Voedselsekerheid in SA te midde van konflik

Aanvalle in Kiëf duur voort (Maart 2022) (Foto: Aris Messinis/AFP)

Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het met voedselvervaardigers, leiers in die vrugte- en graanbedryf, landbouhandelsgroepe en boereverenigings vergader oor die beskikbaarheid van voedselverskaffers en landbou-insette te midde van die konflik tussen Rusland en Oekraïne.

Die gesprek is deel van die interministeriële taakspan wat die risiko vir die Suid-Afrikaanse ekonomie assesseer tydens die konflik. Die gesprek evalueer die beskikbaarheid van voedselvoorraad en landbou-insette vir die volgende paar maande.

“Ons het ʼn goeie begrip van die beskikbare voedselvoorraad en is vol vertroue dat daar voldoende voorraad beskikbaar sal wees vir Suid-Afrika en die naburige lande binne die Suider-Afrikaanse Doeane-Unie (Sacu) vir die afsienbare toekoms. Daar is dus nie enige rede tot kommer dat die land tekorte sal beleef nie,” sê minister Didiza. “Ons trek voordeel uit goeie oeste uit ʼn rits gewasse en vrugte en het reeds ʼn groot deel van die produkte ingevoer waarop ons staat maak, soos graan en rys.”

Didiza sê die belanghebbendes in die bedryf het hulself daartoe verbind om inligting te deel oor die toestande vir die vervaardiging van voedsel en dit sal beter beplanning en reaksie moontlik maak indien nodig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.