VN gevra om rasseuitsprake in SA te ondersoek

dirk-hermann

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Foto: Reint Dykema

Solidariteit gaan in die komende week ʼn vroeëwaarskuwingsklag by die Verenigde Nasies se Komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) in Genève, Switserland, indien.

Die klag fokus op die moontlike gevolge wat rasseuitsprake en haatspraak teen minderhede kan inhou. Daar word veral gefokus op die gebrekkige optrede van die regering en instellings soos die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK). Die Solidariteit-klag word ingevolge die prosedure wat voorsiening maak vir vroeë waarskuwing en dringende optrede ingedien.

Solidariteit versoek in sy massaklag dat CERD ʼn formele ondersoek loods deur inligting van organisasies soos die SAMRK asook die regering aan te vra en ʼn afvaardiging na Suid-Afrika te stuur om die situasie op grondvlak te ondersoek. Indien CERD saamstem oor die substansie van Solidariteit se klag, kan die komitee aanbevelings aan die regering maak en/of die saak na die Veiligheidsraad van die VN verwys.

Solidariteit se klag volg op die sukses wat Solidariteit verlede jaar by CERD behaal het met sy klag oor kwotas in die werkplek en in sport. Na aanleiding daarvan het CERD onder meer die staat versoek om verslag te doen oor sy beleid en praktyke en kritiek uitgespreek oor Suid-Afrika se huidige stelsel wat aan apartheidklassifikasie herinner. Die komitee was ook van mening dat Suid-Afrika se stelsel van kwotas te rigied is.

Afgesien van die indiening van die klag by CERD gaan Solidariteit in die komende week ook klagte oor die selektiewe hantering van rassisme in Suid-Afrika by die parlement, die SAMRK, die Internasionale Menseregtekommissie en die Internasionale Arbeidsorganisasie indien.

Solidariteit gaan ook die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie vra om ʼn afvaardiging na Suid-Afrika te stuur om Solidariteit se klag te ondersoek. In die klag wat aan die VN se Menseregtekommissie voorgelê word, word ook versoek dat die staat verdere inligting moet verskaf en dat Solidariteit die geleentheid kry om voorleggings aan die VN-kommissie te maak.

“Ons doel daarmee is om weer objektiwiteit oor ras in Suid-Afrika te bewerkstellig. Die subjektiewe hantering van ras het sistemies geraak en die sisteem regverdig dit. Omdat dit sistemies geword het, sal dit goed wees as ʼn waghond van buite ʼn verandering fasiliteer,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Sowat 405 000 Suid-Afrikaners het ʼn petisie onderteken waarin hulle Solidariteit se klag steun. Die klag spruit voort uit ʼn Solidariteit-verslag en -konferensie wat die verskynsel van selektiewe rassisme ondersoek en ontleed het.

‘Rassisme word selektief hanteer’

Volgens Solidariteit het sy ondersoek duidelik aan die lig gebring dat die voorkoms van rassisme in Suid-Afrika op ʼn selektiewe manier hanteer word.

CERD lê veral klem op die belangrikheid daarvan dat die staat moet ingryp as verkose of ander staatsamptenare hulle skuldig maak aan rasseuitsprake en haatspraak. Die doel is veral om minderhede teen opsweping deur die meerderheid te beskerm.

‘n Afvaardiging van Solidariteit by die Verenigde Nasies in Genève, Switzerland (Augustus 2016). Foto: Solidariteit

Solidariteit se klag, wat die vorm van ʼn massaklag aanneem, fokus veral op uitsprake en/of optrede van mense wat oor vertikale invloed beskik; dit wil sê mense met gesag. Volgens Solidariteit is Suid-Afrika baie verdraagsaam teenoor rasse-uitsprake wat deur Suid-Afrikaners in gesagsposisies gemaak word, maar totaal onverdraagsaam teenoor die rasse-uitsprake wat gewone wit Suid-Afrikaners, wat oor geen gesag beskik nie, maak.

In ʼn ontleding oor die verskynsel wys Solidariteit onder meer daarop dat die eiendomsagent Penny Sparrow se uitsprake oor swart Suid-Afrikaners 4 501 mediatrefslae gehad het, terwyl Julius Malema se uitsprake dat wit Suid-Afrikaners nie nou geslag moet word nie en dat hul vrede versteur moet word, slegs 163 trefslae gehad het.

Solidariteit toon in sy klag aan hoe ook die SAMRK rassisme selektief hanteer. So byvoorbeeld het die SAMRK nog geen hoëprofiel- swart Suid-Afrikaner, soos Julius Malema, pres. Jacob Zuma, Lulu Xingwane of enige ander ondersoek nie, maar gewone wit Suid-Afrikaners soos Penny Sparrow, Chris Hart en Justin van Vuuren is almal uit eie inisiatief deur die MRK ondersoek.

“Ons mag mos nie maak of dit reg is as Jacob Zuma sê alle probleme het begin toe Jan van Riebeeck hier aangekom het en dit gebruik om regverdiging te vind om alle probleme, selfs optogte teen Zuma, aan wit mense toe te skryf nie. Ons mag nie stilbly as Julius Malema sê sy doel is om wit mense se vrede te versteur en wit mense moet besef dat hulle net besoekers hier is nie. Dit is xenofobiese taal. Ons mag nie toelaat dat ʼn wiskunde-onderwyser, Tlou Molele, sê wit is ʼn genetiese fout nie en ons mag nie toelaat dat die talle ander voorbeelde wat in ons klag en verslag vervat word, geïgnoreer word nie,” het Hermann gesê.

“Een ding wat erger is as die uitsprake is om daaroor stil te bly en te hoop dat dit, en die gevolge daarvan, gaan verdwyn. Ons mag nie toelaat dat enige groep in Suid-Afrika as ongewens beskou, gekriminaliseer of ontmens word nie. Die tyd het aangebreek dat die internasionale waghonde vroeg reeds gewaarsku word oor die voorkoms en die moontlike gevolge van sulke uitsprake.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johann Marx ·

Hahahahaha…..rassisme. Dit bestaan nie op papier nie….net in jou hart. As jy my nie glo nie….vat ‘n blaai en skryf AL die “rassistiese eufemismes” vir blankes neer. Dan skryf jy AL die “rassistiese eufemismes” vir Indiërs neer. Doen dieselfde met byvoorbeeld Chinese…..Jy behoort nou so 20 woorde te hê…..en dan doen jy dieselfde met Afrikane…..en jy sal baie vining NOG ‘n blaai moet gaan kry. Dit help nie om mense te oortuig om hulle “woorde” versigtig te kies……as hulle harte nie verander het nie.

What a joke! ·

Jy mis die punt Johann marx!
Almal loop met rassisme in ons rond dis hoe jy jouself gedra en dan die punt van of een daarmee wegkom en die ander nie!
Nogmaals dankie Solidariteit en Afriforum jul probeer teminste…

Dankie ·

Dankie wat julle doen. Gee hulle gas! Dit kanie toegelaat word nie! Baie sterkte.

Blits ·

Go for it, ek ondersteun solidariteit 100%, wonne wie het vir hulle gese dat swart mense eerste in SA was

Afrikaanse Knaap ·

Dankie manne. Ons Afrikaner boys moet maar oppas. Hierdie is ‘n positiewe stap.

Ken2 ·

Plaas dit wat op die “kind” van coligny se begrafnis nou gesê word, hulle probeer nou hulle bes om oorlog teen ons te maak. Kla daardie aan vir aanmoediging van volkslgtng.

lw ·

Van die wit rassistiese uitsprake (soos om vakansiegangers na ape te verwys) is nie naastenby so erg soos die rassistiese uitsprake van swart teen wit nie. Dit is haat gemeng met rassisme en hul kom eenvoudig niks oor nie. Om moord en marteling, verkragting aan te hits en te sê ons is euwel nie. Dat God nie die swartes moet straf om die wittes by te kom met die droogte in Wes-Kaap. Om ons lewend te begrawe. Of om ons wegneemetes en reataurantkos met onlasting of menstruele bloed of spoeg te dokter nie.
Dankie Solidariteit en Afriforum vir jul deursettingsvermoë om hierdie euwel aan te spreek.

AL ·

Dan praat ons nie eens van die beskuldigings van grond wat ons gesteel het (terwyl ons hard gewerk het om lenings te bekom) – nie die voorreg het van RDP huise nie.
Wit monopolie kapitaal wat slegs n klein groepie het, wat dieselfde vergelyk met swart monopolie kapitaal.

Ken2 ·

Ons mede landsburgers moet meer herinner word dat die koisan eerste hier was en dat die nguni en sotho groepe hulle land gesteel het.

Aneja ·

Ewolusie geloof kry 99% die skuld vir al die dwaalleer. Dink net as the cradle of humankind werklik die begin van die mens was dan behoort afrika aan die hele wêreld, word wakker hele wêreld en kom eis julle stukkie van SA. Aai die ongeloof oor ons Bybel tog. Voeg by al die verdraaide geskiedenis. Dan word ‘n kopbeen nog gesoen want nou weet ons meer oor waar die mens vandaan kom. Dan wonder ons hoekom lyk die wêreld soos hy nou lyk.

marous ·

Die regering hits die haat aan , elke dag , en lag openlik vir die VN en Internasionale Strafhof. Geen blou beret gaan hulle daarvan laat afsien nie.

John ·

?.. ja, maar wie gaan blou pette dra hierheen…? Dit is wel goed om klagtes te le, maar die Westerse lande in die besonder moet goed ingelig word oor wat aan die gebeur ook tov van uitsprake oor radikale aksies en die totale prentjie… Telkens word die wittes as monsters voorgestel en swartes as die erg verontregtes met oorle-Mandela steeds as die vrome fakkeldraer… Die VO se samestelling en ideologie is nou erger as voor 1994. Maar dis goed om die beuels te blaas wanneer swaar weer opsteek.

Ou Roeping Erdvark ·

Geagte dr. Hermann, elke Suid-Afrikaanse burger moet die ROEPING nastreef om reg en geregtigheid in Suid-Afrika na te streef: “Die goue reël van naasteliefde: doen aan andere wat jy verlang hulle ook aan jou moet doen”.

Dit is uiters belangrik dat die buiteland deeglik kennis neem van die ongeregtighede wat in Suid-Afrika plaasvind onder die vaendel van “majority rule”. Sterkte met die stryd om reg en geregtigheid, ook vir die minderheidsgroepe.

Johann ·

As dit nie werk nie moet hulle die VN nader om dit makliker to maak vir wittes om die land te verlaat as vlugtelinge

Jeannie Krusche ·

Waarheen vlug ‘n mens? Daar is probleme oral in die wereld. Die mens kan nie oor die mens regeer nie. Maranatha! Kom gou Jesus.

Pietie ·

“HULLE” en “ONS”. Dis waar die probleem lê in die land en ek weet nie hoe daai koppe geswaai gaan word nie.

snoefie ·

ongelukke van die saak is dat die politisie en leiers in ons land die “ons en hulle” propaganda lewendig hou. hulle bly pik en karring. by alle staatsinstellings word “hulle” bo ons bevoordeel. hulle kry gratis krag. kyk maar op jou bank app die “claim free basic electricity” en probeer claim. dan vra jy vir Sipho wat gebeur as hy dit doen. om maar een voorbeeld te noem. so wie hou dit hulle en ons?

Pietie ·

Ek het vir jare hierdie basic free electricity gekry toe ek nog in ‘n woonstel gebly het. As jy minder as ‘n sekere vlak gebruik, kwalifiseer jy vir die 50kw h maandeliks. Alles meer as dit moet jy voor betaal. 50kwh is eintlik peanuts.

SARIE VAN HEERDEN ·

Om rassisme met die gereg te bekamp is wensdenkery. In ons land mag jy nou ook nie meer onderskeid tref tussen wit en swart nie. Ons is nou almal Suid-Afrikaners. Ek is WIT en is dit die swartes wat teen die onderskeid beswaar maak. Wat van die African American. Hy is in die VSA gebore en hy is dus seker maar net ‘n American maar nou ry hy op die rug van daar waarvan sy voorouers der jare vandaan gekom het. Ek is WIT en trots daarop en noem my asseblief liewer wit as net suiwer Suid Afrikaner. Of nog erger: ‘n Afrikaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.