Shameel Joosup, uitvoerende hoof van Vodacom, het R4 miljoen se aandele in die maatskappy gekoop, volgens inligting wat die Johannesburgse Effektebeurs Vrydag vrygestel het.
Joosup het 26 608 aandele teen R139.18 elk aangeskaf vir ʼn totale waarde van R4 miljoen.
Die aankope is interessant gegewe die maatskappy se vooruitsigte in ʼn tyd wanneer selfoonmaatskappye se inkomste in Suid-Afrika onder druk is weens swak verbruikersbesteding. Data-inkomste verhoog vinnig, maar dit is steeds relatief laag in verhouding met die algehele inkomste.
Vodacom se aandele is op 28 April teen R154 elk verkoop.
Ja en dan werk julle my deur die ore op my kontrak!!!! Pateties as jy my vra.