
Foto: Pexels.com
Vodacom het Dinsdag gesê hy sal kliënte vergoed vir data en lugtyd wat spoorloos verdwyn het.
Vodacom moes Maandagaand op sosiale media bontstaan toe kliënte begin kla het dat hul data sonder rede van hul fone verdwyn.
Vodacom het om verskoning gevra en gesê sy tegnici is besig om aan die probleem te werk. Die diensverskaffer het bygevoeg dat hy bewus is van die feit dat kliënte nie databondels kan aanskaf nie en aanhou boodskappe ontvang wat sê hulle data is gedaan.
“Ons vergoed tans kliënte vir gisteraand se kwessies en ons is opreg jammer vir die ongerief,” het Vodacom Maandag in ʼn verklaring gesê.
Hoë datakostes het intussen die mededingingskommissie genoop om ʼn ondersoek van stapel te stuur. Die ondersoek sal glo teen 31 Augustus afgehandel wees.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
61 Kommentare
As hulle klaar is met Vodacom kan hulle gerus maar vir Cell C ook ondersoek, want daar verdwyn die data ook soos mis voor die son, en ek kan net nie agter die kap van die byl kom nie.
Hierdie is ñ ou lopende probleem by Vodacom dat my data oordie jare net vinnig opraak sonder dat dit gebruik was! ñ Werker by Vodacom het op ñ stadium vir my genoem dat werkers intern by Vodacom daarvoor verantwoordelik is!
My vrou het gister R100 verloor en verlede week ook R50 by MTM. Sy gaan vandag dit probeer opvolg en ek hoop sy kom reg.
Ons het probeer skakel maar hulle ‘111’ nommer was heelnag Maandag ook buite werking. Ek het n uur vanoggend aangehou, toe ek by n konsultant uitkom was hy vriendelik, onverskoning gevra en dadelik lugtyd gelaai, om weer nuwe data te kan koop. Mooi hanteer Vodacom!!!
Basies kan al hierdie selfoon plekke maar ondersoek word want jou data verdwyn net so iewers score iemand daarmee.