Vlugtende rower skiet glo Vrystaat-polisiebeampte

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiekonstabel van Bloemspruit in Bloemfontein is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn vermeende rower hom geskiet het.

“Die 35-jarige konstabel en sy kollegas het Donderdag in die vroeë oggendure in Kingsway naby die Waterfront Mall gery toe twee vroue hulle voorgekeer het,” het kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, Vrydag gesê. “Die twee vroue het om hulp geskree nadat ʼn onbekende man glo hul selfone gesteel het.”

Die konstabels het die man agternagesit en die verdagte gevolg tot waar hy in ʼn waterkanaal gespring het. “Een van die beamptes het kort daarna skote in die kanaal gehoor en ander eenhede ontbied vir ondersteuning,” het Marope bygevoeg. “Die konstabel is op die grond aangetref. Hy is in die maag geskiet.”

ʼn Ambulans is ontbied en hy is na Medi-Clinic geneem in ʼn ernstige toestand.

“Die verdagte is later gevind waar hy onder ʼn brug in Westburgerstraat in die middestad weggekruip het,” het Marope gesê. “Hy is ook in die maag en linkerskouer geskiet en was in ʼn kritieke toestand.”

Volgens Marope is dit nog nie duidelik wat presies gebeur het en wie die verdagte geskiet het nie. Hy is tans onder polisiebewaking in Pelonomi-hospitaal.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Christo ·

En dan sê die Minister in die Parlement misdaad is onder beheer. Beheer van wie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.