VN-komitee druk SA regering oor plaasmoorde, rassekwotas

Régine Esseneme, CERD-komiteelid (Foto: Skermgreep uit VN-beeldmateriaal via @ConCaracal/Twitter)

Die Suid-Afrikaanse regering is vandag ondervra oor plaasmoorde, rassekwotas en die “Kill the Boer”-dreunsang tydens die Verenigde Nasies (VN) se Komitee vir die Uitskakeling van Rassediskriminasie (CERD) se hersieningsproses van Suid-Afrika met betrekking tot diskriminasie.

AfriForum het in 2022 ’n verslag aan CERD voorgelê oor verskeie kwessies wat minderhede in Suid-Afrika raak, insluitend plaasmoorde. In 2023 het AfriForum nóg ’n verslag ingedien wat spesifiek die Suid-Afrikaanse regering se 116+ stukke rassewetgewing gedokumenteer het. Die indiening van die tweede verslag vanjaar het gepaard gegaan met ’n geleentheid om ’n aanbieding aan CERD te lewer.

Régine Esseneme, ’n CERD-komiteelid, het op die eerste dag van hierdie sessies die Suid-Afrikaanse regeringsafvaardiging gevra oor plaasmoorde, haatspraak wat bydra tot plaasaanvalle, plaasmoordontkenning deur Julius Malema, en wat gedoen word om hierdie kwessies die hoof te bied. Brendin Horner se wrede moord is spesifiek as voorbeeld genoem (die uittreksel kan hier gekyk word.)

Die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, het egter volgehou dat plaasmoorde gewoon geweldsmisdaad is en het ongelykheid as dryfveer blameer vir hierdie misdade. Lamola het verder ontken dat boere in Suid-Afrika geteiken word en die onderwerp eerder verander om te fokus op plaaswerkers wat deur hul werkgewers mishandel word. Mxolisi Nkosi, die ambassadeur en permanente verteenwoordiger van Suid-Afrika by die Verenigde Nasies in Genève, het Lamola se verduideliking ondersteun en plaasmoorde as normale misdaad afgemaak.

Esseneme het reageer deur te sê dat die Suid-Afrikaanse afvaardiging se antwoorde vaag is. Sy het bygevoeg dat ’n verslag wat by CERD (AfriForum se 2022-verslag) ingedien is, minstens twee gevalle van plaasmoorde gedokumenteer het wat direk met die “Kill the Boer”-dreunsang verband hou. Sy het versoek dat die Suid-Afrikaanse afvaardiging aan CERD meer besonderhede oor hierdie sake verskaf, asook oor die vervolging van plaasmoordenaars. Lamola het gesê hy sal terugkom na die komitee.

“Ek was baie bly om te hoor dat CERD die verslag gelees het wat AfriForum in 2022 ingedien het, wat gedetailleerde inligting oor plaasmoorde en ‘Kill the Boer’ bevat het,” het Ernst van Zyl, hoof van openbare betrekkinge by AfriForum, gesê. “Ons verslag het ook duidelik so ’n indruk gemaak dat dit ‘n vraag oor plaasmoorde geïnspireer het van hierdie VN-komitee.”

Op ’n vraag deur verskeie komiteelede oor rassekwotas in sport – soos dit in AfriForum se 2023-aanbieding uiteengesit is – het Lamola valslik beweer dat die regering die rassekwotastelsel in sport afgeskaf het.

CERD-komiteelid, mnr. Y.K.J. Yeung Sik Yuen (Foto: Skermgreep uit VN-beeldmateriaal via @ConCaracal/Twitter)

Op die tweede dag van CERD se hersiening van Suid-Afrika het ’n komiteelid, mnr. Y.K.J. Yeung Sik Yuen, met AfriForum se 2022-verslag aan CERD in die hand, die Suid-Afrikaanse afvaardiging gevra om besonderhede te verskaf oor die vordering van die hofsake teen Julius Malema en die EFF met betrekking tot die “Kill the Boer”-dreunsang. Lamola het gesê dat die gelykheidshof beslis het dat dié dreunsang nie haatspraak is nie, maar het bevestig dat ’n appèlsaak aan die gang is.

“Die feit dat die VN nou vrae oor plaasmoorde, ‘Kill the Boer’ en rassekwotas aan die Suid-Afrikaanse regering begin vra, is van die vrugte van AfriForum en Solidariteit se volgehoue ​​internasionale bewusmakingsveldtogte. Dit is ’n bemoedigende deurbraak,” sluit Van Zyl af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann ·

En so LIEG die ANC saam in spanne op internasionale platvorms! Bloot geen aanspreeklikheid of gewetens wroeging nie. Plaasmoorde is NORMALE misdaad???????? En die moord en gewelds syfers in die ANC hel hool is seker net so normaal? Help nie hulle vra die ANC vrae oor hulle handpop en skoot hondjie MALlema nie. Hy doen bloot wat hy aangemoedig word en die ANC nie self wil doen nie.

Waarnemer ·

Natuurlik sal Lamola dit s3 dat plaasmoorde net gewone misdaad is,hy se wat big brother (cyril)vir hom se om te se.

Althes ·

Ons bid deurentyd vir ñ deurbraak. Dankie vir jul twee organisasies wat ons gewone burgers se stem is.
Die regering kruip agter apartheid omdat hulle die land in die grond regeer het. Dis hartverskeurend hoeveel besighede sluit en afleggings wat volg omdat die regering eenvoudig net nie ñ land suksesvol kan bestuur nie.

M ·

Waarnemer : Indien jy jou selfoon gebruik ; om die ê te kry. hou jou vinger effe langer op die “e” … die opsies verskyn om die regte “letter” te kry.
Indien jy jou Rekenaar gebruik : Druk op ALT … hou dit in … en tik 136 !! En siedaar … die “ê” verskyn. Sommer so vir hulpverlening… Groetnis. M

KB ·

Miskien moet die VN se CERD kennis neem van Thomas Schäfer (Hoof Uitvoerende Beampte/CEO van Volkswagen Wêreldwyd) se reguit dreigement aan Cyril Ramaphosa “om sy land in orde te kry”, andersinds mag hy besluit om VWSA toe te maak en sodoende 60000 mense af te dank.
Die ANC faal SA gruwelik, en kry nou internasionale teenstand. Ons wag om te hoor wat sê Toyota, Mercedes en Ford. Het hulle die “guts” van hierdie Duitser?

Jan Jacobs ·

Lamola, word gerug steun deur klaus schwab van die Wef, en George Soros. Met hulle slinkse linkse ideologie.

Lettie ·

As plaasmoorde ny gewone moorde in SA deel is. Waarom is daar dan so ‘n geweldige klomp mense wat in SA vermoor word? Kan dit dan oorlog wees? Vra maar net.

Henry ·

Van die eerste dag wat die anc beheer oorgeneem het, was dit n gemors, Hulle het dood eenvoudig geen visie of gewete nie. Dis soos n klomp roofdiere. Hulle din k net aan die top 1000 en niks verder nie. Mag hulle die verkiesing verloor en nooit weer opstaan nie

Kokerboom ·

Alle moorde in SA het handuit geruk!Dis soos ‘n oorlogsone.Plase, paaie, privaatwonings…oral stoom die euwel voort. Dis tyd dat ‘n reset knoppie in SA gedruk word en ons op ‘n skoon bladsy SONDER ANC begin

Vrijburger ·

@ M.
Dankie, dit is nou bruikbare info.
Het ook rondgespeel. Alt & 137 = ë

Cassie Carstens ·

Ek is eintlik skaam om te verneem dat Lamola ons justisie minister so skaamteloos lieg. Kyk wat het KSA nou weer gedoen deur nuwe kwotas in te stel. Hierdie ANC regering se ideologiese denke maak mens siek. Ek is bly die VN begin nou indringende vrae vra. Die geagte ambassadeur lieg net so skaamteloos want hy is daar en weet nie wat in die land aangaan nie. Stories oor arbeiders wat deur boere vermoor word is versinsels maar ek het hoop dat die VN daardeur sal sien.

Papsak ·

Lieg lieg lieg kyk hie val ons mense en boere daakliks en daar word niks gedoen nie volksmoord !!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.