VN sê glo SA se moordkoers is gehalveer

Argieffoto

Argieffoto

Volgens ʼn misdaadverslag deur die Verenigde Nasies het Suid-Afrika se moordkoers met die helfte gedaal.

“Die regering het deur geregtigheid, misdaadbekamping en die sekuriteitseenheid verseker dat stappe gedoen word om misdaadvlakke te verlaag,” het Phumla Williams, woordvoerder vir die regering, gesê. Sy sê statistiek van die Suid-Afrikaanse Polisiediens vir 2012/13 dui aan dat daar ʼn merkwaardige afname in moord was.

Volgens Williams vereer die VN Suid-Afrika se neiging om die moordkoers te halveer van 64.5 per 100 000 mense in 1995 tot 31 in 2012. “Die studie bevestig wat ons reeds weet en wat ons poog om te verbeter,” het sy gesê. “Suid-Afrika het die kringloop van geweld verbreek en dit is duidelik deur die bestendige afname in die moordkoers.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria Maritz ·

Ek WEIER VOLSTREK om dit te glo !

Genade tog, as mens nuus lees, is dit MOORD EN DOODSLAG – 3, 4, 5 berigte per dag.

Johan Viljoen ·

Die regering lieg ook vir die buiteland om hulleself te laat goed lyk. Lyk my die SAP het n beleid dat net een uit elke drie moored word aangeteken word. Te lui om die ander te ondersoek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.