VN hoor oor ‘vertrapping’ van minderheidsregte in SA

Argieffoto

Argieffoto

Adv. Anton Alberts, Die VF Plus se voorsitter, het Vrydag die menseregtekommissie van die Verenigde Nasies (VN) se forum oor minderheidsregte toegespreek oor die situasie rakende regeringsvergrype teen minderheidsregte in Suid-Afrika.

Alberts het breedvoerig uitgespel hoe wetgewing onder die dekmantel van “transformasie” misbruik word om minderhede soos die Afrikaner en die KhoiSan se regte weg te kalwe en nuwe ongelykhede te skep.

Hy het ʼn beroep op die VN se sekretaris-generaal gedoen om ʼn volledige ondersoek na die aangeleentheid te gelas en om druk op die ANC-regering te plaas om die regte van minderhede in die land te eerbiedig.

Alberts het die volgende indrukke oor die dag se verrigtinge gedeel:

  • Talle minderhede van regoor die wêreld in verskillende grade van onderdrukking en staatloosheid was teenwoordig. Daar was ʼn sterk verteenwoordiging van minderhede uit die Midde-Ooste waar talle konflikte tans woed.

Verbasend was dat talle minderhede in selfs Europa meer outonomie opeis, soos die Savoye van Frankryk wat hulself nie as Franse beskou nie. Ook Hongare in Roemenië, Roma-minderhede versprei regoor Europa, die inwoners van Triëste in Italië, en die Veneti van Italië (van Venesië).

Chinese minderhede en talle mense in Oosterse lande het hul stemme dik gemaak en dit was skrikwekkend om aan te hoor hoe hul regte misken word. So ook die Koerde, die Yazidi in Irak en die Siriërs.

Daar was verdere voorleggings oor konsentrasiekampe, marteling, verkragting, vroue wat as slawe verkoop word, teregstellings, kindermishandeling en volksmoord. Die Koerde het ook gekla oor hul moeilike posisie in die Midde-Ooste.

  • In talle voordragte het verskeie state se verteenwoordigers die sprekers probeer onderbreek om beswaar aan te teken teen die promovering van enige vorm van die versplintering van die betrokke staat waarin die minderhede hulle bevind en selfs ook waar minderhede verskillende vorme van vervolging teen die state genoem het.

Die promovering van afstigting kom gewoonlik voor by minderhede wat onder geweldige onderdrukking is. State soos Suid-Afrika, Iran, Irak, Pakistan, Egipte, Saoedi-Arabië, China, Indonesië, Venezuela, Bolivië, Rusland en Kuba het gereeld die sprekers in die rede geval en onderbreek. Hul argument was óf dat onwaarhede verkondig word, óf dat die sprekers die versplintering van die state kan veroorsaak deur afstigting.

Interessant genoeg was state soos die VSA, Kanada, Oostenryk, Ierland en Swede gekant teen die onderbrekings en het dit duidelik gestel dat minderhede se verteenwoordigers die geleentheid gegun moet word om hulself uit te druk omdat die state wel kans sou kry om daarop te reageer.

In hierdie verband moet veral die VSA uitgesonder word wat telkens die morele leierskap in dié verband geneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Lance ·

Ag en so what …wat gaan die VN nogal kan doen as die spul nie eers gehoorsaam kan wees aan n internasional hof se bevel ….ek glo nie hier gaan enigsins iets van kom nie

MH ·

Lance, Al gaan daar niks van kom nie beteken dit nie ons moet almal op ons agterente sit en kritiseer nie. Ek het ten minste waardering vir elkeen wat sy moue oprol en iets probeer doen, hoe gering ookal.

Pieterdp ·

Lance.

Dis deur mense wat dink en rudineur soos jy wat maak dat ons is wat ons is. Kom en sit skouer aan die wiel wand as ons saam staan kan ons baie vermag en die ANC rugering hel gee dag vir dag.

Maria Van Dieweeck ·

Dankie. Dis reg, ontmasker die anc ‘engeltjies’, laat die wereld sien waaraan hul ons help uitlewer het.

jaco ·

toe n klein groepe verregse blankes in die laat 1970’s reeds besef het dat die NP se hervormings uiteindelik tot blanke oorgawe sou lei, het hulle begin praat van die skep van n blanke volkstaat op n klein gedeelte van SA, waar die blankes eenkant kon wees en die res van SA dan kon doen wat hulle wou. Bitter min mense het die volkstaatgedagte gesteun. Die NP het gesê dis rassisme en die regse Konserwatiewe Party het gesê “dit kan nie werk nie”. Het ons maar in ons massas toe al die volkstaatidee gesteun, toe al een gestig en toe al soontoe verhuis, dan het ons nie vandag in n gemors gesit nie. So moenie net die NP en al die ja-stemmers van 1992 blameer vir vandag se nonsens nie. Die Konserwatiewe Party is net so skuldig…

Jan Visagie ·

Die wit mense wou nie in ‘n volkstaat woon nie want die ryk boere wil nie van hulle groot stuk grond ontslae geraak het nie en dan in ‘n kleiner volkstaat woon nie. Dit is omdat ons blankes net geld gierig is dat ons sit waar ons sit vandag. Ons kon al lankal ‘n klein maar baie suksesvolle lad gebou het. Selfs die Weskaap sou perfek gewees het vir 2,9 miljoen Afrikaners en 2 miljoen Afrikaans sprekendes. Kyk maar vir Holland. Die land is 33 keer kleiner as Suid-Afrika en val onder die top 15 rykste en welvarende lande ter wereld. Dit kan gedoen word. Dit is ons eie mense wat so land gebou het.

Armando ·

Jaco, en wat daarvan? Die NP het die mag en die vermoë gehad om dit te realiseer. Ek, persoonlik, het vir FW geskryf en gevra dat ons daaroor moet besin en dat ons ‘n paar mense kon stuur om ons saak te stel. Een of ander “woordvoerder” van hom het laat weet “Mnr” De Klerk sou ons kontak daaroor. Ek wag nou nog. En die graf wink vir hom.

AL ·

Baie dankie. Ons het mense nodig wat vir ons opstaan en ons sal hul rugsteun. Daar word haatmisdade teen ons minderheidsgroep gepleeg, en anc doen niks nie. In baie gevalle hits hul dit nog aan deur ons wit bevoorregting te noem.

coen walters ·

Het al baie gewonder as die ANC, net die wit en bruin mense meer tegemoed kom of daar nie baie meer uitgerig gaan word, en n meer vrede liewende nasie geskep kan worn nie,Arrogansie gaan dit niks aanhelp nie—

snoefie ·

lance jy is heeltemal reg. die anc gaan nie gehoor gee aan die VN nie. maar dit beteken glad nie die vf+ het tyd energie en geld met die besoek aan die VN vermors het nie. in teendeel. dit vesyig vandag op die stryd van die NIE SWART suid Afrikaner. so al ag die anc homself bo God en mense verhewe, is die wereld nie heeltemal onkundig our wat hier aangaan nie. baie dankie vf+ vur die meesterlike skuif.

Basson ·

Swede, die land van Olof Palme, interessante 180 grade omdraai. Wie weet van die voedsel rantsoene ens wat in Angola gevind is gedurende die grensoorlog, afkomstig van Swede verstaan ek?

Spioen ·

Basson,
Swede is al lankal in ‘n GROOT donker gat agv van al die immigrante! Gaan kyk maar hoe kla die Sweedse mense, maar die nuus in hulle land is almal stil.

n vir Krampte ·

Alles FW de Klerk, Roelf Meyer, JA stemers en Naspers se skuld. Ont hou dit. Moet dit Nooit vergeet nie, Ons het julle gewaarsku

jaco ·

Die nee-stemmers is net so skuldig. Die Konserwatiewe Party het vir baie lank die wit volkstaatidee afgemaak as “dit sal nie werk nie”. As hulle omtrent 1 miljoen ondersteuners lank voor 1994 ‘n volkstaat gestig het, was dinge vir Afrikaners en baie ander wit mense in SA baie anders en beter vandag.

Johanna Botha ·

Storm in a tea cup …anc gaan hulle nie steur aan dit nie

Annetjie ·

Ek stem saam Jaco. Ons is maar eintlik deur ons eie mense uitverkoop aan die nasies van die “wêreld “. Baie het groot aandeel daaraan en andere minder. feit is ons is deur leuenagtige leiers verkoop vir n paar goue muntstukke. Vandag het ek weer gelees dat FW de Klerk se “dit gaan eintlik goed met Suid – Afrika”. seker kyk hy vanaf Griekeland na ons en sien nie die gruweldade teen ons mense raak nie, of draai by n blinde oog en n dowe oor na ons toe.

Gwen ·

Dankie aan die VF+ wat die lot van die Afrikaner vir die wêreld bekendmaak.

jaco ·

Ek wonder net hoe het amper 1 miljoen stemme vir die Konserwatiewe Party in 1992 na omtrent 160 000 vir die VF-Plus in 2014 gedaal. Waar is die ontbrekende 830 000? Almal dood? Almal in Australië? Almal by die DA?

MinderhedeVerenig ·

Die minderhede moet almal saam begin staan. Dan word ons ook n kragtige groep.

SaamStaan ·

As die minderheidsgroepe van die wereld saam staan sal ons baie sterk wees.

Boertjiie in Asie ·

Beskou die dieper saak hierna, eerstens die annhoudende klaery by die VN bewys die onderdrukking van ‘n minderheids groep, wat aan geweldadige marteling onderworppe is, deur wette, 119 om presies te wees, wat dan gepaard gaan met, verwydering van Godsdiens, taal en eiendom(meestal land) en volksmoord, dit berei die weg voor sou dit oorgaan in oorlog, wat weereens in die saak ten volle geregverdig word, daar nie, na die minderheids groep kan verwys word as moordaadig, rasisties ens. nie, selfs die Amerikaanse nuwe president is bewus van wat gebeur, maar hulle sal nie ingryp nie, nie nou nie en ook nie as ons ten volle oorgaan in oorlog nie, hierdie jaar is die meeste blankes vermoor by jaartal oor die afgelope 22 jaar, ek sal voorstel nou is die tyd om aan te sluit by groepe soos Kraf maga, Sila ens. leer om wapens te gebruik, en om jou eie te bou, bring jou hele famielie, brei uit van daar, “Strength in Unity” moet glad nie aanvaar om meer ‘n “victim” te wees nie.

gatiep ·

Daai VN weet al lankal wat aangaan .Moet hulle dan nie soek vir probleme in wereld nie hoekom sit en wag hulle vir probleme om na hulle toe te kom dan is dit maar n baie treurige klomp wat daar werk.

Ekke ·

Dit sal my nie verbaas as George Soros, die Rothchilds, die Amerikaanse CIA, die Britse MI 6 en dan die Israelse Mossad, die grootste finansiers is, van die VN en mense regte organisasies is nie. Hulle slaan die ghitaar, en die wereld dans! So kom hulle dus ten doel om die sogenaamde “New World Order” te sķep, en af te dwing..
Orals lees ons dit, ervaar ons dit en “aanvaar” ons dit.. Selfs die verskillende media huise is betrokke daarby en breinspoel ons met die propoganda, terwyl hulle hoog en laag sweer, dat dit nie die geval is nie.
Kyk maar hoeveel dinge word geblok/nie geplaas as daar iemand is wat die waarheid praat, om mense wakker te maak, of oe oop te maak nie…

JC ·

Dis baie waar Ekke die sg. “intelligentsia”, die akademiese, media, linkse polities “liberale” korrekte establishment, geskiedenis en( erfenis) identiteitsontkenners is die grootste vyand wat die westerse wereld ooit geken het. Darem het brexit en die vsa vir ons die pad vorentoe gewys met Oostenryk en hopelik ander state wat volg: In YOUR FACE Merkel!!!

gola ·

Toemaar ons sal uiteindelik okay wees. Dit gaan kom. Ons gaan eers nog swaarkry en dan gaan ons okay wees. Dit staan so geskryf.

Theuns ·

Wit Afrikaners is hulle eie vyand! Hulle kan maar net nie saamstaan nie! Lees van die kommentare hierbo en besluit self. Oor eenvoudige besluite sal ons nie konsensus kry nie. Selfs Burgerlike Organisasies wat veg vir ons en minderhede word veroordeel? Spanwerk is taboe! Elke ou wil maar sy eie geveg veg en sy eie “drie” druk! Doen maar so voort en kyk waar land julle op! Voorspoed!

Robert ·

Daar gaan niks van kom nie.Dis juis hulle wat gesorg het dat die lot aan bewind gekom het, en om te luister en help is so goed as om te sê “Ons was verkeerd”

jcwf ·

”’..vir ons pad vorentoe gewys met Oostenryk..”

Ja, Van der Bellen het ‘n pragtige oorwinning geboek, nê?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.