VN hoor ‘met aandag’ voorleggings oor plaasmoorde

verenigde-nasiesDrie organisasies het dié week voorstelle oor plaasmoorde by die Verenigde Nasies (VN) se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switzerland, voorgelê.

Henk van de Graaf, assistenthoofbestuurder van TLU SA, het in sy voorlegging gesê om ʼn boer in Suid-Afrika te wees, is moontlik die gevaarlikste beroep ter wêreld met 133 boere per 100 000 wat vermoor word. “Ons beskou dit as ʼn vorm van terrorisme soos wat in Frankryk en ander dele van die wêreld ervaar word.”

Van de Graaf het ook na grondhervorming verwys en gesê regeringsbeamptes en lede van die meerderheid in Suid-Afrika maak gereeld “histories ongegronde beskuldigings” teen Afrikaner-boere dat laasgenoemde hul grond gesteel het. Volgens Van de Graaf word misdade, veral plaasmoorde, nie behoorlik deur die polisie ondersoek nie en word verdagtes wat vasgetrek word dikwels deur die howe vrygelaat weens swak ondersoeke.

Die Vryheidsfront Plus het ook Dinsdag voorstelle voorgelê en volgens die party het die Suid-Afrikaanse missie by die VN hulle probeer keer, maar ʼn bloutjie geloop toe die VSA ingegryp en aanbeveel het dat die voorlegging gelewer moet word.

Volgens André Fourie, voorsiter van die VF Plus se komitee oor internasionale verhoudinge en raadslid vir die Stad Kaapstad wat die voorlegging gedoen het, het dié poging van die missie net die teenoorgestelde uitwerking gehad.

“Amerika het tewens aanbeveel dat die voorlegging ‘onmiddellik’ gelewer word en lidlande het daarna met groter aandag geluister na die VF Plus se voorlegging. Die gebeure maak dit duidelik dat die wêreld nou lank genoeg na die verskonings van apartheid en rassisme geluister het wat die ANC aanbied om hul mislukkings mee te verdedig.”

AfriForum se adjunk- uitvoerende hoof, Ernst Roets, het Woensdag tydens dié organisasie se voorlegging ʼn striemende aanval op die Suid-Afrikaanse regering se inset tydens die konferensie geloods. “Die Suid-Afrikaanse regering het verklaar dat dié mense wat vra dat plaasmoorde geprioritiseer moet word, dit doen omdat hulle ’n rassistiese agenda het en omdat hulle apartheid-simpatiseerders is.”

Roets het tydens die konferensie gesê dat die Suid-Afrikaanse regering se opmerking uiters beledigend teenoor minderheidsgemeenskappe is en ’n aanval is op die menswaardigheid van plaasmoordslagoffers. Hy het ook die inkonsekwente optrede van die Suid-Afrikaanse regering uitgewys. “Die regering is vinnig om aan te voer dat dit nie sin maak om plaasmoorde te prioritiseer nie, aangesien dit deel van ’n breër kategorie van misdaad is. In Suid-Afrika is dit dubbel so gevaarlik om ’n boer eerder as ’n polisieman te wees. Wanneer daar egter oor plaasmoorde gepraat word, is die reaksie skielik dat dit nie sin maak om dit te prioritiseer nie,” het Roets gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

TM ·

Ek hoop van harte hierdie werp vrugte af. Dit is hoog tyd dat die wêreld begin kennis neem van wat aangaan.

Piet Pompies ·

Dit is ‘n mylpaal as die saak by die VN aangehoor is, RSA is lid daarvan. As die regering nie nou iets drasties omtrent die plaasmoorde doen, kan die minister van wet en orde in sy eie hoedanigheid vervolg word al vir die periode wat hy aan die stuur was. So die manne wat nou soustrein ry kan op sy oudag in die tronk gaan sit vir gruwel dade van die verlede.

David ·

Ironies genoeg het genl Smuts van Suid Afrika die VN help stig

Hennie ·

Fantasties! Julle het julle puik van jul taak gekwyt! Hopelik kan die wereld nou deeglik deur die cANCer sien!

Loeis ·

Uitstekende werk aan TLU SA, VF+ en Afriforum. Julle maak ‘n verskil meer as enigiemand anders!

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Baie mooi a stap in die regte rigting wag al lank hiervoor

Muller ·

Absoluut Wonderlik!!
Baie baie dankie, nou moet die wereld net beginne regop sit en beginne raak sien wat nou eintlik in Suid Afrika gebeur. Hoop iets daadwerkliks sal nou gebeur en dat die mense wat aan die stuur is vervolg sal word. Ons het nou net mooi GENOEG gehad! En die vermetelheid om nogal die Vryheidsfront Plus te prober keer, hello . . julle is nie nou in die regering waar julle kan maak en breek nes julle wil en almal moet op aandag spring as julle net julle vingertjies klap nie.
Ai hoe lekker smile ek nou!

Bruno Stef ·

As ek na sommige kommentare kyk en lees dan kom ek agter hoekom Oupa my kleintyd vertel het van Boere wat op die stoep koffie gedrink en pypgerook het terwyl die Kommando daar verby getrek het.Diesulkes se plase en diere het ook die verwoesting vrygespring in die ABO.wat moet n mens doen en se om mense aan te spoor tot eenheid in die stryd vir die voortbestaan van die Afrikanervolk ?

Nick ·

The Government are in denial of the scale of these farm murders. let outside observers into the country to find the facts.

Gerhard Erasmus ·

Dankie dat julle gaan hulp soek.

Vertrou dat dit ons op wereld kaart as n land wat n rassistiese regering het wat uiters onbekwaam is om wetlik te regeer te plaas.

André ·

Dit is hoekom ek ‘n maandelikse bydrae maak en vir die REGTE politieke party stem!!!

Wessel Cronje ·

Ek het nie veel vertroue in die VN dat daar iets hiervan sal kom nie, maar nogtans is ek bly dat daar wel baie moeite gedoen word om ons boere se lot te verlig. Dis die eerste stap in die regte rigting deurdat alle moontlike kanale gevolg word. Baie dankie aan al die verteenwoordigers.

Pierre ·

Ek is baie bly hulle het die voorlegging gemaak en dat die mense in die VN geluister het.

Maar, ek stem saam Wessel, daar sal nie veel van die VN self se kant kom nie – in my opinie is die VN deesdae ‘n grootliks impotente organisasie.

Maar, wat vir my baie goed is, is dat die lidlande van die VN geluister het.
Hierdie sal definitief die lidlande van die VN (die VSA byvoordbeeld) meer bewus maak van die boere se lot, nou weet hulle dat alles nie maanskyn en rose is in die “Rainbow nation” nie.
Ek kan nie sê waarnatoe hierdie bewustheid sal lei nie, maar dit is verseker ‘n goeie begin.

Johan 2 ·

Dit raak so baie van ons, dankie vir wat jul aanpak namens my!

Ek ·

Kan enige iemand asb vir my se wat Malema kwyt geraak het by Oxford oor “wit heerskappy” asb?? Hy het ons seker nou weer mooi gaan loop en beswadder!

Sune van Heerden ·

Dagsê Ek

Let asseblief daarop dat kommentaar soms per hand goedgekeur moet word en dit neem soms ‘n wyle voor die kommentaar op die webwerf verskyn.
Jou kommentaar is nou goedgekeur.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Ben ·

“Hoop” is edel en prysenswaardig, maar daar moet darem ‘n titseltjie kans wees dat die korrekte aksie geneem sal word. In my opinie is daar egter min kans dat geregtigheid sal geskied in ‘n land waar daar net ore is vir korrupte persone met geen beginsels is, wat hul eie sakke konstant volprop en nie eers vir hul eie mense ‘n gevoel het nie. Moet ook nie op die VN staatmaak nie. Meeste weet nie eers waar Suid Afrika is nie, glo my gerus.

Johan van Schalkwyk ·

Wat is die uiteinde van die voorlegging? Watse uitkoms verwag ons?

Pierre ·

“Naughty Zuma, naughty. You should not have your people murder whites. Go stand in the corner. “….is realisties die uitkoms wat ek verwag….

Wel, dit is nou in ‘n ideale wêreld, ek dink nie eers ons sal dit kry nie. Die westerse wêreld, veral Europa, is bankrot en grotendeels moreel korrup. En meer belangrik, hulle het nie meer rugraat nie. Hulle het hulle hande vol met al die Moslem terroriste…ek bedoel “vlugtelinge”….Hulle is almal kniediep in die skuld en pretty much op die rand van die volgende groot resessie.

Selfs al is daar sanksies, en internasionale druk sal ek geld daarop sit dat Zuma en kie die blankes en apartheid sal blameer vir die situasie.

En sanksie en internasionale druk sover ek weet stop steeds nie ‘n koeël nie.

Leendert van Oostrum ·

Daar gaan nie binnekort resultate op hierdie voorleggings wees nie. Hierdie sake neem jare om tot aksie te lei.

Wat die voorlegging wel doen, is om op rekord te plaas dat (ten minste sekere) Afrikaners alle wettige middele aangewend het om geregtigheid te verkry.

Dit kan op die ou einde die belangrikste effek hiervan wees. En dit kan baie belangrik wees om buitelandse steun te kry as dinge regtig uitmekaar val.

Henry ·

Eerstens.
Baie dankie aan AL die betrokke partye. Julle maak ons baie trots!!!

Tweedens.
Ons moet tog nie nou verwag dat daar ‘n stortvloed ondersteuning vanuit VN geledere, of die lidlande sal kom nie. Sien hierdie poging as deel van ‘n proses wat op verskillende fronte en op verskeie geleenthede herhaal moet word.
Om ons saak in die algemeen en die boere se saak in besonder onder die wêreld se aandag te bring en te hou, vereis tyd., toewyding, deursettingsvermoë, vasbyt en ons finansiële ondersteuning.

Derdens
Dat die siele wat hulself as ‘diplomate’ by die SA Missie voordoen se holrug aanvalle onder groot druk geplaas word, word deur hul belaglike optredes bevestig.

Henry ·

Jammer. Die afwesigheid van ‘n redigeringsfunksie en my oorhaastigheid is nie ‘n goeie kombinasie nie.

Derdens
Dat die siele wat hulself as ‘diplomate’ by die SA Missie voordoen, onder groot druk geplaas is, ly geen twyfel nie. Die holrug geryde en rassistiese aanvalle bevestig dat hulle en hul meesters in Pretoria nie die situasie kan hanteer nie.
Kap hulle!!!

Johannes Meintjes ·

Daarshy – nou kan die blanke Afrikaner en boere weer heerlik agteoorsit en wag vir …. wat? Die tyd is ryp om, teen die agtergrond en bewusmakings nou reeds herhaaldelik nasionaal en internasionaal baie duidelik gestel, prioriteite en selfbestuuraksies volhoubaar in SA in plek te bring. Ons sal dit self en baie gefokus asook dringend-toegewyd moet doen.

Tom ·

Ek stem saam met mnr Meintjes,omdat dit nou voorgelê is wat die setuasie hier is,moet ons
nou begin eis vir ons gebiede vir selfbeskiking

Andre Badenhorst ·

Die ANC is stappie vir stappie besig om die morele hoëgrond te verloor wat hy met die propaganda-oorwinning van die “misdaad teen die mensdom”-faam gevestig het. Die lang proses maak nie saak nie. Dít gaan hulle ry elke keer as hulle groter inspraak eis tot die Veiligheidsraad. Die kierankies braai uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.