Vodacom het verbruikers gewaarsku om versigtig te wees vir nóg ʼn slenter wat opgeduik het.
Volgens ʼn verklaring ontvang verbruikers ʼn “missed call” van internasionale nommers. “Die foon sal byvoorbeeld een keer lui vanaf ʼn internasionale nommer, byvoorbeeld Tonga met die kode +676. Kliënte wat dié internasionale nommers terugbel, word herlei na hoëkoste- internasionale nommers wat baie duurder is, al word die oproep binne ʼn paar sekondes beëindig,” lui die waarskuwing.
Vodacom het ʼn beroep op verbruikers gedoen om waaksaam te wees en versigtig te wees om oproepe van onbekende internasionale nommers te beantwoord of daarheen terug te bel.
“Ons forensiese spanne is tans besig om die nommers op te spoor en te blok sodat dit nie op die Vodacom-netwerk gebruik kan word nie.”
Maroela Media het vroeër berig MTN het verbruikers ook teen ʼn slenter gewaarsku wat die ronde doen. Klik hier vir meer inligting.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
46 Kommentare
Volgende nommer 3 dae gelede van Guinea (?) om 03:30. in die oggend ontvang. +2245509949
Snaaks dat dit net met die Vodacom nommers gebeur. Iemand het hul databasis uitgegee.
Goeie naand
Ek kry kort kort internationale oproepe maar antwoord nie. My kerel het dit ook begin kry.
Groete
Heidi
Is klaar met die slenter gevang en dit het my R249 gekos vir 2 sekondes! Het “call blocker” afgelaai en nou Block dit automaties internationale oproepe!
Ek kry elke week soms tot 3 keer per week oproepe van nrs wat ek nie ken nie ek antwoord dit dood eenvoudig net nie.
Net na die oproepe kry ek dreigemente van vodacom wat sê dat hulle my gaan oorhandig aan n prokureur genaamd Hammond & pole.
Ek het geen kontrak met vodacom ek gebruik ” pay as you go”
Kan enige iemand dalk lig werp op die saak is dit ook een of ander slenter. Ek is al raadop.
Sophia