VN gaan in Noordwes ingryp

Job Mokgoro en Nardos Bekele-Thomas. Foto: Verskaf

Die kantoor van die nuwe premier van Noordwes, Job Mokgoro, het gesê ʼn tegniese span van die Verenigde Nasies (VN) word volgende week in die provinsie verwag in ʼn poging om die sukkelende provinsiale regering te help herstel.

Vuyisile Ngesi, Mokgoro se woordvoerder, het gesê die premier het Woensdag met Nardos Bekele-Thomas, die VN se inwonerskoördineerder in Suid-Afrika, in Pretoria vergader om maniere te bespreek hoe die VN en sy agentskappe in die land Noordwes kan bystaan om dié provinsie se probleme aan te pak.

Die nasionale regering het reeds die provinsie onder administrasie geplaas.

“Die VN het onderneem om die kundigheid van al sy agentskappe in Suid-Afrika in te span sodat doeltreffende ingrypings in werking gestel word wat tot ʼn volhoubare provinsiale administrasie kan lei,” het Ngesi gesê.

Ngesi het gesê die Noordwes-regering en die VN het op planne ooreengekom om die provinsie se administrasiestatus te herstel.

Die tegniese span word teen Maandag in Noordwes verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Nel ·

Dis ‘n absolute skande dat daar nou vanuit die buiteland ‘kundigheid’ ingebring moet word om die ANC se bas te probeer red. Wat van al die blanke kundigheid wat weens swart bemagtiging weggejaag is – hoekom hulle nie nader nie, dit sal die land en belastingbetaler beslis minder kos.

Arak ·

@Nel; ek stel 100% saam. Mag daar net “swart” kundiges op die VN span wees, want anders is regering ‘n spul rassiste. En natuurlik gaan die VN alles hier verniet kom doen… My vraag aan die regering is ook hoeveel blanke kundiges, wat nie landsburgers is nie, werk vir die regering in een of ander kapasiteit. Ek weet van ‘n hele aantal wat vir die tesourie werk, maar landsburgers wat baie meer kundig is kry nie die werk nie.

Die Verlore Skaap ·

Nel….jys absoluut reg !
Dis eintlik n goeie ding want nou kan die wereld sien hoe nutteloos en korrup die Anc is.

humor ·

Hoewel dit baie onaangename verleentheid vir die regering te wees kan dit dalk iets goed meebring deurdat hul oe oopgaan en mense besef dat daar in Trump se woorde groot waarheid steek.

santie ·

Veral as die VN se mense ‘n ou geldjie ook kan saambring om te betaal vir die regruk-slag. Want geld is daar nie in ons land om op te knap en weer op te bou dit wat oorgebly het nie.

Hennie ·

Totaal onnodig vir die VN om in te gryp terwyl hier baie regverdige en kundige mense in ons land is wat dit kan doen.

Terlooos ·

Niks sal regkom terwyl ‘n sosialistiese ideologie gedryf word (die mense is werklik verward). Die ANC plaas hulle eie party belange bo die van die gemeenskap en kry dit reg om propaganda en leuns te gebruik om hulle kiesers suksesvol te mislei. Dis ‘n hopelose situasie.

Johann cb ·

Teen watter koste gaan hierdie taak nou aangepak word? Die provinsie, nee die land, gaan gebuk onder groot finansiële druk! Die regerende party sal móét wakker skrik…

Mielie ·

Ek het altyd gedink ons het talent in ons land, maar klaarblyklik nie. Wat n skande om werkskepping plaaslik te skep. Dis juis nou die tyd om eenheid te skep en te erken dat daar foute gemaak was, mense die geleentheid te gee om uit te reik na mekaar. So tipies ANC, EFF.

H.A. ·

Die VN spring vinnig in by Noord-wes… Wat van die RASISTIESE AANVALLE TEEN WITTES wat nou hoelank al aangaan ? Wat van die BOERE wat aangeval en uitgemoor word ? Hoe nou AGRIFORUM EN V-FRONT ?

Paula ·

Hierdie situasies onstaan omdat mense in administratiewe poste aangestel sonder dat hulle die nodige kundigheid het. Geen kennis van boekhou of rekeningkunde nie. Net baantjies vir boeties met koppe wat so deurmekaar raak met al daai nulle. Is dit R60 of R 6000 of R6000000? N nulletjie ekstra hier of daar maak geen verskil nie.

Theresa B ·

Wys jou net dat hulle nie ‘n land kan regeer nie. Nou moet ander lande kom “opleiding” gee. Dis ‘n skande man.

Potties ·

Dis reg dat die VN kom en dinge reg maak as hul klaar is kan hul vir hul mense tuis vertel wat aan gaan in die land ………

Arno ·

Net nog ‘n stukkie van die legkaart wat bewys dat SA maar net ‘n eksperiment van die nuwe wêreld orde is.

Mitch ·

Slim kommentaar Arno, met die vn hulp kan die nuwe orde ingelyf word in noord wes, wat stelselmatig vatplek sal kry in die groter regering, en die landsburgers gaan opgewonde raak omdat dinge oeenskynlik beter loop in munisipaliteite, maar dink bietjie verder wat n vn regering vir die afrikaner beteken. Dit bly rhodes se engelse.

Joshua ·

Lig asb die VN in dat die ANC se rassistiese BEE wette en beleid die werklike rede is vir hierdie gemors waarin die NW hulself in bevind en dat hierdie einste rassistiese regering weier om wit gekwalifiseerde Suid Afrikaners wat hierdie probleme kan oplosaan te stel en hulle wat die VN is nie eintlik nodig is om te help nie MITS BEE afgeskaf word.

Zumie ·

Hulle kan soveel “buitelandse tegniese spanne” kry as wat hulle wil…. dit gaan niks help solank dit elke nuweSA politikus se droom is om die gemeenskaplike geldkis te plunder nie… (soveel makliker as om vir jou geld te werk , nie waar nie). Kernprobleem is dieftige gesindheid…nie kennis nie ….kennis kan mens kry as jy wil.

Stef PApendorf ·

Die probleem is dat jy groot hoeveelhede Kapitalistiese kapitaal nodig het om Sosialisme te befonds. Die goue hoendertjie is besig om te sterf en daar le die doring.

marous ·

Bwahahhaha ! Die grootste erkenning dat sy eie regering te onbevoeg is om iets te doen !

John ·

…. hier dreig ‘n noodtoestand. Die prez gebruik die kans om hulp te kry en dit gaan meer word…

HPV ·

Die land is lankal in ‘n noodtoestand vasgevang. Die volgende sal waarskynlik ‘n volle vredesmag wees soos in ander derdewêrelde.

Nikita ·

As…as die Krygswet afgekondig word dan word die Grondwet en alle ander wetgewing tydelik opgeskort en die land deur die weermag regeer. Artikel 37 vd Grondwet. Net vir noodtoestand en moet toestemming van parlement kry. Die grondwethof moet die verklaring goedkeur. Weet nie of dit so ver sal gaan nie.

Boeta ·

Hoekom word dit so still gehou in hoofstroom media? Hule moet mos trots wees met hulle mislukking ……hahaha ….piesang regering

Hennie ·

Hallo.. iets meer sinister skuil hier agter.. deel van n goed voorbereide plan om die VN langsamerhand te wettig om in die land te wees en beheer te bekom.. Watter duiwel hou jy die meeste van? Al is hulle voertuie wit… Hulle harte is nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.