Vodacom vergoed kliënte só na datablaps

Argieffoto

Vodacom het Woensdag gesê alle kliënte wat geraak is toe hul data en lugtyd Maandagaand spoorloos verdwyn het, sal met ʼn ekstra gratis databondel vergoed word.

Shameel Joosub, uitvoerende hoof van Vodacom, het in ʼn verklaring gesê elke kliënt wat deur die stelselfout geraak is, sal ʼn gratis 500 MB-databondel kry saam met die kliënt se data en lugtyd wat verlore geraak het.

“Die stelselfout het ʼn uitwerking op sekere voorafbetaalde en Top Up-kliënte gehad. Dit is veroorsaak deur ʼn konfigurasieverandering op dié twee strukture se faktuurstelsel. Vodacom het vinnig die probleem vasgestel en die veranderinge terugverwerk,” het Joosub gesê.

Joosub het gesê die fout het duidelik ongerief vir hul kliënte veroorsaak en personeel werk hard daaraan om seker te maak dat die kliënte terugbetaal word. Die gratis 500 MB kan oor drie dae gebruik word. “ʼn Fout soos dié het nog nooit voorheen voorgekom nie en ons het stappe gedoen om te verseker dat dit nie weer sal gebeur nie.”

Maroela Media het vroeër berig Vodacom moes Maandagaand op sosiale media bontstaan toe kliënte begin kla het dat hul data sonder rede van hul fone verdwyn.

Vodacom het toe om verskoning gevra en gesê sy tegnici is besig om aan die probleem te werk. Die diensverskaffer het bygevoeg dat hy bewus is van die feit dat kliënte nie databondels kan aanskaf nie en aanhoudend boodskappe ontvang wat sê hul data is gedaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Bets Bothma ·

Kan ek my geld ook terugkry wat uit my rekening gesteel is toe my VODACOM simkaart omgeruil is asb!

Maryna ·

HOE gaan Vodacom ons vergoed. Moet ons hulle vra daarvoor of gaan hulle outomaties wéét wie is geaffekteer? Wat my bekommer is dat ek van so plus minus 2-3G gebruik ‘n maand, gebruik ek nóu 15 + gig???

Charmain ·

Interresant dat dit met Vodacom gebeur. Ek is by MTN en my lugtyd en data het nou al verskeie net verdwyn! Ek is al moedeloos. My man ondervind selfde. Enigiemand anders van MTN selfde probleem?

Asjas ·

Jip, ek koop nie wers meer data nie. Vir 2 weke nou koop ek Gig en beltyd, sodra ek wil begin gebruik is sit op?

Henrietta Barnard ·

Ek het nog niks van my lugtyd of data gekry nie. Dis al 2 Augustus by my gesteel!

snippie ·

ek het al my lugtyd en data terug gekry maar tot dusver nie die gratis data nie. wat ek wil weet is hoekom gee vodacom data om te vergoed vir hulle blaps maar sit dan n tydperk vir gebruik daarop. net soos hulle data wat gebruikers nie in n gegewe tydperk klaar gebruik nie, sonder vergoeding weg neem. dis steel. niemand kan iets aan n ander verkoop en wanneer die “use by” datum verstryk dit sommer terug neem nie.

Lianna Stassen ·

My data terug gekry maar nie die ekstra 500mb nie. By wie kla ek nou?

M A Stephens ·

Dankie Vidacom ek het elke sent en gratis 500 mb teruggekry. Moet se was nie sonder swets toe ek agterkom ma waar op dees aarde het dit verdwyn nie. Was uit die veld geslaan ma baaaie bly toe ek als en nog meer terug key Dankie Vodacom

Susan ·

Nog niks terug gekry nie. Wat moet ons doen om ons data en lugtyd terug kry?

Cheryl ·

Die gratis data van 500mb gekry… En wil dankie sê Vodacom jul is pyk… Moet jul nie aan suur knolle steur nie, ek ht nog nooit ñ probleem met jul gehad nie.

Ivana ·

500mb geldig vir 3 dae? wat help dit en dit is nie net Augustus nie, dis al paar mnde wat my data verdwyn. Ek het wi-fi by my kantoor maar nog steeds verdwyn omtrent 50mb data per dag wat na mnd end baie is. Beltyd het ek dalk R50 teruggekry maar verder niks so ek sal se vodacom moet meer moeite doen, minder van ons steel en sperdatums van ons ‘gratis’ data afhaal. Dis soos om vir n kind n lekker te gee en te sê hulle mag net die helfte eet.

Hettie ·

Dankie Vodacom ek het al my data terug gekry. Plus die ekstra data.

Maries ·

Net jammer ‘n mens kan steeds geen data koop of die My Vodacom App gebruik nie, al het ek vandag vir langer as ‘n uur met hulle gesit op die foon. “Solutions team” beteken net dis iemand wat vir jou sê hulle sal jou binne 72 uur terugbel. Hulle sê net jammer… Jammer werk nie as jy nie die probleem oplos nie. Uiters swak diens!

Vodacom roof/ leuns ·

“ʼn Fout soos dié het nog nooit voorheen voorgekom nie en ons het stappe gedoen om te verseker dat dit nie weer sal gebeur nie.” Mnr Joosub, jy is of n leunaar of jy weet nie wat in jou firma aangaan nie. Ek wil jou VERSEKER dit gebeur ELKE MAAND. Julle NEEM/STEEL(?) elke maand mense se ( ongebruikte) lugtyd , data ? Ek weet nie of jy al by Woolworths kos gekoop het nie, en indien wel, het hulle al ooit die kos kom terugneem wat jy nie teen die verval datum gebruik het nie, soos wat Vodacom wel maak as jy nie jou data/ lugtyd teen n sekere ( verval) datum gebruik het nie. Woolworths se kos kan ( teen die verval datum) vrot en jou siek maak, maar hulle sal dit nie kom terugneem/vat nie. Selfoon diensverskaffers is oneties/ …. om goed te verkoop, en dit dan terug te neem, jou prepaid data /lugtyd bly vir ewig op jou foon solank jou foon aan bly, hoekom word rekening houers se data dan gesteel/ verduister/ ontvreem, dit is dieselfde as met ” out of bunle rates”

Asjas ·

Ja nee, ek het ook gewonder wat maak jy met dit! Dis nie eers genoeg om ‘n oggend se e-posse af te laai nie.

Ivana ·

Ek wonder of hulle daarvan sal hou as ons ons maandelikse premie terughou en net se ‘? sorry it dissapeared

Ivana ·

Ek wonder of hulle daarvan sal hou as ons ons maandelikse premie terughou en net se ‘? sorry it dissapeared

GEEN DATA ·

Vodacom, het my nog geen data of lugtyd of sms terug gegee nie. My MTN data verdwyn net so!! Naweke is ek op wifi, maar my data hou skaars dan is dit klaar!!

Valerie Basson ·

So vertel ‘n Vodacom agent vanoggent vir my bejaarde tannie (82) dis Samsung wat haar lugtyd en Data geneem het! Nou hoe verduidelik hulle dit!!!

Gesiggie ·

Ja … dankie Vodacom… dit met my gebeur.. kon nie glo dat my data net so vining kon verdwyn, maar nadat ek n sms van hul ontvang het om onverskoning te vra, is ek met 500 MB vergoed… maar neem in ag… net geldig vir 3 dae?? Well Done…

Wonder ·

Snaaks hoe MTN se lugtyd en data ook sommer net so kan verdwyn..????

Anoniem Nr2 ·

VODACOM antwoord nie eers hulle fone as mens hulle probeer bel wanneer jou data net “spoorloos”verdwyn het nie hoe wil hule dit dan aan jou terug gee???!

Debbie Biermann ·

Ek het Dinsdag R110 gelaai en Woensdag was alles weg!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.