Vodacom volstaan met aanbod vir Please Call Me-man

Modise Setoaba, die leier van die Please Call Me-beweging buite Vodacom se hoofkantoor in Johannesburg (Foto: Siphelele Dludla/African News Agency/ANA)

Die selfoonreus Vodacom het Donderdag gesê hy volstaan met die aanbod wat hy aan die uitvinder van “Please Call Me”, Nkosana Makate, gemaak het – ondanks druk van die publiek en betogings teen die maatskappy.

Honderde ondersteuners van die Please Call Me-beweging het Donderdag buite Vodacom se hoofkantoor in Midrand en by groot Vodacom-winkels in Sandton bymekaargekom. Hulle eis dat die maatskappy aan Makate betaal wat hom toekom. Politici van verskillende partye steun ook die Please Call Me-beweging.

Maroela Media het vroeër berig Vodacom is onder groot druk toe die saak weer aan die lig gekom het. Die maatskappy het Donderdag van sy winkels in die welvarende Sandton-distrik gesluit ná hy ʼn brief aan die organiseerders van die beweging gestuur het om die optog en “aanhitsing om die winkels te betree” te staak.

Die konstitusionele hof het in 2016 beslis dat Vodacom ʼn “redelike vergoeding” aan Makate moet betaal vir die diens wat hy in 2000 ontwikkel het. Makate het die aanbod, wat Shameel Joosub as uitvoerende hoof van Vodacom vroeër vandeesweek gemaak het, as skokkend en ʼn belediging” beskryf.

Makate se regspan het in 2015 in hofdokumente aangevoer die diens het ʼn inkomste van ongeveer R70 miljard vir Vodacom gegenereer. Sy prokureurs het gesê hy verdien ʼn 15%-aandeel in die wins as vergoeding, ongeveer R10,5 miljard, aldus die hofdokumente.

Nkateko Nyoka, hoof van regsake by Vodacom, het Donderdagmiddag aan eNCA gesê die besluit van die uitvoerende hoof is “finaal en bindend” en dat die maatskappy nie enigiets naby R70 miljard gaan betaal nie.

“Ons gaan beslis nie naby die R70 miljard kom nie. Mnr. Makate se eis is teen Vodacom Suid-Afrika en die maatskappy se inkomste is ongeveer R54 miljard. As ons R70 miljard sou betaal, beteken dit Vodacom Suid-Afrika moet môre sy deure sluit.

“Ons is bereid om mnr. Makate die bedrag vergoeding te betaal soos bepaal deur die groephoof as ʼn redelike en regverdige vergoeding. Mnr. Makate neem die groephoof se besluit onder ʼn geregtelike hersiening. As dit die geval is, dan sal ons aan die proses deelneem en ons saak stel.”

Makate het Donderdag telefonies aan die African News Agency (ANA) gesê hy wou nie enige bedrag bevestig of ontken wat in die media genoem word nie, omdat die saak deel is van ʼn vertroulike onderhandelingsproses.

Hy is in gesprekke met sy regspan oor sy volgende moontlike stappe. “Die logiese stap is om die aanbod te hersien. Ons sal nog besluit of ons na die hooggeregshof teruggaan of na die konstitusionele hof,” het hy gesê.

Makate het aangedui hy is dankbaar vir die publiek se ondersteuning in sy uitgerekte siviele eis teen die selfoonreus.

Chris Schoeman, litigasiefinansier, het Donderdag aan Talk Radio 702 gesê Vodacom het ʼn aanbod van R49 miljoen aan Makate gemaak. Volgens hom is dit ʼn ruim aanbod en Makate moet dit aanvaar.

Schoeman het Makate in 2011 ontmoet en gehelp om sy regsaak teen Vodacom te finansier wat uiteindelik tot die uitspraak in die konstitusionele hof gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Pieter ·

Sit net nog ‘n nulletjie by asb…dis mos nie so erg nie.

Maljan ·

Hulle is dan sooooooo lief vir bbbee. Goedkoper aandele vir swart mense, meeste werksgeleenrheid. Minste betaling vir dienste. So betaal die miljarde. Dit gaan mos nie in wit sakke nie.

Gert ·

Hoe bereken hulle daardie R70 miljard? Ek het gedink Please Call Me is ‘n gratis diens. Ek hoop nie hulle tel die oproep terug se koste om by R70 miljard uit te kom nie want daardie argument maak geen sin nie.

Jan Nel ·

Die berekening is eenvoudig. Vodacom kyk bloot hoeveel oproepe is gemaak deur die ontvangers van die “please call me” se fone, direk na die boodskap ontvang is (natuurlik na die nommer vanwaar die please call me gekom het).

Wat die eiser nie bereken nie, is die enorme infrastruktuur, navorsing en beplanning se kostes om sy blote idee werkbaar te gemaak het en nog steed te bedryf.

Jan Nel ·

Wat ek vergeet het om by te voeg. Neem in ag, daardie oproep terug, sou nie gemaak gewees het as dit nie vir die Please Call Me was nie.

WL ·

Elke please-call-me boodskap word vergesel met ‘n klein advertensie. Ek sien dit elke keer wat my tuinier my soek. So Vodacom maak hul inkomste uit advertensiekoste.

Gulsig ·

Wie se konsep het hy gebruik? Tweedens, hoeveel van vodacom se eie toerusting het hy gebruik om die konsep te toets?

Stuiwer ·

Dis ‘n goeie vraag Gert, en ‘n goeie logiese antwoord Jan. Ek het self gewonder.
MAAR, word free minutes as inkomste bereken? Of is dit net as jy daadwerklik betaal vir die oproep?

Gert ·

Ek was bang dis hoe hulle die som maak. Dis belaglik. As daar nie Please Call me was nie, sou die oproep waarskynlik steeds gemaak gewees het, die ander party sou net betaal. So wat my aanbetref wen hulle finansieel minimaal, behalwe dalk deur die bemarkingswaarde.

SjN ·

Die hof het reeds uitspraak gelewer, wat wil die persoon nog hê, hy moet oppas dat die bedrag nie verminder word nie.

Daan Erasmus ·

Die outjie het geen oorspronklik idee gehad nie. Hy het ‘n idee gehad wat toe reeds deur MTN begin is.
Wat hier gebeur het is dat die Hoof bestuurder van Vodacom in sy boek gesê het hy het die idee gehad. Toe mag die reg span nie die volle feite op die tafel sit nie.
Vodacom het die hofsaak opgemors met swak argumente

Maljan ·

Hoe kan hy wins verwag uit n gratis verpesting? Een uit elke 150 pcm’s is vir jouseld. Hy behoort beboet te word omdat hy die teisteringsmiddel uitgevind het.

Domvraag ·

Weer n bewys van die ingebore rassisme by sommige. Maak nie saak waaroor dit gaan nie, die rassekaart word elke keer gespeel.

Stephen Namibia ·

Hierdie ou moet vat wat hy kry. Daardie 49 Miljoen is reeds weg na die prokureurs. Hulle maak die geld. As hy langer aanhou met hofsake sal hy nog moet inbetaal.

Anti vodacom ·

Ek is volkome aan Mnr Makate se kant. Vodacom het al so baie onnodige kostes van sy verbruikers verhaal deur hul buitensporige tariewe, data wat sommer net wegraak ens. Ek is seker hul kan Mnr Makate se eis ten volle dek en steeds baie geld oorhê. Ry hulle tot hul rug breek mnr Makate, nail them.

HPV ·

Daan, jy is reg. Die konsep is eintlik in die tagtiger jare deur die radiokommunikasie bedryf begin, spesifiek besighede soos die “paging” en 24/7 radioroep en radio bystand bedryf. Dokters en bystandpersoneel is so geroep per stem of teks pos boodskappe. Om die waarheid te sê die bedryf bestaan steeds deur landwye radiokommunikasie infrastruktuur. Dink terug, Radiospoor en verwante besighede. Ek is peroonlik steeds daarby betrokke maar vandag gebruik ons dit slegs vir selektiewe langafstand beheer van stelsels waar geen selfoon of ander infrastruktuur moontlik is nie.

Vra maar net ???? ·

Is daar n groot verskil van die konsep in “Toeka se tyd se Kollekteer oproep van Tikkey Box in die rooi Telefoon hokkie (van die wat dit nog kan onthou) en vandag se “Please call me “????

Sandy ·

R49 miljoen. Hy moet die geld vat voordat Vodacom een of ander loophole kry en hom minder betaal. Mr Please call me, moenie greedy wees nie. Jy lyk of jy die geld nodig het. R49 miljoen is ‘n helse klomp geld. Jy sal op die einde van die dag die prokureurs moet betaal, wat ‘n groot stuk van daardie geld gaan vat. Ek weet wat hulle jou offer, is ‘n druppel in die emmer in vergelyking wat hulle maak, maar Vodacom sal nooit in ‘n miljoen jaar vir jou miljarde gee nie. Ek dink jy was beinvloed deur iemand wat jou aangehits het om die storie aan te pak. Moenie jou ore uitleen nie, vat die geld en geniet jou lewe. Ek wens ek kon in persoon vir jou dit vertel, sodat jy kan ophou met die onssinigheid.

J ·

MTN moet die knaap hof toe sleep, aangesien die patent vir pcm deur een van hul werkgewers besit word, en dit daar uitgedink is vir Suid Afrika, die PCM, bestaan al vir jaaaare in Duitsland. Hammer die ou, laat hy sy les leer.

jonathan butler ·

Betaal die ou wat na sy kant toe moet kom

Vodacom moet ophou verskonings maak

alwyn burger ·

Wat jy saai sal jy maai.Die eiser het niks besonders gesaai nie en hy wil 70 miljard maai. Die wetenskalplike wat medikasie vir kanker gaan ontwikkel gaan nie 70 miljard kry nie !

Eddy ·

R70 miljard is seker nog nie eens die hele begroting van n Afrikaland nie. n Please Call me kos dan nie eens lugtyd nie. nee wat daai klong vat n kans

Judge Dredd ·

Steun Vodacom net omrede dat van die betogers dit alweer ‘n rasse storie wil maak.

Jacobus Kotze ·

Diè man het niks uitgevind, of ontwerp, wat hy wel probeer, is om met die hulp van die massas en ANC politici geld uit Vodacom te wurg. MTN behoort eise teen Vodacom en die sogenaamde uitvinder in te stel, vir die gebruik van hul patent, wat wettig sedert 2001 bestaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.