Vodacom wysig voorwaardes om data te laat oordra

Argieffoto

Vodacom het Woensdag ʼn skielike ommeswaai gemaak deur aan te kondig hy sal nou kliënte toelaat om hul data gratis na die volgende maand te laat oordra – mits die kliënt nog ʼn databondel aankoop.

Die aankondiging kom nadat die selfoonverskaffer se oorspronklike plan om ʼn heffing vir die oordrag van data te vra met onsteltenis deur kliënte en die Suid-Afrikaanse telekommunikasieregulator begroet is. Vodacom het aanvanklik aangedui hy sal kliënte R49 vra om ongebruikte data na die volgende maand of die data na vriende en familie te laat oordra.

Vodacom het vandag in ʼn verklaring sy nuwe tariewe uiteengesit wat van krag sal wees wanneer die nuwe dataregulasies Vrydag in werking tree.

“Vanaf 1 Maart sal ongebruikte data van bondelaankope deur alle kliënte oorgedra kan word sonder enige addisionele koste sodra die kliënt dieselfde databondel as die oorspronklike een koop,” lui die verklaring.

“Kliënte sal data na vriende of familie op die Vodacom-netwerk kan oordra teen ʼn fooi wat sal wissel van gratis vir 50 MB tot ʼn maksimum van R20 vir 1 GB.”

Vodacom se nuwe dataoordragvoorwaardes kom in reaksie op nuwe eindgebruiker- en intekenaarregulasies wat op 1 Maart in werking tree. Die regulasies bepaal dat jou diensverskaffer jou moet toelaat om ongebruikte data oor te dra na die volgende maand sodat jy dit nie verloor nie, of na iemand anders in dieselfde netwerk. Jou diensverskaffer moet jou ook in kennis stel hoeveel data gebruik is en jou toelaat om te kies of jy buitebondeltariewe wil betaal.

Die regulasies is juis hersien omdat soveel verbruikers gekla het oor data wat te gou verval voordat hulle dit opgebruik het en vae bewoording het verskeie skuiwergate vir diensverskaffers geskep om die verval van data moontlik te maak.

Die nuwe regulasies bepaal egter nie hóé data oorgedra moet word en of diensverskaffers ʼn tarief daarvoor mag hef of nie en daarom blyk dit dat verbruikers se data-kopseer steeds nie verby is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Ora ·

Dit bly steeds blatante uitbuiting van die verbruiker. Die verbruiker moet bly opdok vir diens/produk waarvoor hy reeds betaal het! Dis gruwelik.

Ann ·

Ek wens hulle wil eerdee die data bundles goedkoper maak. Dan sal meer mense dit ook bulk aankoop.

Riaan ·

So vreeslik dankie dat julle skelm spul …… dit in julle swart korrupte harte kon vind om ons mere mortal gebruikers wat julle gebring het waar julle is, tegemoet kom, maar as julle skelms dink dit maak alles regMAAK JULLE ‘N HELSE FOUT!!!

sarah ·

Hoekom kan ek nie die data waaroor ek betaal het gebruik soos ek dit benodig tot dit klaar is sonder ‘n vervaldatum. …as ek dit betaal het is dit mos myne…of hoe.?

Bielie ·

Soos ek die klugspul verstaan, Indien jy 1GB koop en na 30 dae nog 400mb oor het, moet jy nog 1GB koop sodat hulle die 400mb kan oordra. Hoekom los hulle nie net doe 400mb, totdat dit klaar is, dan sal ek besluit of ek nog wil koop nie?

Pieter ·

Sjoe, as ek 5Gig koop, en nie alles opgebruik nie, verbeur ek die res tensy ek WEER 5 GIG KOOP. Vodacom maak seker hulle melk ons leeg…

Piet kokewiet ·

Wel ek gan beslis ander network soek vodacom te duur….

Ekke ·

Probeer Telkom! Jy kan alreeds bondels oordra na volgende maand of na iemand anders – GRATIS. En hulle tariewe is beslis beter as die ander. Ek betaal R28 vir 2.25GB data vir 30 dae.

Opisthophthalmus ·

Vir 30 dae..? Verduidelik jou stelling van oordrag..

Malmokkie ·

Net vir dertig dae? Dis syeeds nie onvoorwaardelik myne nie. As ek dit koop, moet dit myne wees om ye gebruik na goeddenke, nie soos voorgeskryf (gebruik binne 30 dae) of onderhewif aan koop dieslfde as jy die resye wil behou nie. Verduidelik asb ook “below inflation increasee”.

Chris Ws ·

Hierdie is net ‘n slim set van Vodacom om nog meer geld te maak.As ek se 300Mb oor het en dit na die volgende maand wil oordra hoekom moet ek WEER dieselfde data bondel koop as die vorige een??Dan gaan ek volgende maand dalk 600 MB oor he en so gaan dit aan.Dis ‘n lekker verneukspul!

Tant Ralie ·

Klink soos’n Ponzi skema met die verbruiker as verloorder.

Ramkat ·

Vodacom is niķs anders dan ‘n gulsige groep wat jou wil leeg suig soos ‘n parasiet nie. Tipies nuwe Suid Afrika.

Opisthophthalmus ·

Vir 30 dae..? Ekke, Verduidelik jou stelling van oordrag..

Opisthophthalmus ·

Herkou hieraan: Kom PnP jou ongebruikte kruideniersware haal as dit nie binne 30 dae van aankoop opgebruik is nie en kom maak vulstasies jou voertuig se tenk leeg daar iets oor wees aan die einde van die maand, vat apteke ongebruikte medikasie terug as dit nie opgebruik word nie…..NEE, want dit is BETAAL!!
Mynsinsiens, soos reeds in kommentare genoem … pleeg selfoon netwerke openlike diefstal.
Verder is hierdie dag data/nag data pakkette NOG groter diefstal… Hoeveel van die verbruikers gebruik rêgtig data vanaf middernag tot 5 in die oggend? Ek kan nie help om te wonder wat die SKELM wat die pakket opsue uitgedink het daardie tyd in die nag doen nie… Slaap? Of die volgende data-diefstal pakket beplan?

Elsa ·

My siening nog Al die jare. Kon dit nie beter stel nie. Baie dankie

benaYaHU ·

@Opisto
Ek is GEEN vriend van die IDVs (ISPs) nie.. en ja, dis korrek dat hul daarop uit is om die maksimum winsmarge te behaal.. maar wat niemand wat ek kan sien noem is dat al ‘betaal’ ons vir die datapakette, is dit nie werklik die verbruiker s’n, want ons neem niks in ontvangs, en verder, terwyl dit beskikbaar is, gebruik ons die IDV se netwerk, waarsonder die paket in elkgeval niks werd is.
Wat ek probeer se is dat daardie netwerk onderhou moet word, en omdat daar deurgaans van die netwerk gebruikgemaak word met “ons” datapaket, behoort dit dus ‘n logiese koste tot gevolg te he. Daardie netwerke is beslis nie goedkoop om op te rig of te onderhou.
Ek persoonlik voel dat ons VEEL eerder ons energie moet toespits om die beplande 5G stop te sit! Almal doen ASB. navorsing en sien watter gevare dit inhou vir mens, dier & omgewing! Shalom!

Jannie ·

Hoog tyd dat Vodacom teen reuse kompetisie vasloop!!! Tans slaan hulle feitlik alleen die kitaar en raak al hoe meer arrogant! Boonop moet verbruikers begin teenstand bied deur middel van ‘n boikot en nie aan Vodacom vrye hand gee om ons af te pers en te boelie nie!!

Katrynkie ·

My bejaarde moeder gaan betaal elke maand haar Vodacom rekening sodra sy haar Sassa kry. En Vodacom laat haar sowaar as wragtig ‘n stewige boete betaal as sy ‘n dag laat is met die betaling.

Herman P ·

Daai 300mb pm van my wat “verval” word weer aan my verkoop… Geen wonner hulle het sulke groei in wins getoon nie. Hulle is briljant! Baai baai voda!

Boela ·

Dit is hoekom ek Telkom mobile gebruik data hou 2 maande en nag data

Maljan ·

As ek koop, is dit veronderstel om onvoorwaardelik myne te wees! Om ye gebruik of spaar tot volgende jaar, sou ek dit begeer. Verduidelik eerder hulle “below inflation increases on some tarrifs ” Below inflarion se gat. Elke jaar gaan alles op.

Slim Jan ·

Lmga
Jaaa né.
Die data bly oor omdat ek teveel gekoop het = nr1
Ek MOET presies soveel data weer koop (weer teveel) om data oor te dra. Dan het ek nog MEER data teveel gekoop = nr2
Oordrag van data R 20 / Gb is presies dieselfde prys wat ek daarvoir betaal! = nr3
VODACOM Hoe dom dink julle is julle gebruikers? Ag sies man.

Kabous ·

Hmm, klink na grootskaalse uitbuiting. Betaal $35 (R350) per maand vir 20GB data met rollover tot ʼn maksimum van 40GB, onbeperkte binnelandse oproepe en smse, 200 min internasionale oproepe na geselekteerde lande (sluit SA in), onbeperkte internasionale oproepe en smse na 15 geselekteerde lande. Vodacom gee SAkaners peanuts….

Jacques die Goodwoodianer ·

Dit is belaglik. Plaas daarvan om die regte ding te doen en ons tegemowt te kom maak hulle ñ belaglike verklaring wat hulle elkgeval moes afskiet want almal is ontstoke daaroor… Het hulle gedink ons gaan dankie sê?

Piket ·

Kastig nuwe wetgewing! Dis nog steeds uitbuiting, Vodacom is nog steeds te slim vir hierdie wetgewers!

Afrikaner ·

Korrupsie is onwettig, maar skelm is wettig. Dit kan net in opportunistiese SA wees.

Wonder ·

Ek verstaan nie hoekom dit so moeilik is vir Okasa of ie minister v kommunikasie om regulasies voor te le wat hierdie tipe optrede verbied nie. Dit kom neer op ‘n onbillike arbeidspraktyk. Dis onwettig. Dis so goed iemand verkoop iets aan jou maar hou dit terug tensy jy weer by hom koop. Dis ook mark manipulasie, waar is die FSCA (FSGO) (Finansiele Sektor Gedragsowerheid) (ou FSB) in hierdie hele ding. Dit kan mos nie eties wees om iets aan iemand te verkoop maar dit na 30 dae terug te hou as die persoon nie weer iets koop nie? Dit grens aan afpersing. Die owerhede moet wakker skrik en vergeet van hulle privaat aandele in selfoon maatskappye en regulasies afdwing wat die hulle vasvat met hierdie onbillike praktyk.

Buite Stander ·

Ons is onbewus van al die skelmstreke wat agter die skerms aangaan. Maar dit sal eendag uitkom, met ‘n Kommissie wat dit sal ondersoek en belangrike mense wat dan verklaar hulle is onskuldig ingesleep. Net nog ‘n dag in SA Onbeperk.

Huidig Agtergeblewene ·

Aan Wonder: Ja vriend, dit is die ongelooflike feite van vandag; die “sogenaamde” bewakers van alles, of soms “beweerde tussengangers), (soos SOMMIGE, hoewel nie almal nie), van die “ombudsman”, het gewoon geen tande, of voorneme, of gewilligheid, om hul beweerde mandaat uit te voer nie.
Dit blyk baie duidelik dat die verantwoordelike instansies, van regerings kant, eenvoudig nie belangstel om sake reg te bestuur nie!
Enigeen kan maar bloot wonder waarom nie??

Geeltrui ·

Hulle dienste gaan alweer op ook. Dit is hoekom hulle in n 12x12m winkel 20 werknemers het wat voor die voet op hulle fone sit en tokkel en jou, die kliënt, wil doodkyk omdat jy hulle durf onderbreek. Ek was onlangs by mtn by mall @reds in om op te gradeer. Die dame wat my gehelp het, het my nie eenkeer in die gesig gekyk nie. Sy het haar oë van haar selfoonskerm gelig om op haar rekenaar te kyk en te sê ek kan eers Junie opgradeer terwyl haar vingers weer haar selfoon getokkel het. Viva bbbee! Terwyl ek by hulle winkel uitgeloop het, het n mtn konsultant my weer gebel om n special aan te bied. So het ek maar telefonies opgradeer.

marianne gouws ·

Ek is jare lank al by Vodacom, maar oorweeg nou sterk om ook te skuif….groot skelms…ek koop whatts app ticket( 1 G vir 30 dae), maar dan word my gewone airtime eerste gebruik voor die ticket…Nou wil ek weet hoe werk dit? Die pakket is spesifiek vir whatts app, moet dit nie eerste gebruik word en daarna my airtime nie???

Pinky ·

Vodacom Data is sommer ‘n klug, want as jy op die *111# data koop as jy 2gig vat kry jy 1gig in die dag en 1gig night owl, ek stel nie belang in night owl nie dit is data wat ek verloor wat ek slaap in die nag. Hulle sal daadwerklik moet kyk na hulle data, dit is ook baie duurder as ander plekke sin.

Telkom Gebruiker ·

Telkom dra data gratis oor, en jy hoef nie nog ‘n bondel te koop om dit te laat oordrae nie. Die data waarvan “Ekke” praat het ek geen idee oor nie, maar ek betaal R200 vir 3GB se data, dit dra oor, en jy kry ‘n sekere hoeveelheid sms’e en minute na Telkom nommers toe. Ook gratis WhatsApp en WhatsApp oproepe. Glad nie spyt oor Telkom nie.

mog-het-troffe ·

Telkom Mobile werk vir my – ek kan hulle sterk aanbeveel! Telkom Mobile ongebruikte data word gratis oorgedra na die volgende maand en word dan in daardie maand gebruik voor die nuwe data gebruik word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.