Vodacom vergoed kliënte ná data spoorloos verdwyn

selfoon-pexels

Foto: Pexels.com

Vodacom het Dinsdag gesê hy sal kliënte vergoed vir data en lugtyd wat spoorloos verdwyn het.

Vodacom moes Maandagaand op sosiale media bontstaan toe kliënte begin kla het dat hul data sonder rede van hul fone verdwyn.

Vodacom het om verskoning gevra en gesê sy tegnici is besig om aan die probleem te werk. Die diensverskaffer het bygevoeg dat hy bewus is van die feit dat kliënte nie databondels kan aanskaf nie en aanhou boodskappe ontvang wat sê hulle data is gedaan.

“Ons vergoed tans kliënte vir gisteraand se kwessies en ons is opreg jammer vir die ongerief,” het Vodacom Maandag in ʼn verklaring gesê.

Hoë datakostes het intussen die mededingingskommissie genoop om ʼn ondersoek van stapel te stuur. Die ondersoek sal glo teen 31 Augustus afgehandel wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Annelize ·

As hulle klaar is met Vodacom kan hulle gerus maar vir Cell C ook ondersoek, want daar verdwyn die data ook soos mis voor die son, en ek kan net nie agter die kap van die byl kom nie.

Ronel ·

Annelize, jy vat die woorde so uit my mond. Data, airtime, you name it. Weg, net weg.

Santie ·

Dit het met my gister aand gebeur, ek was nog besig om op fb te kyk toe kry ek ‘n sms dat my data klaar is, ek sit toe sommer oor van my bankkaart en weer later weg, 2 keer net weg, maar Vodacom het my vandag onverskoning gevra en my data weer op my foon gelaai……dankie hul kom die fout agter en los dit nie net so nie……Dankie Vodacom vir jul vinnige diens…..

Santie

Johannes ·

Moenie MTN vergeet nie.Ek dink hulle is nog meer skuldig as cell c en vodacom.Ek is weg by MTn juis daaroor.Mens kan kla en kla en MN DOEN NIKS hulle se net DIT IS DEUR KLIENT GEBRUIK EN BETAAL SAL JY BETAAL.

Maria du Toit ·

Ek verstaan glad nie hoe raak ‘n mens se data net so weg nie sit nou geld op more is als weg Vodacom gee and word asb

willie ·

Hierdie is ñ ou lopende probleem by Vodacom dat my data oordie jare net vinnig opraak sonder dat dit gebruik was! ñ Werker by Vodacom het op ñ stadium vir my genoem dat werkers intern by Vodacom daarvoor verantwoordelik is!

Pekinese ·

Waarheid. Gebeur al vir jare. Die arme patete wat die “call centre” beman weet nie wat om te sê nie.

julius ·

My vrou het gister R100 verloor en verlede week ook R50 by MTM. Sy gaan vandag dit probeer opvolg en ek hoop sy kom reg.

Johannes ·

Sterkte Julius sy gaan nerens kom by MTN nie.Vra my ek kan jou baie van MTN vertel

madels ·

Ek het eergister aand R100 op my foon gesin, binne n half uur was dit klaar en ek het GEEN data gebruik nie!! Hoe los n mens die probleem op? Sal enigiemand eers luister??

Rika ·

Ons het probeer skakel maar hulle ‘111’ nommer was heelnag Maandag ook buite werking. Ek het n uur vanoggend aangehou, toe ek by n konsultant uitkom was hy vriendelik, onverskoning gevra en dadelik lugtyd gelaai, om weer nuwe data te kan koop. Mooi hanteer Vodacom!!!

m ·

Basies kan al hierdie selfoon plekke maar ondersoek word want jou data verdwyn net so iewers score iemand daarmee.

Toni ·

Hoe kan ons te werk gaan as ons Pre-Paid Data ook weg is, om ons Data terug te kry? Asb & Dki

hendrina bezuidenhout ·

My data , airtime alles ook weg! En my dogter s’n ook!

Wonder hoe beplan hulle om ons daarvoor te vergoed

10min extra bel tyd ·

Moontlik ekstra bel tyd wat jy gratis en verniet kan spandeer voor die datum verby is. Jy sal die sma die 31Aug kry en die lugtyd sal geldug wees tot die 29 Aug.

PJF ·

My data het ook net verdwyn op Maandag, hoe eis mens dit terug by Vodacom?

Frik ·

My data en lugtyd verdwyn al vir byna twee jaar gereëld sonder oplossings, slegs flou verskonings maar kry niks terug nie.
Persone wat ek ken gebeur dieselfde.
Ek sal nie weer die fout maak om n kontrak by Vodacom uit te haal nie.

Dee ·

Ja!! Die is nie ‘n nuwe ding nie… mens betaal ten duurste vir data by Vodacom en voor jy jou oë uitvee kry jy ‘n sms om te sê jou data is klaar (en jy gebruik dit skaars)

Coleen ·

Dis als goed en wel dat ons die data en airtime terug kry, maar ek het klaar nuwe data gekoop en nou sit ek met n klomp data wat verval oor 30dae. Gaan die data wat terug gegee word n verval datum hê? En hoekom verval data in elkgeval? Ekt mos betaal daarvoor. Dis nie asof Spar hul toiletpapier kom terug vat omdat jy nie als binne 30 gebruik het nie…..?

Elsa Smit ·

Stem 100% saam Coleen – ons betaal vir goed wat hulle terugvat. Dit is nonsens.

Pekinese ·

Daar was gerugte oor ‘n saak oor die data verval storie. Weet nie wat daarvan geword het nie.

Moenie vir Spar idees gee nie.

Voel of ek vodacom iets kan aandoen ·

Ek is woedend en smoorkwaad en voel magteloos teen my stryd met vodacom! Dit is n alewige baklei met geen satisfaksie van diens nie. Ek is n werklose enkel ouer wat van ky sosiale media gebruik maak om werk te soek en advertensies te plaas om goetjies te verkoop om te kan oorleef. Ek het nie altyd geld vir lugtyd of data nie. Net Sondag middag toe plaas n familied vir my R275,00 op my lugtyd oor, waarvan ek toe 1 gig data @ R149,00 aangeskaf het dadelik vir n maand wat nie veel is met my advertensies nie, ek het toe nog n balans gehad van R130,00 in lugtyd oor gehad op my foon. Gisteraand, kapeech weg is al ky geld en my data, vanoggend kry ek weer n balans van R95 lugtyd in my foon en 17.iets mb data, ek moes weer 1gig aanskaf teen R79 vir n week en toe ek weer kyk is my geld waarde in airtime net R1,88 balans, trekk R79 af van R95 wat kry jy, beslis nie R1,88 nie????? ek is woedend verby, mens baklei n verlore stryd met Vodacom, dit is net so goed of jy poep teen donderweer!!!!!! VODACOM is skelm, hulle steel jou geld en jou data. Ek KAN NIE Bekostig dat hulle steel van my wat minder as niks het nie. As ek kon sou ek vandag oorgaan na n ander netwerk!

liesl ·

Ag, my data en airtime verdwyn al n geruime tyd by Vodacom – wonder as ek nou inbel of hulle dit sal optel op hul sisteme??

heila ·

Ek hoop ek kry my data ook terug wat Maandagaand net verdwyn het!!!! Amper 500 mb!!!!!!

Elsa Smit ·

Gisteraand het ek nog data gehad teen 8h. Niks op my foon gedoen nie en ‘n uur later toe kry ek ook ‘n sms dat ek nie data beskikbaar het nie. Was nogal geskok oor waarheen dit is. Ek maak alle aktiewe apps toe wanneer ek klaar daarmee is.

Yvonne Bothma ·

waar begin mens want my bejaarde ouers van 80 word al 2 jaar beroof en hulle kry net nie n oplossing nie. help asb

Veritas ·

Yvonne julle kan gerus Telkom probeer. Hulle is strate goedkoper en die ou seinprobleem is ook opgelos.

M Bronhorst ·

Dieselfde met MTN . Laai virmaande al nie meer airtime. Volgende dag is alles missing.

Elsu ·

Nie n nuwe ding nie!! My data is gereeld net so skielik alles op. Binne 2 dae 1 G op??? Ek hoop dit word vir n slag terug gegee.

Theresia swanepoel ·

Die selfde gebeur met my data ook.ek het altyd amper 2maande met 2gig data uit gekoom.die aflope paar maande hardloop ek uit data hier teen die 15de elke maand.sondag het ek 300mb gehad vandag is daar niks.iets vreet ons data op.as ek my data af,gebruik dit net as ek gou iets op die internet doen.nou geen hulle elke dag gratis 1gig weg.maar dit is net vir lifestyl en pinkster netwerke

Anton ·

…Hi Theresia, ek het sowat n maand terug, nadat ek ook met 2gig vir twee maande uitgekom het en partykre tot 1gig oor gehad het, uit die bloute n rekening vir byna R6000 gekry. Data wat gebruik is, geen kennisgewing niks. Die wonderwerk wat plaasgevind het is dat my rekenaar vir weke nie gebruik is nie. Ek het met Vodacom ge kommunikeer dmv .customerservices@vodacom. co. za Hul het my gehelp en die geld terug geskryf. Dit het wel tyd geneem maar hul het dit wel gedoen. Dankie Vodacom.

Ann ·

Ek hoop hulle sal sommer almal wat gereeld data koop, vergoed. My data het ook sommerso begin voete kry, en dis nie asof ek 24/7 op Facebook of waar ook al is nie. Facebook vat nie so baie data nie. Ek moes al 2 keer hierdie maand 1GIG gekoop het, want dit raak net frieken weg!!
Waar kan mens terugeis?

Swannie ·

Maroela Media,die laaste paragraaf in die artikel is foutief.

Dit is beslis nie a.g.v. die data wat wegraak dat `n ondersoek geloods word nie.

Die ondersoek word gedoen oor hoë datakostes.

Dalene de Vente ·

Dagsê Swannie, dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Vanessa ·

Dit is baie sleg, ons het ons wii fii dongle kanselleer en my data bundle op my foon.
Ek koop nou weekliks data om dit self te kontroleer en beheer en kon nou sien laaste 2wke het ek binne 5dae deur 5gig gegaan op beide toestelle.
Niks meer gebruik as normale whats up, facebook bietjie en instagram.

Stella ·

Ek het ‘n klein data pakket van 250MB op my kontrak wat vir my nog altyd genoeg was omdat ek Wifi by die werk en by die huis gebruik. Die data is dus net vir tye wat ek tussendeur hierdie twee plekke vertoef , dus in my motor op pad werk toe en terug huis toe (waar die foon nie gebruik word nie) en naweke as ek nie by die huis is nie. Die afgelope paar maande kom ek ook net nie uit met my data nie. Hier enige tyd vanaf die laaste kwart van die maand raak die data op en moet ek optop. Wat ek ook nie kan verstaan nie is dat ek so 100MB mee optop wat behoort genoeg te wees vir ‘n paar dae siende my omstandighede, maar die helfte hiervan verdwyn soms binne ‘n dag of twee. Ek het hierdie al lank terug by ‘n Vodashop bevraagteken en die persoon het my gehelp om alles wat onnodige agtergrond data gebruik te stel dat dit net oor Wifi werk en ek maak als toe sodra ek klaar is, maar dit help steeds nie. Hoe kan Vodacom vir ons ‘leke’ bewys waarheen ons data verdwyn?

Wendy ·

Ek het vanaf die begin van hierdie maand 19GB data gekoop!! Gewoonlik koop ek 5GB en dit hou my omtrent 3 weke. Vanaf 11 Augustus moet ek elke 2de dag 5GB koop en dit verdwyn net soos mis voor die son. Laas week het ek 4.8 GB gehad toe ek my rekenaar aangeskakel het en ‘n uur later is dit weg. Toe ek gekla het, het Vodacom vir my 1 GB teruggegee. Waarheen is die ander 3.8GB?

HPV ·

Ons besigheid is tans in die proses om Vodacom permanent te groet. Vodacom is ‘n oneerlike besigheid met geen diens van enige aard!

Afrikaanse Knaap ·

Ek het a g v hierdie verskynsel my kontrak by Vodacom gekanselleer in Desember.
Ek het dit met M-Web ook gehad jare terug.
Doen jy navraag kan hulle jou geensins sê wanneer jou data verdwyn nie, ook nie hoe laat dit gebeur nie.
Hulle standaard antwoord is “Jou apps moes seker hulleself ge-update het”.
Ek sal in my lewe nie weer met maatskappye in SA kontrakte teken nie. Veral nie Vodacom, M-Web of Telkom nie.

E M PIETRRSE ·

Ek het n tablet en het glad nie mt data van my tablet ontvang nie. Het hom nie gebruik nie. Was in my huis toe gesluit. Gisteraand ek vir eerste keer by huis kom en aansit is daar geen data op vir Augustus maand nie dit sucks. Vodacom sit sommer debiet orders op my rek deur waar ek een debiet order geteken het vir een foon mar het tablet en wifi rooter wat ek vironderstel is om kontant te betaal. Wifi rooter het ek 10gig het ook net 5 gig gekry. Hellopeter.com dan spring hul vinnig.

Reinette Badenhorst ·

Met ons ook gebeur, hoe kontak mens Vodacom vir regstelling?

Megan ·

2 Gig weg in ‘n kwessie van 4ure, ek het net gewhatsapp en games gespeel. Bitter ongelukkig hieroor want dit was oor die R200 vir 2 Gig.

Maritza ·

pppffffftttt wg nog vir myne om vergoed te word.

Moeg vir VODACOM en sy hoë pryse vir data.

Oorweeg oor te skuif na ander netwerk!!!

HPV ·

Gaan na Afrihost, uitstekende diens teen die helfte van die prys.

Sofia ·

MTN het dieselfde probleem. Ek vlieg deur gigs en lugtyd, 1 gig n week om presies te wees. Maar ek is slegs saans op Facebook en vir maksimum n uur. Of dis net vrek duur?

Beulah de Bruyn ·

Ek gebruil slegs 1 Gig per maand. Het nou al 4 gig gekoop. Dis skrik wekkend en kos my baie waarvoor ek nie begroot het nie

Carien ·

Die bietjie data wat kamma aan my ge “refund” is, is nie eens naastenby gelykstaande aan die hoeveelheid data wat net verdwyn het nie.

Frans Jonker ·

*Ek kyk nooit vir data nie laai maar net hoeveel data is al by my gesteel en hkm verval data dis mos myne ek betaal daarvoor so as jy jou kar vol petrol maak en ry dit nie uit binne 30 dae nie vat hulle dit trug nee so wie is nou skelm*

Amanda le Roux ·

Ek is van Feb. Maand by vodacom…. Die diens is pateties….. Data verdwyn soos mis voor die son en van belgeld praat ek nie eers nie…. Sit nou vyftig rand op …. Bel glad nie se stuur ook nie eers sms nie… More oggend is daar vier en twintig rand en more aand staan dit op nul sente…. Koop nou net R5.00 voughers en sit net op as ek n oproep moet maak….. Baie vies, maar het foon as geskenk gekry met vodacom sim….so kan nie oorgaan na ander netwerk nie….

Gert ·

Vir die gebruikers wat op MTN is kan gerus Afrihost probeer vir ñ data pakket. Hulle is baie goedkoper as enige van die selfoon netwerke wat data aanbetref en jy gebruik steeds dieselfde MTN simkaart, net ñ ander APN.

Willem ·

Ekt vanmidd my 1,47 gig Vodacom data teruggekry. Ekt n MTN datakontrak gehad. My wifi rooter in die huis was stukkend, so ekt vir 4 maande niks data kon gebruik nie. My maandlikse kontrakfooi was R300. Skielik word daar een maand(aan die einde van daai 4 maande) amper R4000 by my bank afgetrek.(Wat hoër is as MTN se eie vasgestelde kredietlimiet vir my)Moes die bank bel,laat omkeer, en het by die MTN winkel op ons dorp gegaan en my R300 gaan betaal. Binne 2 weke is ek afgesny. Die dame by die winkel het my nommer weer oopgemaak. End van daai maand trek hul toe weer daai groot bedrag af. Moes dit weereens laat omkeer(en dit kos mens geld). Weer die basiese R300 gaan betaal by MTN. My weer na week of 2 afgesny.. kon my nommer toe nie weer laat unblock nie… Ekt n polisieverklaring gaan aflê dat ek nie daai data op enige manier kon gebruik het nie want die simkaart was helfte van die tyd nie in die rooter nie en niemand kon hom gebruik nie(ek bly alleen). Ook n prokureursbrief vir hul gestuur oor die aangeleentheid. Ek word na maande nog steeds lastig geval met oproepe van MTN af en hul skuld invorderings instellings ivm my agterstallige ‘skuld’. Blerrie skelm spul! en daar is nie n manier dat ons as verbruikers kan bewys jys onskuldig nie.

Boerseun ·

White capital monopoly , julle kan maar PnP en Checkers se pryse vergelyk, veral winskope op “house brands”. Almal is dieselfde prys op dieselfde ietems.

DATA VERDWYN OOK ·

My data hou eenvoudig net nie, of dit nou Vodacom of MTN is, ek sit gereeld ‘n dag of twee nadat hulle my data gelaai het, sonder data. Dit is nie asof ek hele tyd FB of you tube of wat ook al data vat nie, ek is gelukkig as ek ‘n dag lank data het! My vodacom foon gebruik ek nie eers vir FB nie. Het wel ‘n Tablet – Vodacom, en daar hou die data skaars ‘n halwe uur!! Nee wat ek dink Vodacom en MTN kan gerus hulle sokkies begin optrek en ons refund of ons data vir ons terug gee!!

Erika ·

Ek ken van daardie een, ek het twee FAST LINKS wat ONS nie gebruik NIE, ek noem die goed SLOW LINKS, ek betaal elke maand, maar daar is net nooit data op nie!! Al vir 4 jaar betaal ek elke maand x bedrag, maar nou ja, so verloor ons as verbruikers. Het albei die SLOW LINKS al hoevele kere gekanselleer, maar elke maand vat MTN geld uit my bank rekening!!! PATETIES!!

Jackie ·

Vodacom foeter te veel rond op die stelsel en dan gebeur sulke tegniese probleempies. Ha julle maak ons naar met julle streke

Tokkie ·

Het vodacom gekontak. Sal daar nie vir my vertel al my airtime en data was klaar opgebruik. Toevallig nê.

Sharne ·

Vir wié het Vodacom vergoed? – Nie vir my nie. Vodacom is nie bereid om te help nie. Vir my is daar net gesê die data IS afgelewer so hamba!
Wel ek gaan loop. Ek gaan AL my kontrakte by Vodacom kanselleer, want ek sal hulle nooit weer vertrou nie. Elke keer as jy R1 spandeer sal jy wonder wie dié data gaan kry – jy of hulle…

Magdalena Coetzee ·

Ek het die 16/08/17 5g en dit kos my R399.00 dit het my nie eers gehou tot die 21/09/17 toe nie. Gister kry ek `n boodskap my data is uitgeput. Vandag weer gaan 5 g koop weer R399.00 genade vodacom so kan dit nie aangaan nie. As dit so aangaan gaan ek jul groet. Ek is so woedend genade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.