eie lande en laat hul daar gehou word sal seker eers gebeur na verkiesing laat ons maar hoop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.