Die Verenigde Nasies (VN) se voedsel-en-landbou-organisasie (FAO) het gesê minstens $100 miljoen (R1,3 miljard) word benodig om droogtegeteisterde boere in 10 Suider-Afrikaanse lande te red.
Die boere het dié fondse nodig om voldoende kos jaarliks aan minstens 20 miljoen persone te verskaf om hulle teen 2018 te speen van hul afhanklikheid aan voedselhulp.
David Phiri, streekskoördineerder van die FAO, het in Lusaka, Zambië, gesê die geld sal aangewend word om boere in Suid-Afrika, Lesotho, Swaziland, Mosambiek, Zimbabwe, Namibië, Malawi, Tanzanië, Madagascar en Zambië te ondersteun.
Die boere sal saad, bemesting en noodsaaklike plaasimplemente ontvang om die impak van die droogte wat deur El Niño meegebring is, te hanteer.
Volgens Phiri word boere aangeraai om vanjaar reeds in Oktober te begin plant, om die verwoestende verliese van die vorige seisoen te voorkom.
Hy het regerings ook aangeraai om te belê in nuwe tegnologie wat gemeenskappe kan bystaan om droogtebestande saad en kosvariëteite te vervaardig. Volgens hom sal bewaringslandbou en ander klimaatsverwante landboutegnologie landelike families help om weerstand te bou teen droogteverwante skokke.
Volgens die anc regering is daar niks verkeerd nie gaan weer wakkerskrik as dit te laat is ons weet dit noual. Die mense wat so wil boer is m grap want daar gebeur niks op die plaas nie. Naby ons het die boord verdroog ….ja hy het die waterrpomp verkoop om geld tekry …dit selfs na die staat weer onlangs gelde gegee het …nou sien ek sit almal want die bome is nou dood
N mens plant nie sommer net vanaf Oktobermaand nie. Jy plant as daar vog in die grond is. Ander plant weer as daar vog én finansiering is.
Natuurlik, jy is reg Linda. Dit hang af van wanneer die somerreëns begin.
I rest my case, Your Honour…
Hier by ons is ‘n boer wat ‘n klein landjie langs die snelweg het wat niks geplant het nie en toe die eerste bietjie reen val het hy gou geploeg (kon nie my oë glo toe ek een môre werk toe ry (6.00vm) en sien hy is besig om te ploeg nie teen daardie tyd het hy al ‘n redelike groot stuk grond klaar geploeg (hy moes seker in die vroeë oggendure begin het – die volgende dag was die saad klaar geplant. Ek het gedink daar gaan ‘n misoes wees maar toe nie die bietjie reën wat ons toe gekry het was blykbaar genoeg want ‘n maand of wat terug het hy geoes en gister weer geploeg. Ek neem aan hy het dus die vog inhoud gebruik toe hy besluit het om te ploeg en te plant.
Hier sal weer wakker geloop moet word want hier is n bron van blindering op pad!!!!! Hoeveel van die geld gan in n bodemlose put gegooi word, en hoeveel sal beskikbaar wees vir die wat volhoubaar boer?????
Humor, dis ‘n goeie vraag want die realiteit is dat die volhoubare boere ook die ongewenste boere is van wie daar stelselmatig en doelbewus onstlae geraak word ‘by any means possible’! Dan natuurlik is daar die kwessie van gierige aasvoêls wat maar alte graag hulle kloue in daardie sak groen blare sal wil inslaan! Verandering kan nie vinnig genoeg kom nie en ek hou asem op vir vanmiddag se koalisieaankondigings!
Suider – Afrikaanse lande klink nie reg nie, is dit nie Suider – Afrika lande nie?
KarooKlong, hierdie berig maak my dag…..uiteindelik word ons Afrikaanses gehelp!
Hierdie geld gaan weer net vir n paar “opkomende boere” gegee word maar die meeste geld gaan weer vir die tender om te bepaal hoeveel geld moet elkeen van hierdie paar “boere” kry.
n Boer plant nie net as die grondvog reg is nie, die meeste boere wat ek ken, plant en glo. n boer is heeltemal afhanklik van God wat die natuur en klimaat beheer. En as daar droogte is, hou sy geloof hom staande.